Mantashe luidkeels uitgejou deur betogende studente

Betogende studente voor Luthuli-huis. Foto: Twitter

Betogende studente voor Luthuli-huis. Foto: Twitter

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Donderdagmiddag ʼn memorandum aanvaar van duisende studente wat tot by die ANC se hoofkwartier in Johannesburg in ’n optog beweeg het.

Mantashe het vroeër kapsie gemaak teen die feit dat hy moes wag terwyl studente gedans en gesing het. Die studente het onder meer vir hom gesê hy moet “nederig” wees en sit waarna hy aan hulle gesê het om te “voetsek”.

Mantashe is luidkeels uitgejou toe hy probeer wegstap het. Hy het egter besluit om te bly en die memorandum te aanvaar terwyl sommige studente gesing het die “ANC moet val”. Studente het ook vroeër pres. Jacob Zuma uitgejou nadat ʼn vragmotor met ʼn foto van hom en die boodskap “Together we move South Africa forward” verby die skare by Luthuli-huis gery het.

Die studente het van die Universiteit van die Witwatersrand se Braamfontein-kampus oor die Nelson Mandela-brug na Luthuli-huis beweeg. “Ons is nie ʼn verlore generasie nie, ons het gevind waarvoor ons moet veg,” het een van die studenteleiers gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rudi ·

Jy is reg. Ek het al met ‘n paar ANC ondersteuners gepraat en hul beskou die ANC soos ‘n sport span. Hul glo dat daar nuwe spelers sal kom om hul span weer op die wenpad sal bring. Dis jammer maar dis waar

Bruno Stef ·

Ook maar beter die studente besef nie heeltemal wat “Voetsek” as skelwoord beteken nie.In Afrikaans beteken dit om iemand soos n hond weg te jaag nogal n bietjie kras as in ag geneem word dat daar toekomstiglik op hulle stemme en steun staatgemaak moet word.

Swanna ·

Maroela hoekom plaas julle nie my kommentaar nie. Het ek die spyker op die kop geslaan?

Johannes Meintjes ·

Terwyl sommiges altyd bestem sal wees vir die “struggle” is eise vir “free, quality tertiary education” heelwaarskynlik ‘n mitiese verwagting, totaal ontbloot van die realiteite van kwaliteit vs. koste en haalbaarheid. Goeie Afrikaanse universiteite sonder opruiende “strugglers” met verskuilde agendas is ‘n blye vooruitsig.

storm ·

Ek wonder of die Eff nie agter alles sit nie. Glo ook meerderheid is nie studente nie. Anc nie die grootste gevaar, maar wel die Eff. Hulle wil chaos he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.