Mantashe: ‘NUK steun nie mosie van wantroue teen Zuma’

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Dinsdag gesê die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ondersteun nie ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma nie.

Mantashe het tydens ʼn nuuskonferensie by Luthuli-huis aan die media terugvoer gegee oor die NUK se afgelope vergadering en spesifiek ʼn mosie van wantroue in Zuma wat by die vergadering geopper is. Mantashe het verskeie ander aspekte van die vergadering bespreek voordat hy bevestig het die mosie van wantroue is ook tydens die vergadering bespreek.

“Die NUK het tyd bestee daaraan om na te dink aan iets wat ons geïdentifiseer het as ʼn negatiewe narratief wat op die president gemik is. Ons het gedebatteer om hierdie kwessie uit te pluis. Die saak is openlik en kragtig bespreek,” het hy gesê.

Verskeie media het die afgelope naweek berig Derek Hanekom, minister van toerisme, het die mosie van wantroue in Zuma ingedien. Volgens berigte het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie en Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Hanekom se mosie ondersteun.

“Ons het in die koerante gelees van die stemproses oor die saak wat aan die kom is,” het Mantashe gesê. “Hierdie ‘stemproses’ is geskep deur die verbeeldings van die mense wat dit geskryf het. Daar was geen stemproses nie. As lede van die NUK oortuig ons mekaar wedersyds totdat konsensus bereik word, hoe moeilik dit ookal mag wees. Die NUK ondersteun nie ʼn beroep op die president om uit te tree nie. Ons voel dit is noodsaakliker om te werk aan die eenheid binne die beweging.”

Mantashe het gesê alle NUK-lede is die geleentheid gegun om kwessies te opper wat hulle meen die party en die land benadeel en het onderneem geen van hierdie kwessies “sal onder die mat ingevee word nie”.

“Die ANC het nog altyd gesê introspeksie en self-korrigering is ʼn proses, nie ʼn [eenmalige] gebeurtenis nie. Ons het onsself afgevra of die demokratiese revolusie steeds op die regte pad is en of die ANC steeds deur middel van transformasie leiding neem om die nalatenskap van apartheid-kolonialisme reg te stel,” het hy gesê.

Op ʼn vraag van een van die joernaliste of daar enige gevolge sal wees vir die ministers wat die mosie van wantroue geopper of ondersteun het, het Mantashe teruggekap deur te sê daar is geen ministers by die NUK nie.

“Almal praat van senior ministers wat die mosie gebring het en dan vra ek myself af, waar is hierdie ministers? Of jy nou ʼn onderwyser is of in ʼn tuin werk of ʼn minister is, as jy by die NUK-vergadering instap, is jy bloot ʼn lid van die NUK. Daar is geen ministers nie. As joernaliste gee julle hierdie kwessie verskillende skakerings en strukture. Om hierdie saak te beperk tot sekere ministers grens aan kwaadwilligheid. Amper almal by daardie vergadering het iets oor die saak te sê gehad,” het Mantashe geantwoord.

“Niemand sal die volgende dag by hul werk opdaag en gevra word wat het hulle by die vergadering gesê en hoekom het hulle dit gesê nie. Dit kan nie so werk nie en dit sal nie so werk nie.”

Mantashe het in antwoord op een van die vrae ook bevestig die staatskaping-verslag is bespreek en gesê ʼn afskrif van die verslag is aan elke NUK-lid uitgedeel sodat hulle hulself kan vergewis van die inhoud. “Die verslag is bespreek en ons het tot die gevolgtrekking gekom die verslag is onbeslis. Volgens die verslag moet ʼn kommissie van ondersoek aangestel word om die bewerings te ondersoek en ons stem hiermee saam.  Sodra hierdie kommissie op die been gebring is en die saak ondersoek is, sal ons weet wat die kwessies is waaraan ons aandag moet gee.”

Hy het verwys na die mosie van wantroue in pres. Zuma wat onlangs in die parlement gedebatteer is en het beklemtoon hierdie mosie is deur opposisiepartye gebring en nie deur die ANC nie. “Ons herinner onsself gereeld daaraan om nooit toe te laat dat ons ons magte blootstel om deur die generaals van die vyand beveel te word nie. Ons moet ons eie kwessies hanteer, openlik en eerlik, maar moet nooit ons magte aan die vyand oorgee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Maddox ·

Hoekom sal die NUK die mosie gesteun het, hulle is almal op zuma se payroll. Dus as hulle hom laat gaan sny hulle, hulle eie kele af. Geweet hiervan sal net mooi niks kom nie, behalwe die Rand wat al weer besig is om verder te duik.

Schalk ·

Julle is almal Iewers onder die radar betrokke en word JZ uitgestem gaan daar nagevolge wees.. Die ANC is almal op een of ander manier betrokke of word gemanipuleer want enige mens met sulke verantwoordlikhede teenoor die land kan sien dat individue bevoordeel en beskerm word. As dit dan nou so eenvoudig was hoekom die ekstra dae om alles te bespreek? Want daar is onrus en paniek oor betrokkenheid wat gaan op die lappe kom.
Rokie en vuurtjie gaan bymekaar uitkom.

