Mantashe: ‘Gordhan doen goed onder omstandighede’

Betogende studente bots met die polisie buite die parlement tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (26 Oktober 2016). Foto: ANA

Betogende studente bots met die polisie buite die parlement tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (26 Oktober 2016). Foto: ANA

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Woensdag na afloop van Pravin Gordhan, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) gesê Gordhan het “relatief goed gedoen onder die omstandighede”.

Mantashe het uit die parlement gesê hy is beïndruk dat die regering sal volhou met sy besteding aan beide basiese en hoër onderwys. “Ek dink die geld wat ingesit word, moet studente oortuig dit is nie net lippediens is nie, dit is ʼn belofte,” het Mantashe gesê. “Die minister van finansies benader die studente se eise stelselmatig, maar die fokus is op die armes.”

Gordhan het te midde van ʼn skermutseling tussen die polisie en betogende studente buite die parlement aangekondig ʼn bykomende R17.9 miljard sal oor die volgende drie jaar aan die befondsing van hoër onderwys toegeken word. Maroela Media het vroeër berig die klapgeluide van skokgranate kon in die parlement gehoor word soos die polisiebeamptes met betogende studente buite die gebou gebots het.

Duisende studente het aanvanklik vreedsaam buite die parlement betoog, maar het later oënskynlik gefrustreerd geraak en probeer om die polisiebeamptes uit te lok deur bo-op die gepantserde voertuie te klim. Die polisie het hul sirenes aangeskakel in ʼn poging om die studente van die voertuie af te kry, maar dit was tevergeefs.

Die polisie het minute later skokgranate afgevuur, wat studente in alle rigtings laat hardloop het. Studente het bakstene op die sypaadjies opgekap en na die polisie geslinger. Een van die studente is bewusteloos gelaat tydens die skermutseling nadat ʼn baksteen hom teen sy agterkop getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lance ·

En ou Gwede doen maar sleg …dat hy nie kan opstaan vir wa hy weet reg is nie …baie swak …wonder of hy lekker slaap wetende dat hulle SA verongeluk het

Hendrik ·

ek haal my hoed af vir minister Gordhan om nog so terugvoer te gee terwyl daar soveel druk op hom is. Ek glo niks dat hy daardie besparing sal haal nie. My argumente is:
1. Daar is skynheilige parlementslede wat teen hom werk met die doel om hul eie sakke te vul. Nie alle parlementslede nie
2. Studente wat verwoesting saai. Dit kos geld om weer op te bou. Mediese kostes, lektore wat betaal word sonder produksie, hofonkostes, versekerings wat uitgebrande karre moet betaal en so kan ek aangaan.
3. studente wat 2017 nie plek sal kry om te studeer nie
4. Gratis universiteisstudies wat gaan kom
5. Werkgewers wat bombardeer word met arbeidswette en regstellende aksies.
te veel om op te noem. Nee nee, daardie besparing is nie haalbaar nie. Ek het nie eers genoem van die belastings nie.
Dit maak baie van ons SIEK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.