Manslag-saak teen Duduzane Zuma uitgestel

Duduzane Zuma Woensdag in die hof. (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency)

Die verhoor van Duduzane Zuma, die seun van voormalige president Jacob Zuma, is Woensdag in die Randburgse landdroshof uitgestel weens ʼn probleem met die hof se bandopnemer.

Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het tydens vanoggend se hofverrigtinge gesê bewyse in die saak sal kortgeknip moet word weens ʼn probleem met die bandopnemer. Baba het die saak tot Donderdag om 08:30 uitgestel.

Duduzane word aangekla in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014 nadat hy destyds met sy Porsche teen die minibustaxi gebots het.

Hoewel Duduzane aanvanklik tereggestaan het op twee aanklagte van strafbare manslag ná die dood van Phumzile Dube en Nanki Mashaba, is een van die aanklagte teen hom laat vaar nadat ʼn verslag van ʼn patoloog getoon het dat Mashaba aan natuurlike oorsake dood is. Dube is op die toneel dood en Mashaba later in ʼn hospitaal.

Duduzane het tydens vandag se kruisondervraging aan die hof gesê dat die ongeluk vir almal ʼn traumatiese ervaring was en dat hy gelukkig was om dié ongeluk te oorleef. “Dit hét ʼn invloed op my,” het die beskuldigde volgehou.

Hy het verder gesê hy neem wel verantwoordelikheid vir die voorval en simpatiseer met diegene wat deur sy toedoen geraak is.

Duduzane het gedurende sy getuienis verduidelik dat dit dáárdie dag gereën het. Volgens hom het hy in die vinnige baan gery waarna hy beheer oor die voertuig verloor het. “Ek het beheer oor die stuurmeganisme verloor toe die motor ʼn poel water getref het,” het hy verduidelik.

Baba was reeds klaar met die kruisondervraging toe hy besef dat die bandopnemer nooit die getuienis opgeneem het nie. Die hof het kortliks verdaag voordat die saak eindelik ʼn uur later uitgestel is.

Duduzane is in die hof deur lede van Black First Land First (BLF) asook familielede bygestaan.

Duduzane pleit onskuldig op strafbare manslag asook roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Hier gaan ook niks van kom. Hy reken hy is bly hy het lewen dig uit ongeluk gekom, dan het hy mos te vinnig gery weet hy nie mens ry stadiger as dit reen.. Roekeloos

James ·

Haha die BLF het hom bygestaan… eerder gewag vir “geldjie”?

Hanna Hoekom ·

Kyk, as die laakbare BLF jou bystaan moet jy maar vir jou kry… Hul enigste drie lede was blykbaar vandag almal in die hof! Wonder of hulle bewus was van die slagoffers se kleur?

Karolis ·

Hahaha, nog ‘n truuk in die zuma’s se guns.
Wonder of daar iets positief uit hierdie saak sal kom.

Cherokee ·

Nou wonder ek watter vorm neem hul bystand aan. Of hulle gaan protesteer voor die huise van die landdros en aanklaer, of watter manier gaan hulle hom bystaan.

P G Slabbert ·

Daardie stuur meganismes , blyk deesdae of dit heelwat ongelukke veroorsaak .

Gert van Wierdapark ·

Shame, die Bfl het na die ver-kiesing geen grondjie om op te staan nie, nou hang hul maar by die howe rond om lede te probeer ver-werf, of om dalk n rit in n glyerige Porsche te kry!

Sarel ·

Bandopnemer nie gewerk nie? Saak word aznhoudend uitgestel- iewers iets nie vir my lekker nie. Indien hy onskuldig bevind word of saak word uitgenooi kan hy weer aangekla word? Dit lyk vir jy na rookskerm can NVG

Zumie ·

As ‘n saak teruggetrek word (maw voor pleit en getuienis kan dit weer later geplaas word vir verhoor) As jy egter reeds op ‘n saak verhoor is en skuldig of onskuldig bevind is mag jy nie weer daarvoor aangekla word nie (met ‘n paar tegniese uitsonderings).

Adri Diedericks ·

Hoe kan die 2de persoon aan natuurlike oorsake oorlede wees as sy in die taxi was en ook beseer is. Daar moet op die doodsertifikaat premêre oorsaak van dood wees.

Elvira ·

Van uitstel kom afstel. Wonder wat het van AL Malema se sake geword. Ook uitgestel en seker al afgestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.