Mantashe gekap oor ‘Stalinistiese uitsprake’

Gwede Mantashe, minister van mineralebronne en energie, (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het met twee beweerde uitsprake die VF Plus se ergste vrese oor sy geskiktheid vir ’n regeringspos bevestig.

Volgens dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, sê die VF Plus reeds vir meer as twee dekades dat die ANC nie die onafhanklikheid van sogenaamde onafhanklike instellings eerbiedig nie, maar dit bloot as geleenthede vir kaderontplooiing sien. “Mantashe het nou bevestig dat dit so is.”

Mantashe het voor die ANC se Oos-Kaapse verkiesingskonferensie luidens mediaberigte gewaarsku dat ’n lid van die Nasionale Kernkragreguleerder wat weerstand teen kernkrag bied, moet verwag om deur hom uit die pos verwyder te word.

“Verder het hy teen Busisiwe Mavuso van die Eskom-raad uitgevaar omdat sy die ANC onlangs voor die parlementêre komitee oor openbare rekeninge gekritiseer het.

“Die eerste uitspraak is ooglopend op Peter Becker gemik. Hy is in Januarie vanjaar permanent as lid van die betrokke reguleerder verwyder. Hy was ook voorsitter van die Koeberg Alert Alliance, wat teen negatiewe gevolge van kernkrag waarsku.”

Die VF Plus het hom in daardie stadium ernstig teen die stap uitgespreek, aangesien dit lyk of Mantashe nie besef dat ’n regulerende liggaam juis alle belanghebbendes behoort te verteenwoordig nie. “Becker moes balans bring in ’n raad wat andersins sterk ten gunste van dié tegnologie is.

“Met hierdie uitspraak laat Mantashe blyk dat hy dink ’n onafhanklike regulerende owerheid behoort eintlik ’n ondersteuningsgroep te wees.”

In die ander uitspraak het Mantashe verwys na ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare rekeninge waarin Mavuso dit gestel het dat die probleem by Eskom aan die ANC te wyte is, nie aan die huidige raad of die uitvoerende hoof, André de Ruyter, nie.

“Mantashe vererger die omstredenheid aangesien Mavuso ná haar stelling versoek is om die vergadering te verlaat. Volgens Mantashe kritiseer mense die ANC om aandag te trek.”

Mantashe het hieroor glo gesê: “Ons plaas mense in ’n posisie en dan val hulle die ANC aan.”

Daarmee impliseer hy dat dié party vir Mavuso op die Eskom-raad, wat onafhanklik moet wees, geplaas het. Daarom is sy volgens hom lojaliteit aan die ANC verskuldig.

“Aan die stuur van hierdie sleutelportefeulje is dus ’n minister wie se sienings oor goeie regering en die verhouding tussen party en staat in die Oosbloklande van voor 1991 vasgehaak het. Indien president Cyril Ramaphosa hom ná sulke uitsprake in sy kabinet behou, moet hy ook verstaan waarom vertroue in sy regering so vinnig kwyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

Klomp onbevoegde kaders beskerm mekàar. Klou dat dit bars aan die soustrein.

Marius ·

Wat soek die man daar ? Die regering moet mense met toepaslike kennis in sulke poste aanstel en die sois die man wat geen kennis het nie uitskop. Miskien sal ons dan vorentoe kan beweeg.

Nie Verbaas ·

Jy hoor dan hy sê die ANC plaas mense. Maak nie saak hoe onnosel jy is nie.

JM ·

Mantashe het duidelik sy Kommunistiese kleure gewys. Hy verdra geen kritiek nie. Hoe eerder van hom ontslae geraak kan word, hoe beter vir die land!

Nie Verbaas ·

As jy jouself soos n nar in die publiek oog wil gedra moet jy maar leer om uitgelag en gekritiseer te word. Egos egter baie verder ontwikkel as verstand.

Pietertjie ·

Die hele regering is deurtrek van geharde kommuniste. Mantassie is maar net één van hulle.

Henk ·

Mantashe is die hoogtepunt van onbevoegdheid en sosialistiese en kommunistiese ANC denke, die man hoort in geen.parlement of posisie van mag nie, hy is nie deel van die oplossing nie maar wel die probleem!!

Kokerboom ·

Alles tekenend van ‘n totaal onbevoegde afwesige President!!

Jr ·

As mens ‘n mens moet gebruik om onnosel, onbevoeg en onbekwaam te demonstreer is dit hierdie skepsel. Well mmpphhh ehh we are mmmppphhh eeh

Witbaard ·

Hy kan nie eers behoorlik praat nie, wat nog te sê van dink.

Manie ·

Met so ‘n groot salaris, kan nie man gerus iets aan sy tande ook doen.

Andries ·

Wie onthou nog die ‘Hazenile’ stommiteit – hy het homself toe al as volkome onbekwaam bewys!

Wakkerslaper ·

Ek verwonder my altyd hoe daar nou vreeslik gekla en geween word oor die anc…. Was dit nie nog altyd bitter duidelik dat die anc ‘n kommunistiese terreur organisasie is nie? Toe gee ons die land en ALLE mag op ‘n skinkbord aan mandela en kie, nou wil ons huil en tekere gaan oor wat die lot alles aanvang? Wat de heng het ons dan gedink gaan gebeur….?

annie ·

Mantashe se rooi matrassie het te lekker sag geword. Hy glo hy is onaantasbaar en kan oor die land se toekoms en voortbestaan besluit. Cyril sal moet besin oor sy kabinet. Hy probeer homself beskerm maar is hy nog in beheer?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC is ‘n misleide lakei, slaaf en naprater van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP).

Die SAKP is besig met sy “National Democratic Revolution (NDR)” om ‘n volslae outokratiese kommunistiese staatsbestel (“National Democratic Society, NDS) daar te stel: eMzansibabwe met sy nuwe swart, groen en geel landsvlag met ‘n rooi hamer en rooi sekel en rooi spies daarop. Caveat goeie Suid-Afrikaners!

Gerhardus ·

Hulle kannie eers die “gewone” kragstasies/sentrale in stand hou nie. Dink net hoeveel méér gevaarlik ‘n kernkragsentrale sal wees wat nie in stand gehou word nie. Die ontploffing sal “spectacular” wees. Chernobyl het noú nog nie herstel ná hulle ontploffing nie.

domheks ·

Laat hy maar aangaan – hoop daar werk net ‘our people’ sommer miljoene….. en dan poefffff…

De Villiers ·

“waarom vertroue in sy regering so vinnig kwyn”

Wie het nog enige vertroue in die skelms se regering?

Jackie ·

In n demokrassie word verskillende en teenstrydige opinies geduld. Mantashe en die ANC het geen benul wat dit beteken nie.

JohanR ·

Die ou EN sy vrou is net een groot grap. Dink net hoeveel hy EN sy vrou sal maak as nog kern krag stasies opgaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.