Mans vra glo losprys, al is ontvoerde dood

geld 4 kontant rand

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Twee verdagtes het Dinsdag in die landdroshof in Lenasia, Gauteng, verskyn ná hulle ʼn man na bewering ontvoer en vermoor het. Die mans het ʼn losprys vir die oorledene se vrylating geëis, al was dié man reeds dood.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes, Jason Theodore Boyers (25) en Shannon Kevin Smith (48), het Frans Mazuse (55) ingelig om hulle op ʼn sekere plek te ontmoet.

“Mazuse het ná die ontmoeting nooit teruggekeer huis toe nie en sy familie het hom as vermis aangemeld,” vestig Mulamu.

“Die polisie het later Mazuse se liggaam in ʼn veld naby Kliptown, Soweto, gevind. Kort hierna het die verdagtes ʼn losprys van R20 000 geëis om hom ‘vry te laat’.”

ʼn Operasie deur ʼn multidissiplinêre span het Sondag tot Boyers en Smith se inhegtenisneming in Noordgesig, Soweto, gelei.

“Die verdagtes is deursoek en die oorledene se selfoon is in hul besit gevind. Die polisie het daarop beslag gelê.”

Boyers en Smith is aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede, afpersing, korrupsie, ontvoering, besit van vermoedelik gesteelde eiendom en diefstal.

Die twee sal na verwagting weer volgende Vrydag in die hof verskyn wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LANA is ELANè ·

Hoe laag kan mens daal, gemeen is nie die woord nie. Ek voel so jammer vir die slagoffer se geliefdes.

Frank John ·

Borgtog!!! Sluit hulle toe, verhoor hulle, vind hulle skuldig en sluit hul op vir die res van hul lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.