Mantashe gekap oor ‘rassistiese boere’

Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Die landbou-organisasie, TLU SA, eis ʼn skriftelike verskoning van Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, ná sy onlangse uitlating dat die organisasie ʼn “rassisties” is.

Maroela Media het vroeër berig Mantashe het op 19 Februarie tydens die party se optog teen rassisme by die Uniegebou in Pretoria aan duisende ondersteuners gesê “die kwessie van voedselsekuriteit kan nie aan die TLU SA – ʼn rassistiese boere-organisasie, oorgelaat word nie”.

“TLU SA het nog nooit ras op enige wyse by die debat oor landbou bygetrek nie,” het Louis Meintjes, president van die TLU SA, in ʼn verklaring gesê. “Helaas het die ANC nie daardie selfde skoon rekord nie. Dit is juis die ANC wat telkens sy rasse-agenda uitpluk, soos wat Mantashe nou weer gedoen het. Dit is die ANC-regering wat rasgedrewe wetgewing instel om homself teen ʼn minderheid te beskerm.”

Meintjes het gesê vir TLU SA gaan dit om die beginsels van die vrye mark, wat die noodsaaklike basis is vir voedselsekerheid. “Die ANC en Mantashe in sy persoonlike hoedanigheid, sien nie kans om oor die ekonomie van landbou te praat nie, maar kruip weg agter hulle ideologie wat wêreldwyd reeds misluk het. Nou word vals rasse-argumente gebruik om ʼn reeds gespanne samelewing verder te laai. Die land kan dit nie bekostig nie, en TLU SA weier om goedsmoeds die slagoffer daarvan te word terwyl die ANC oënskynlik die land se grootste rassiste is. Mantashe moet nou die gevolge van sy opmerkings in die gesig staar,” het hy bygevoeg.

Volgens ʼn prokureursbrief wat die TLU SA aan Mantashe gestuur het, wek bewerings dat TLU SA ʼn rassistiese boere-organisasie is, die indruk dat die ANC doelbewus teen witmense wil diskrimineer en veral wit grondeienaars.

Die organisasie veroordeel ook Mantashe se stelling dat groot dele van grond in Suid-Afrika van die inheemse bevolking van Suid-Afrika deur witmense gesteel is. “Dit is vals en histories foutief. Huidige grondeienaars in Suid-Afrika het nie die grond gesteel nie, maar dit wettig bekom. Dit is die geval in meeste, indien nie alle gevalle nie, van grondbesit vir die afgelope minstens 100 jaar.”

Volgens die brief skep die bewerings deur Mantashe en die ANC die indruk dat:
a) TLU SA ʼn rassistiese organisasie is
b) TLU SA die indruk skep dat kosvervaardiging slegs deur wit boere gedoen kan word
c) witmense wat grond besit diewe is
d) witmense wat na Suid-Afrika gekom het diewe, misdadigers en rowers was
e) witmense in Suid-Afrika grond gesteel het sonder enige vergoeding of ooreenkoms
f) alle swart stamme inheems was tot Suid-Afrika toe witmense in 1652 hier aangekom het
g) alle swart mense grond besit het in die hele Suid-Afrika
h) swartmense die grond wat aan witmense behoort, met of sonder vergoeding moet “terugvat”

TLU SA eis ʼn onvoorwaardelike skriftelike verskoning aan die organisasie en wit grondeienaars in die algemeen vir die “kwetsende, skadelike en haatlike uitlatings” wat Mantashe gemaak het.

Volgens die brief kom die uitlatings neer op haatspraak. “Indien Mantashe en die ANC nie bereid is om ʼn verskoning uit te reik nie, sal die saak na die gelykheidshof verwys word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Mooi so TLU moet dt nie daar los nie. Hy moet aan sy skewe bek geruk word….daar moet nou in die hof n lyn getrek word hieroor…

eksteen ·

Hierdie mense laat mens gatvol met sulke uitsprake, DINK hulle ons gaan dit toelaat, oor on s dooie ligaam❗❗❗❗❗

sarel strydom ·

Of hy verskoning vra of ne,dit id reed so aan die massa oorgedra en dra by tot geweld. Verder, Zuma mag Staatsresident wees, maar mantashe is sy baas en die man sit stil en buite die kllig sy werk rn doen.

Johann Marx ·

Wat help dit om ‘n “verskoning” na die tyd uit te reik? En as dit nie gebeur nie, dan gaan dit gelykheidshof toe….en na twee of drie jaar beslis die hof in TLU se guns….maar wat help dit? Ou Gwede se “comrades” het op daardie oomblik NET EEN ding gehoor….”rassistiese boere”….en toe word hulle histeries….Daar is ‘n spreekwoord wat lui, “Dis altyd makliker om om verskoning te vra, as om toestemming te vra,”

wynand ·

Ek stem saam Werner.Hoog tyd dat hulle almal in die bek geruk word. Hulle is grootbek wanneer hulle saam is maar one to one is hulle n nul. Kry hom voor die hof alleen. Papbroek wat hy is.

