Mans wat meisie verkrag sit lewenslank

Twee Bloemfonteinse mans is vandeesweek lewenslange tronkstraf in die Botshabelo-hooggeregshof opgelê vir die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê die verkragting het in Februarie 2014 plaasgevind, maar albei seuns – onderskeidelik 15 en 16 jaar oud – was nog minderjarig en is nie gevonnis nie.

Volgens Xuma was die meisie op pad terug huis toe ná ʼn kerkdiens toe die seuns haar genader en met geweld tot in een van die nabye huise gesleep het.

Hulle het glo beurte gemaak om haar te verkrag. Xuma sê die slagoffer kon daarin slaag om te vlug ná die verkragting, omdat die twee se aandag afgetrek was toe hulle begin rook het.

Sy het hulp gaan soek en die polisie is onmiddellik ontbied.

Die verdagtes, nou onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, het skuld beken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Hierdie berig maak geen sin nie. Minderjarige misdadigers word as minderjariges verhoor. Die howe wag nie totdat hulle volwasse word, en verhoor hulle dan asof hulle volwassenes was toe die misdaad gepleeg is nie.

Ouma ·

Al wat vir hierdie tjolmakers sal geld is die doodstraf! In die openbaar!! Die meeste van hierdie ouens is sooo bang vir die dood dat dit ander sal afskrik! Want hulle weet van die hel en die Hemel!! Soo die keuse van hierdie daad sal dalk ‘n stop sit op die doen daarvan!

Wonder maar net ·

Wonder maar net of die regter nie nou gaan probleme optel.

Ada ·

Dankie hulle sit laaaaank.Hoop julle kry “goeie” maatjies daar.

hanna ·

As dit lewenslank sonder parool is, dan is dit regverdig.
Niemand het die reg om n ander se privaatheid só te skend nie.
Weer n geval waar hulle nie hulle grense / boundaries ken nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.