Mantashe: ANC-LP’s wat vír mosie stem sal gestraf word

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdagaand gesê dat ANC-LP’s wat verlede week saam met opposisiepartye vir die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gestem het, gestraf sal word.

Mantashe het geen name van ANC-LP’s genoem nie, maar wel gesê dat diegene wat openlik erken het dat hulle vir die mosie teen Zuma gestem het, gestraf sal word.

Dié mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma het op 8 Augustus in die parlement misluk.

Hy het ook gesê die ANC sal nie ʼn heksejag begin op ANC-lede om uit te vind presies watter lede almal teen die president gestem het nie.

Die ANC-LP Makhosi Khoza, die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, is veral uitgesonder as lede van die party wat al by verskeie geleenthede openlik skerp kritiek teen die president uitgespreek het, en het voor die mosie bevestig dat hulle teen die president sal stem. Die voormalige minister van toerisme, Derek Hanekom, het ook gesê dat hy dat teen die president stal stem.

Van dié lede het nog net Khoza bevestig dat hy vir die mosie van wantroue gestem het.

Hoewel sommige provinsiale werkkomitees van die ANC, onder meer dié in KwaZulu-Natal en die Vrystaat, vroeër vandeesweek gesê het dat hulle ʼn ondersoek van stapel sal stuur en die ANC-lede wat saam met die opposisiepartye gestem het sal straf, is dié komitees afgeraai om dit te doen.

“Die komitees moenie ʼn heksejag begin teen die kamerade wat saam met die opposisie gestem het nie, maar die ANC moet by al sy lede betrokke raak om die organisasie se dissipline te herstel,” het die provinsiale werkkomitees gesê.

Van die ANC se 249 parlementslede was net 198 bereid om die president in die mosie te steun. Baleka Mbete, speaker van die parlement, het vroeër aangekondig dat 177 LP’s van verskeie partye ten gunste van die mosie gestem het, terwyl 198 LP’s teen die mosie van wantroue gestem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nico ·

Ou gwede los maar die dreigemente waarheid maak seer daar is net een almatige GOD wat straf gaan uitdeel teen die korrupte amptenare van die anc want dis skynheiligheid om te se jy glo in hom maar terselfde tyd tree julle op die teenoorgestelde geniet terwyl julle kan dis nie meer lank nie

senet ·

Ai, wil nie heksejag begin nie, maar wil hulle straf??? Nou hoe nou????

manuela ·

Die wat teen Jacob Zuma stem, stem eintlik vir die ANC. Hy verraai die land en sy party. Kan Gwede dit nie insien nie? Nou maak hulle die denkfout om Zuma gelyk te stel aan die ANC!

Lollie ·

Klink nes Mugabe. Hulle wil alleen en vir altyd regeer. Die waarheid maak seer!

Willem ·

Demokrasie huh!? Meer die tirannie van die meerderheid sou ek sê, of hoe? Die ANC is korrup, gemeen en wraaksugtig. Die destydse onderhandelde skikking is gebruik om die Afrikaners in ‘n posisie te plaas waar ons onder dekking van die sogenaamde “Costitution” besteel, beroof, belieg, vermoor en uitgewis kan word.

snoefie ·

ek wonder hoeveel van die 198 is spyt hulle het nie ook die mosie gesteun nie. dit blyk dat haat, vergelding en hebsug anc vereistes is.

Divan ·

Sal moes nou Zuma se kant vat en ondersteun elkeen het mos iets van die Guptas af gekry , as Zuma verloor het sou hy en sy maaitjies wat vir hom gestem het almal vervolg word!!!!!!!!!!!!!!!!

johan ·

Hoe strook die optrede met die uitspraak van die howe, wat bevind dat elkeen volgens ay gewete mag stem??

MarieM ·

Lees weer julle sin (dat hy dat en stal)
Die voormalige minister van toerisme, Derek Hanekom, het ook gesê dat hy dat teen die president stal stem

janneman ·

Sal baie graag wil sien hoe hulle gaan bewys dat n lid vir die mosie gestem het. Al het hulle openlik gese dat hulle die mosie sal steun, kan niemand bewys lewer in n geheime stemming dat hulle dit wel gedoen het nie. Dis een saak wat hulle nie kan wen nie, al wil hulle hoe graag. Hierdie is maar net n blaf wat baie erger as die byt is, en het slegs ten doel om voornemende kritiek te probeer hokslaan

Nico ·

Daar het julle die antwoord hoeveel lp’s is in die gyptas se hande en deur hulle geregeer word kom aan ou gwede tree op teen die wat teen zuma is dan weet ons wie is die wat ook geondersoek moet word zuma het julle as hy gaan gaan julle saam

Deon ·

Gwede, so mense moet nie stem vir wat reg is, n beter toekoms vir ons land en sy mense nie. Dink jy regtig daar is meriete dat jul steeds die volk van alle kleure en tale se land moet regeer op die wyse waarna dit tans uitsien. Definitief nie daar vir die algemene publiek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.