Gatvol ·

Die blanke en veral boere minderheid bly n vyand vir die lot
Hulle moet beskerm word omdat hulle net grootbek is en niks het om te wys nie
Rinkink lekker met ons belasting geld en kry nie eers skaam daaroor
nie
Terloops dit is die voor op wa houding wat nie eers sy eie tekortkominge kan raaksien nie

hans ·

Kan TLU asb al die boere bystaan om eise in te dien wie se grond onteien is om die voormalige tuislande te skep. Dit sal wonderlik wees sou al die eise slaag.

Wat-ek-lees ·

Dalk ‘n uitstekende reëling om nie die wit boer se kos te eet as jy hom haat. Veral nou dat daar ‘n tekort van graan in die land is. Waarom moedig Mantashe nie ‘n boikot aan om voorgaande te doen? Die man(tashe) is weer lekker besig met haatspraak. Skynbaar al waarvoor hy opgelei is. Sou die Voortrekkers haatdraend gewees het was dit na die slag van Bloedrivier ‘n gulde geleentheid om die land skoon te maak van al wat ‘n swart nasie is. Dit het nie gebeur nie omdat hulle nie bloeddorstig was nie en so ook hulle nageslag waarvan ek ook een is.

Ronnie ·

Mantashe sal net noem dat sy opmerking buite konteks aangehaal is. Ek kan jou ‘n brief met ‘n polisiestempel daarvoor gee.

FM ·

Kyk mooi, hoor wat ek sê: mantasche se geraamtes gaan ook nog een vir een uit die kas klim.Hy het n houdingkie op hom, seker n minderwaardige een. Dis mos nou verkiesingstyd en nou moet hy stemme werf en dit is om blankes by te kom. Hy is n patetiese figuur, n kommunis. Kom TLU , laat hy boet vir sy rassistiese uitsprake. Tackle die vent dat hy val.!!!!!!

Ben Prinsloo. ·

Dink mooi hieroor na: ons is die enigste land in die wereld waar wette moet gemaak word sodat die meerderheid teen die minderheid beskerm moet word. Pateties. Net in Suid Afrika. In al die ander lande word die minderheid teen die meerderheid beskerm.

Liewe Heksie ·

Wag tot hulle nie soet pampoen saam hulle T-BONE steak kry nie Hoe dink die anc of kan hul nie dink nie wag vir die dag wat hulle nie pap op daai bord het om hulle dik lywe te voer nie STUPIT

Michael ·

Afimitive action is in die VSA begin om die minderheid te beskerm dit word nou oral in die wêreld toegepas om minderhede wat gewoonlik persone van kleur is te beskerm behalwe in Suid-Afrika waar dit net andersom is

m ·

Hierdie mense het altyd dieselfde ou deuntjie. Soos hulle se, as mens self agter die deur staan soek jy ander ook daar. Wie is die eintlike rassiste in hierdie land!!!!!!

neelsie ·

Benoude katte maak benoude spronge!
Anc moet alles doen om sy stemme te behou.
Wat is die maklikste………trap op die blankes, hulle sal mos nie staak en alles afbrand nie.
Zuma en sy party blaas rassewrywing aan en polariseer die land.
Wonder waar kom daardie boeppense vandaan………..dankie boere!!

Reinier ·

Dit laat my dink..sal wit mense die grond kan terugeis van swart mense wat grond van die wit mense gesteel het? Dit sal sekerlik net andersom wees…

Uncle Buck ·

Neelsie die mae kom van krokkedilvleis, kentucky en ek weet nie wat af nie.
Ek wonder maar net dat as die partye in S.A kon hande gevat het en al die geld wat hulle aan hofsake en wat nog meer bestee het kon vat en dan daarmee ons land se probleme kon oplos. ek reken ons sou baie kon vermag het soos bv. gratis medies, skoolonderrig en geen belasting nie.
Ag wat mens kan seker nog droom ne

Heystek van Rooyen ·

Hy praat n klomp twak en hy weet dit,die probleem is die hele land het al gelees wat hy kwytgeraak het en glo hom. Hy is so vol van homself want niemand spreek hom aan nie

Armando ·

TLU, ontmasker hom en sy grootpraat-kamerade vir wat hulle is, naamlik die grootste en venynigste kwaadstokers en rassiste, want as SEB nie rassisties is nie, wat is dan rassisties?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.