Mantashe: ‘Geen rede waarom Zuma moet loop’

Gwede Mantashe en president Jacob Zuma Foto: Vathiswa Ruselo via RDM

Gwede Mantashe en president Jacob Zuma Foto: Vathiswa Ruselo via RDM

Die ANC se topleierskap het Dinsdag gesê daar is geen grondige redes waarom pres. Jacob Zuma moet uittree na aanleiding van die bevindinge in die staatskapingverslag nie.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het tydens ʼn media-inligtingsessie ná afloop van ʼn vergadering van die party se nasionale werkkomitee gesê oproepe dat Zuma moet bedank is “voortydig en ongegrond”.

Adv. Thuli Madonsela se staatskapingverslag het bevind Zuma het moontlik die uitvoerende etiekkode oortree, maar Mantashe het hierdie bevinding van die hand gewys en die verslag as “onbeslis” bestempel. Volgens Mantashe het die verslag geen bindende bevindings gemaak dat enige persoon of party skuldig is nie.

Matashe het gesê persone wat deur Madonsela in die verslag by verdagte transaksies met die Gupta-familie betrek word, sal haar verslag in hersiening neem.

Hy het bygevoeg dat hy bekommerd is oor Madonsela se regstellende stappe wat bepaal dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek op die been moet bring, maar dat die hoofregter die hoof van die ondersoek moet aanwys en nie die president soos gewoonlik die gebruik is nie.

Hy het gesê hy hoop dat persone wat beplan om die verslag teen te staan tot gevolg sal hê dat die howe duidelikheid gee of dit toelaatbaar is dat Madonsela só van die bepalings van die Grondwet mag afwyk.

Oor die mosie van wantroue teen Zuma wat Donderdag in die parlement gedebatteer sal word, het Mantashe gesê die DA het hierdie mosie nou ʼn “jaarlikse en ligsinnige ritueel gemaak”. Mantashe het gesê ANC-LP’s moet die versoeking weerstaan om Donderdag hulle deur openbare opinie te laat lei deur ʼn mosie te ondersteun “wat in teenstelling is met die bevordering van ons revolusie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Heleen ·

Ja wel die een hand help mos die ander hand….almal vol van ONS geld!

REALis ·

Mafia omerta
Hulle het goed geleer. Maar net soos die godfathers agter tralies beland het, sal dit hier ook gebeur.

Peter ·

Met sulke uitlatings voel ek baie sterk ominn tale te begin praat.

andrea van vuren ·

Hoe werk dit? Matashe is ‘n tweegatjakkels. Hy sê elke dag iets anders.

Petro ·

A nee a sal nooit teen hom draai andersins word hulle water en ligte afgesny.

Jan ·

Ek stem Petro. indien Zuma “gefire” word is almal hul Miljoen + salarisse kwyt.

Alida ·

Het die dwase nog nie agtergekom hoeveel hul sogenaamde president hierdie land al gekos het nie. Tipies dink nie aan more nie.

DR ·

Aaaag asb watter revolusie word nog gevoer, tyd dat daar n ware revolusie begin.

Leon ·

Wat ‘n mens nie alles sal doen om jou eie bas te red nie! Integriteit?

John ·

Wat sou Zuma dan moes doen om gefire te word? Volgens Matashe is die ANC ‘n eenheid dus kan die lede nie as enkelinge hul stemme uitbring nie. Wat ‘n redenasie. Maar siende dat dit so is, moet almal loop as een loop… en besoek almal saam die kleedkamer?… Seker ok…

zoom zoom ·

Onthou hulle word beheer deur saxonworld. So as die geldkraan opdroog is daar baie wat uit die gravy train val. So was my rug el en ek was jou rug

GES ·

Wanneer wat hulle sê en wat hulle doen ooreenstem is dit blote toeval. Die korrupsie gaan voort soos besigheid soos gewoonlik …

Janneman ·

Hy stel nou weer voor dat zupta iemand aanstel wat n swembad n brandpoel gaan noem? Thuli was bietjie slimmer as julle!

popeye ·

Buiten dat hy bloot net nie die kwalifikasie het om Prez te wees nie, beteken hy niks tans vir meerderheids groepe se kwessies nie en nog minder vir minderheids groepe se kwessies! Hy maak sy mond oop en daar is negatiewe reperkussies. Hy hou sy mond en die vorige stelling is ook waar. S.A kan hom nie meer bekostig nie!

Lance ·

Net weer n bewys dat mens presies kry waarvoor mens stem …..na alles se die man dit ….red n nasie met sulke dom mense aan stuur van sake ….SA is n groot grap en verdien loshande rommel status nou ! Dankie anc ….

rudi ·

Dis ongelooflik hoe die wat vir die anc stem en mense wat vir die anc werk totaal verblind is teen sy skryende korrupsie. Miskien is hul almal nes hy en my pa wat nee gestem het al die jare reg.

Ben ·

Ek steur my nie veel aan Blade nie. Skaars twee maande terug het hy sy “blade” vir Zuma skerp gemaak. Hulle het nou weer lekker gekuier by die top ses – daar was seker nog 600 by – se laaste partytjie.Ek sal graag wil weet wat Zuma die ou belowe het. Aan die ander kant ou kommuniste wat nog praat van “comrade” en “revolution”.Hulle is dom, want hulle verstaan nie die betekenis daarvan nie en is nie eers bewus daarvan dat die tipe taal nog net in Kuba gepraat word.Shame Blade.

Die naam is Pompies.... Piet Pompies ·

Hoe sê die man se logika (of gebrek daaraan) nou, is daar enige rede waarom ons nog belasting (Zupta maintenance) moet betaal?

Plaatsie ·

Hoe stiksienig kan sommige mense nie wees nie. Die wat nie WIL sien nie is dan blind.
Die “State of Capture” verslag maak weinig absolute aanbevelings nie. Maar die oorvloed van getuienis van korrupsie, onderduimse en agterbakse gedrag dui tog duidelik daarop dat daar FOUT is. Gekoppel aan ekonomiese werklikhe’d is dit tog oonteenseglik dat die Namawhan in sy opdrag en amped gefaal het.
MAAR niemand is so blind as hy wat nie WIL sien nie.
Ons en hulle gaan hard klippe kou. Die gesgde” al loop die leuen ook hoe snel , die waarheid agter haal hom wel” GAAN hier geld.

Simon ·

Mantas he se kommentaar oor die mosie van want roe in die president is so ongelooflik NAIEFdat dit geen verder kommentaar regverdig nie.
Dit en die saak van die “revolusie” is verseker baie ERNSTIGE sake en kan bepaald nie as LIGSINNIG afgeskaf word nie

Jean ·

Lol, kyk Mantashe nog niks wat uit jou mond uit gekom het het ooit sense gemaak nie, en natuurlik verstaan ons die gravy train ry lekker, hoekom nou afklim? Almal wat weet hulle gaan moet afklim van die soustrein, beskerm Zuma om so lank as moontlik saam te kan ry. Ons verstaan darem daardie gedeelte van politiek.

m ·

Die spul worry seker lekker want as Zuma loop is dit nie uitgemaakte saak dat hierdie lot hulle poste gaan behou nie………………………… So ja hulle is seker redelik bekommerd…

Bolander ·

Want die Gwede Mantashe se I K is net so laag soos die Zuma gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.