Johann ·

ANC…altyd eeerste…Zuma…n tweede eerste…vergrypers en hul vergrypinge….n beslisde eerste….en Suid Afrika en sy mense? Wat bedoel jy….Suid Afrika en sy mense se enigste plek is om viorsiening te maak vir NUMBA ONE en sy blind lojaal navolgers. Skep die land leeg en droog en stukkend en raak dan n klomp onomwonde snert kwyt as jy aansoreeklik gehou word! Die HEL gaan n koue en bekende plek wees vir die gewetenlose swendelaars!

Lou ·

Die NUK het ‘n kans gehad en niks gedoen nie. Hulle onderskryf wat Zuma doen en aanvaar dus kollektief en individueel verantwoordelikheid daarvoor.

Griki ·

Die NUK is dus net so korrup en onnosel soos Zuma, want dis duidelik dat hulle hom in sy kwaad sterk.

CF ·

Hulle almal is in mekaar gekruip en almal dieselfde stiksienig!

Ronel ·

urghu urghu urghu. Wat ‘n klugspul!!!! Demokrasie se moses. Die is diktatorskap op sy beste.

Henry wadlow ·

ONS SOEKBELEGING IN ONS LAND EN WERK VIR ALMAL OM NEGATIVE KOMMENEAAR GAAN NIE HELP HY IS HIER TOT EINDE VAN SY TERMAIN UIT TE DIEN NET REG MAAK WAT HY VERBROU HET

Kobus ·

Die verkleurmannetjie het weereens ontkom….die kommentare weerspieel die gevoel van die nasie….ons almal is negatief oor die plundering van die staatskas,Afrikaner efenis en geen werksskepping…Numba One en sy bloedsuier maatjies gaan ons mooi land leeg suig….maar as dit ook gedoen is en niks bly oor…dan gaan hul mekaar vreet wat weer elle lange hofsake tot gevolg het waarvoor die belastingbetaler weereens pa moet voor staan…

Chris ·

Wat verstaan ons mense nie. Ons kan tog wragtag nie so dom wees nie. Watter demokrasie werk hier? Hellloooo het julle al van Afrika demokrasie gehoor? Hier is hy in volle glorie. Ons sien nog net die ore van die seekoei.

Cacophony ·

Alweer is SA uitverkoop. Sad state of affairs hierdie hoop kierantjies sal braai vir die ANC in 2019.

Manie ·

Eintlik komies maar terselfdertyd tragies. Hoe verdeeld is hulle maar ook so korrup. Hulle onderskat die publiek se intelligensie en oorskat hulle eie intelligensie. Hulle gaan hulle eie ondergang bewerkstellig

Janneman ·

Eish, na 22 jaar van wanadministrasie, korrupsie en maatskaplike rassisme word die weerligafleier self-geskepte rassisme, kolonisasie, apartheid, ens om Nkandla, staatskaping, armoede, werkloosheid, ens te verbloem – alles in die naam van die sg demokratiese revolusie. Hoekom het jy n revolusie nodig as jy al die magshefbome beheer?

Janneman ·

Eish mense, ek sien n zim op die horison, laat ons nie naief wees nie.
Ek se ons het n groot trek nodig – na die Weskaap toe. Kom ons vestig daar op groot skaal. Bring jul talent – elke intrepreneur, elke boer, elke vakman. Kom ons bou damme, skep industrie, wek krag op en maak die res van die land afhanklik van ons!
Kom ons maak ons self so groot krag en meerderheid dat ons selfbeskikking kan afdwing!

AL ·

Gwede Mantashe dat hulle nie deur hul vyande hul laat voorse nie. Daardie woorde gaan hom nog lang trane laat huil. Dit maak die DA se kanse net sterker.

miv ·

Die deler is so goed soos die steler. Zuma en sy hele kabinet is korrup. Gee ons die hele Kaapprovinsie dan wys ons ou Zuma ‘n ding of twee. Nie lank nie dan sal die korrupte spul ook Kaap toe wil trek.

Besorgd ·

Die Zumatiese afpersing is weereens eerste. Druk van sy kant af sal altyd dui op ‘n outokratiese stelsel binne die regering. Sy ondersteuners weet presies wat aangaan maar sal nie teen hom opstaan nie omdat hulle weet hulle binne ‘n nuwe raamwerk hulle Ministers poste gaan kwyt wees. Hier is geen beginsel van die land eerste nie, dit gaan oor die mens. Die 3 Ministers wat wel opstaan gaan beslis hulle poste kwyt wees, jammer vir julle, ten minste verstaan julle waaroor dit gaan. Ek wag nou al ‘n geruime tyd vir die skeuring/wegbreek van die meer konserwatiewe ANC lede, dalk is die bespiegeling van ‘n Arbeiders Party nie so vergesog nie. 2019 Gaan bepalend wees, dalk tog kan die ANC gestuit word en dalk tog kan Zuma homself in ‘n hof bevind wat totaal onafhanklik sal optree en doen wat reg is en in lyn met die regsstelsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.