Mans weier glo om te sê wie het “dronkbestuur”

Argieffoto Foto: paultan.org

Argieffoto Foto: paultan.org

Twee mans is Sondag op aanklag van roekelose en dronkbestuur in hegtenis geneem, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

“Die mans se Audi A4 is deur polisiebeamptes afgetrek nadat hulle teen 199km/h in ʼn 120km/h-sone gejaag het,” het inspekteur Edna Mamonyane gesê. “Die mans het weggejaag en die metropolisie het hulle agternagesit.

Die Audi-bestuurder het by die N1/N12-wisselaar naby aan Diepsloot deur ander voertuie op die pad gevleg en uiteindelik ʼn wit Volkswagen Polo in die regterbaan getref. Die Polo se bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, ʼn paar keer gerol en uiteindelik teen ʼn versperring tot stilstand gekom. ʼn Vroulike passasier in die Polo het ernstige beserings opgedoen. Die bestuurder van die Polo is nie beseer nie.

Die twee mans in die Audi is ook nie beseer nie. “Hulle het geweier om aan die polisiebeamptes bekend te maak wie bestuur het. Hulle was altwee onder die invloed van alkohol,” het Mamonyane gesê. Die twee mans, onderskeidelik 32 en 22 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Eintlik n baie interessante regsposisie. As nie een van die bestuurders kan onthou ( hipoteties gestel ) wie bestuur het nie, en die Staat kan ook nie die teendeel bewys nie – moet hul vry stap. Menend, n hof moet aanvaar dat 2x mense nie gelyk SAAM n motor kan bestuur nie. Raak die vervolging derhalwe gefrustreerd oor hul nie die skuldige kan uitwys nie, kan die hof nie kom en beide besk’s skuldig bevind, bloot deur te aanvaar dat IEMAND die motor MOES bestuur het nie !?
Die ou regsiening was altyd duidelik om n skuldige eerder te laat vrystap – anders as om n onskuldigde skuldig te bevind. Tussen die twee here is daar onafwendbaar n onskuldigde. As die hof nie kan bepaal wie dit is nie…..moet hul tjaila. Beide.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.