Mans vas wat hulle as dokters voordoen

(Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

Twee mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem wat hulle as dokters voorgedoen en vervalste doktersbriewe uitgereik het.

“Beamptes het Donderdag om 10:30 na KwaMashu P-afdeling [ʼn informele nedersetting naby Durban] gegaan ná inligting ontvang is oor mense wat vervalste mediese sertifikate uitreik,” het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Een van die beamptes het homself as ʼn pasiënt voorgedoen en die twee verdagtes, onderskeidelik 38 en 47 jaar oud, het vinnig vir hom ʼn doktersbrief uitgereik.”

Ná hy hulle diens bekom het, het die beampte homself voorgestel en die verdagtes deursoek. Hulle het verskeie leë dokumente in hul besit gehad wat aan privaat dokters en staatshospitale in die provinsie behoort.

Die twee mans is in hegtenis geneem. Hulle moet op 14 Junie in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoop hulle word vir lank toe gesluit! Vir seker nog geld gevra ook vir die dokters briewe eish. So moeg vir mense wat hulle voordoen as iets anders magtag

Cherokee ·

Ag Adri, ek het myself voorgedoen as ‘n cowboy toe ek my vrou ontmoet het! Daar is steeds tye wat sy my as ‘n crook beskou, maar tog meer kere as ‘n cowboy:-)

Werner ·

Bedrog is nie die ding nie mense Se lewens was op die spel wat van moord

Hennie J ·

Nou wat is so vreemd aan hulle optrede? In piesangland is daar n hele klomp wat hulle self voordoen as ministers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.