‘Mantashe het obsessie om tekens van wit prestasie te vernietig’

rugby-springbok-logo-grootGwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, se striemende aanval op SARU en die Springbok-afrigter onderstreep opnuut die ANC-regering se beheptheid met kleur en kwotas ten koste van meriete en sportontwikkeling.

Dit is die mening van adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport. Hy sê dit lyk asof Mantashe ʼn obsessie het om alles waarin Afrikaners en wittes presteer, te vernietig.

Luidens ʼn mediaberig in Business Day Live het Mantashe onder meer gesê SARU laat Heyneke Meyer toe om te ‘maak en breek’ net soos hy wil. Volgens Alberts bly die Springbokspan een van Suid-Afrika se voorste sportspanne wie se prestasies, wat wêreldtitels aanbetref, ongeëwenaard is. “Tog is die ANC nie trots op hierdie merkwaardige span nie, maar sal hom eerder verdag maak en kritiseer by elke geleentheid.”

Alberts het gesê in teenstelling word geswyg oor die prestasie van die nasionale sokkerspan wat sonder enige kwota-druk speel. “Die span is tans bloot ʼn verleentheid vir die land. Nogtans het die sportminister, Fikile Mbalula, onlangs op ʼn parlementêre navraag van die VF Plus oor waarom kwotas nie ook vir die sokkerspan geld nie, dit duidelik gemaak dat die ANC nie sal rus tot spanne die nasionale demografie weerspieël nie. Dit beteken dat net een witte vir die Proteas en nie eens twee vir die Springbokke nie, gekies sal kan word.”

Volgens Alberts is die stand van sake en die antwoord van minister Mbalula betreurenswaardig, aangesien die minister verlede jaar aan hom en verskeie ander persone die onderneming gegee het om stappe te neem om meer wit en bruin spelers vir die span te laat speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dave ·

Die wêreld voel ‘n veer. Moet jy nie dink dat jy deel is van die buiteland se kommer nie. Ons is op self aangewese.

Paul ·

Ek hoop hulle reik `n kleurkaart uit om te bepaal watter kleur jy is.

Johann Marx ·

As ek Heyneke Meyer was het ek die volgende span Argentinië toe gestuur:

Heelagter: Lwazi Mvovo (Sharks)
Vleuels: Seabelo Senatla (Stormers) en Brian Habana (Kaptein)
Senters: Lionel Mapoe (Leeus) S’Bu Sithole (Sharks)
Losskakel Elton Jantjes (Leeus)
Skrumskakel Heine Adams (Blou Bulle)
Voorry Trevor Nyakane (Bulle), Scara Ntubeni (Stormers) en Beast Mtawarira (Sharks Onder-kaptein)
Slotte: Oupa Mohojo (Cheethas) Uzair Cassim (Pumas)
Flanke: Siya Kolisi (Stormers) en Naseem Carr (Stormers)
Agsteman: Lubabalo Ntembu (Sharks)

Reserwes:
Voorry: Ox Nche (Cheetahs), Edgar Marutlale (Kings) en Alaister Vermaak (Stormers) (haker: Bongani Mbonambi (Stormers))
Slot: MB Lusaseni (Leeus)
Losvoorspeler: Mpho Mizizyozoi (Kings)
Skrumskakel: Kevin Luiters (?) 0f Rudi Page (?)
Veelsydige agterspelers: Rayno Benjamin, Juan de Jongh

Bestuurder: Shakes Mashaba
Afrigter: Pieter de Villiers
Agterlyn: Alaister Couetzee
Verdediging: Ricardo Loubser
Voorspelers: Hanane Shimange

Spelers wat Nie behoort oorweeg te word nie: Willie le Roux, Jessie Kriel, Jean de Villiers, Jan Serfontein, Andre Pollard, Damien de Allende, Pat Lambie, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, Fourie du Prees, Jannie du Plessis, Bismark du Plessis, Vincent Koch, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen,Steven Kitshoff, Adriaan Straus, Armand van der Merwe Eben Etzebeth, Lood de Jager, Victor Matfield, Schalk Burger, Jaco Kriel, Warren Whitley, Heinrich Brussouw, Marcel Coetzee, Francois Louw, Duane Vermeulen……..

As hierdie span met ‘n beter uitslag as verlede Saterdag se span huistoe kom…….dan het ons ons antwoord. Indien nie, kan Cosatu, Tony Ehrenreich, Mbalula, Mantashe en almal wat ‘n bekvol te sê het oor “transformasie” in ‘n dam gaan spring!

Llewellyn ·

As die span verloor sal die blaam op onderdrukking en apartheid gepak word, weer die wittes se skuld.

Pieter V ·

Ons moet Mantashe nie ernstig opneem, hy is gedurig besig om te skerm en te keer vir al hulle mislukkings en onbeholpenheid,ek glo hy nie het veel kennis van rugby of enige ander sport , hy hou daarvan om gehoor te word , dit laat hom belangrik voel en streel sy ego as hy gratis media blootstelling kry, ek dink die media moet hom ignorer.

Prit ·

100% korrek. Hoe vinniger hulle sport verwoes hoe vinniger sal mense begin oplet wat werklik aangaan om hulle.

Herman ·

Prit. Ek stem 100% saam. Rome het geval agv van swak leiers. En al wat Hulle in Rome gedoen het was om die mense te vermaak met sport en ander afleiding. Ek sal graag die nuus wil sien as 60 000 afrikaner mans in Pretoria se hoofstaat afstap en die stem uit volle bors sing…. en vir afwisseling n stukkie de la rey tussendeur.
Dit sal nie net tot in die parlement skuddings veroorsaak nie maar sal oor wereld nuus wees.

Johann Marx ·

Herman, as jy dit kan laat gebeur, vernoem ek Pretoria se hoofstraat na jou toe….

Keelvol ·

Hoekom boikot almal nie maar rugby nie, dan is daar in elkgeval nie inkomste van die toeskouers wat gemors word op spelers en spanleiers wat dit nie werd is nie. Ek is so siek al vir die rugby gemors …… stel gladnie meer belang om te kyk nie. Die Jantjie-jammergatgeit is nou genoeg vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.