Afleggings: Mantashe ontevrede oor mynmaatskappy se benadering

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Maandag gesê hy glo die mynmaatskappy Gold Fields tree nie in goeder trou op rakende sy voorgenome massiewe afleggingsproses nie.

Gold Fields het verlede week gesê hy verloor tans R6 miljoen per dag nadat werkers wat lede van die National Union of Mineworkers (NUM) is vroeër vandeesmaand begin staak het. Gold Fields wil ongeveer 1 100 werknemers en 400 kontrakteurs by sy South Deep-myn in Gauteng aflê ná voortgesette verliese die afgelope vyf jaar.

Mantashe het Maandagaand met die bestuur van Gold Fields vergader in ʼn poging om die huidige dooiepunt op te los. Hy het ná die vergadering gesê hy is nie tevrede met die maatskappy se reaksie op die afleggings nie.

“Ons glo nie die maatskappy tree in goeder trou op nie. Hulle het eenvoudig ʼn afmerk-oefening vir nakomingsdoeleindes aan die gang gesit. Dit is ʼn onrusbarende benadering dié en ons is ongelukkig met die manier waarop die proses hom tot dusver ontvou het,” het Mantashe gesê.

“Ons moedig werkgewers in die bedryf aan om verantwoordelik op te tree aangesien ons met mense se lewe werk wanneer daar oor afleggings gepraat word, nie bloot getalle nie.”

Mantashe het gesê die departement het in Augustus begin om met Gold Fields te beraadslaag om alternatiewe te vind vir die maatskappy se voorgestelde afleggingsplan. Hy het bygevoeg dit is baie kommerwekkend wanneer ʼn staking in die sektor uitgerek word omdat dit ʼn nadelige uitwerking op die ekonomie het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Miskien moet die staat maar die myne oorneem, dan kan hul dit finansieel dra soos SAL en ESKOM en SAUK en Transnet en ons moet maar net dinges en betaal.

SjN ·

Laat num die stakers betaal, hoekom moet die myngroep alleen die verlies dra, wie is hulle om voor te skryf. Slim het sy baas gevang.

LHS ·

Ongelukkig moet die ANC en ander soortgelyke partye asook hulle buitelandse raadgewers en dan veral sommige vakbonde maar pa staan vir hierdie mense se lewens. Deur julle voorpraat, opswepery en onverantwoordelike aanhitsing kan geen groepe verliese van 6 miljoen per dag lei en nog aangaan nie.
Nou wil Manthase die myn beskuldig, so tipies normaal van ANC en trawante.

Karolis ·

Ek stem met jou sinvolle antwoord.
Hoop GM leer iets in die proses.

Pieterv ·

Omtrent tyd dat iemand doen wat reg is. Lekker bederf met ESKOM, SPOORNET en andere.

Hendrik UAE ·

Wonder of hulle nou die myn en die myn eiendom gaan afbrand of dalk nog biblioteke en kerke?

GM ·

Hulle moet dalk begin om vir die ministers wat sulke belaglikhede kwytraak, ‘n salaris ‘in te betaal’ elke maand – met ‘n MINUS vooraan. Dan kan ons kyk of hulle tevrede sal wees om al hoe dieper in die skuld te gaan en dan nog aan te gaan met hulle werk (wat die meeste van hul in elk geval nie doen nie).

Die mense wil staak. Verstaan hul nou nog nie die aksie-reaksie begrip nie?

piper ·

maar niks word genoem of gedoen ivm aurora myn nie. dit was aanvaarbaar.

Chris Ws ·

Die vakbobde met verantwoordelik gehou word vir afdankings na stakings plaas gevind het.Mantashe weet NIKS van finansiele bestuur af nie dis duidelik soos daglig.Nou gee hy die MYn Huis die skuld.Shame!Hy moet moet terug gaan graad 2 toe!
TREK DIE VAKBONDE SE TANDE , dis al wat sal help.

Staak saam ·

Elke vrug het n bitter pit!
Moenie kla nie, staak nog.
Hulle gaan hulle self nog uit alles uit staak tot sie punt waar n CEO by jou kom skropwerk vra.

Noenoes ·

Daar was van April af op verskeie vergaderings die werkers gevra om asseblief hulle samewerking te gee ondergrond sodat goudstof kan uitkom, die werkers was ook GEWAARSKU dat as dit so aangaan gaan afleggings plaasvind… Unie verteenwoordigers het dit uitgelag en nog erger gaan slap lê, want alles val mos uit die lug uit. So moenie die myn bestuur aanvat nie… as jy nie werk nie kan jy nie kry nie. Ja daar is baie hardwerkende mense wat nou moet deurloop as gevolg van die wat slap lê MAAAR die wat slap lê: WIE NIE WIL HOOR NIE MOET VOEL!!! ALLES IN DIE LEWE IS NIE VERNIET NIE EN VAL NIE UIT DIE HEMEL NIE…

Mrs H ·

Stupid Mantashe, JOU mense tree nie in goedertrou op nie met aanhoudende strikes! Wees nie ongelukkig nie, wees n ingeligte mens wat die nagevolge van werkers se ontroue gedrag verstaan en verdomp “educate” hulle!!! Dis reeds gratis gesponsor deur die White Non-Striking Tax Payers!

Stripes ·

As die myn soveel mense kan aflê en nogsteeds winsgewend bedryf word beteken dit doodeenvoudig dat hulle te veel mense indiens het wat nie hul kant bring nie. As ‘n boom nie meer lekker wil dra nie, word die takke wat swak produseer en die waterlote uitgesnoei. Dan dra die boom die volgende seisoen weer goed. Besighede werk dieselfde. Raak van die “droë hout” ontslae sodat die vrugbare takke wat oorbly die produksiekapasiteit kan opstoot. Help nie jy het duisende mense indiens en net 50% verdien hul loon nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.