Mantashe, Ramaphosa gaan by Zondo-kommissie getuig

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, sal Dinsdag die regerende party se eerste verskyning voor die kommissie van ondersoek na staatskaping lei.

Zizi Kodwa, ANC-hoof van die presidensie, het gesê die party se getuienis sal in twee fases aangebied word, eers deur Mantashe en later deur pres. Cyril Ramaphosa.

“Ons het Vrydagoggend met die getuienisleiers ontmoet. Ons is reg vir Dinsdag, as die regerende party sal ons nie van ons verantwoordelikhede weghardloop nie. Die tweede deel van ons getuienis sal deur ons president gelei word nadat hy al die getuienis wat nog gaan kom ook gehoor het.”

Die kommissie van ondersoek, onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo, het getuienis gehoor wat die Gupta-familie, hul vennote en oudpres. Jacob Zuma regstreek by staatskaping impliseer.

Die ANC is daarvan beskuldig dat hy selfvoldaan is en hom blind hou aangesien korrupsie en wanbetaling by staatsbeheerde instellings net aanhou verdiep het.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Kodwa het toegegee dat die ANC verneder is deur wat sover by die kommissie aan die lig gekom het. “As daar ’n behoefte is dat ons sekere verantwoordelikhede moet opneem en erken, sal ons dit aan die einde doen … onder leiding van die president [Ramaphosa]. As daar tussen die twee fases ’n voorlegging nodig is, moet daar nuwe bewyse wees … ons sal alles in ons vermoë doen om hierdie kommissie te help.”

Kodwa het die EFF gekritiseer vir hul aanval op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. EFF-ondersteuners het betoog terwyl Gordhan getuig het en daarop aangedring dat hy moet bedank.

Volgens Kodwa is Gordhan gebruik om die werk van die kommissie en die ANC aan te val.

“Veragtelike veldtogte deur ander organisasies het sy [Gordhan] getuienis gebruik om die integriteit van hierdie kommissie aan te val, insluitend die viktimisering en intimidasie van ander getuies wat nog na hierdie kommissie toe moet kom.

“Ons dink dit is ’n element wat ons ‘Trumpisme’ noem wat floreer op vrees, haat, beledigings en rassepolarisasie. Alle Suid-Afrikaners, swart en wit, moet verenig om ‘Trumpisme’ te verslaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

willie ·

Dìt is wanneer jy minderwaardig voel dat jy groot ñ groot man soos Trump probeer verkleineer om jouself groot te laat lyk! Pateties verby!

Asterix ·

Baie trots op ons president. Dit wys dat hy ‘n Ware leier is wat bereid is om op te staan. Ek hoop hy maak die monde stil wat net die land wil vernietig.

marous ·

Kan hulle asseblief in gebare taal getuig want as iets oor hul lippe kom is dit ondraagbaar

Cherokee ·

Ò.. wanneer weet jy dat ‘n politikus lieg? Wanneer sy lippe beweeg.
So jy wil dit nou verander na hande beweeg?

Ag tog ·

Wat het Donald Trump met hierdie hele spul uit te waai? Trump is niks aan Suod-Afrika verskuldig nie!! Kodwa het die klok hoor lui.

John ·

Vreemde geluide word gehoor… Ons dog ons beweeg na ‘n tyd van regverdigheid en respek vir mekaar en die reg… en die reg se respek vir die waarheid. Grondgrype sonder vergoeding word nou aan ‘n gebarste klok met ‘n vreemde wanklank gehang. Duidelik is daar wereldwyd ‘n liberale sosialistiese krieweling en massas wat xenofobies optree teenoor die lande en mense wat hulle glo uit hul ellende moet help en nie andersom nie… Jy sal my help, toegang en regte gee en alles wat my hart begeer… pasella… of…

Cornelia ·

Beveg liefs wat ons “Afrikanisme” noem. Dit is ‘n doodloopstraat wat die kulkuns van skynheiligheid tot op die laaste truuk in en buite die boek vervolmaak het. Die anc is op elke terrein ‘n vernedering vir Suid Afrika! Erken dat julle nie oor die integriteit of wil beskik om die konsep van opbouende regeerskap met insig te rig nie. Die anc mors met ‘n gulde geleentheid wat nie ewig geduld kan word nie. Uitdagend ja, roekeloos ja, onbetroubaar ja, ONBESKAAMD ja! Afrikanisme…. ‘n naïewe en gevaarlike bedmaat van Kommunisme. Manipulerend en ingestel op die skep van wrywing, konflik, vergrype en ligsinnige groepsverhoudinge.

Grys ·

Wens net hulle wou nou duidelik wees wat hulle will aanjaag, soek die ANC ons hierso of nie, hoekom se hulle nie net iets nie, voor ons iets saam kan veg will ek seker maak hulle soek ons hierso will nie russie bonde weg gooi nie altyd n opsie om te waai…

Asterix ·

Grys. Slaap jy al so paar jaar? Hulle is baie duidelik. Hardloop soos die res maar weg. Ek bly. Dankie.

IK ·

By ‘n sirkusvertoning sit jy op die paviljoen en kyk. Jy durf nie deelneem want jy gaan verkeerde bokspronge maak!

Dries du Toit ·

Trump is n leier van n vooruitstrewende eerste wereld land. Mantashe is nie Trump se ou skoene werd nie. Mantashe en sy kaders kan nie eers hierdie piesang republiek lei nie

Raap my skraap ,skerp my skorrel ·

Die enigste hoe politike figuur wat tronk toe was vir korrupsie was Dr Allen Boesak omdat die Sweedse regering druk gesit het op die SA regering. Die res word maar net herontpooi.

G@tvol ·

Swak regering. Hoe kan jy toelaat (anc) dat jy die land so vrot regeer ten koste van sy burgers. Jammer dat die wat nie n clue het nie aanhou om vir hulle te stem. . Gaan ons ooit eendag politieke stabiliteit hê. Jan Alleman wil net aangaan met n produktiewe bestaan. Ek hoop en bid dat hierdie cANCer tot n val sal kom en dat n ware leier sal opstaan

IzakB ·

Hoekom moet ons Wit mense nou verenig. Die res van die tyd word ons soos melaatses behandel. Nou moet ons verenig wees. Hoe werk dit dan nou??????

jakes ·

Ek tref geen onderskeid tussen Zuma en CR nie. Hulle albei steun n ideologie wat nooit in n beskaafde wereld sal slaag nie. Na 24 jaar se bewind het die ANC ons land vernietig. Moet hulle nie vertrou nie want hulle is leuenaars en agterbakse gespuis wat net na hulle eie welsyn omsien. Donald Trump het lankal deur die spul gesien en as CR en Gwede Mantashe net n greintjie van Trump se breinrag gehad het sou SA weer n ontwikkelende land gewees het en nie n derdewereldland wat in n rioolplaas verander het nie.

SP ·

Dis ‘n grap! Niks anders as ‘n PR stund nie. Hulle probeer gat kruip by die kiesers. Ek vertrou CR niks, hy is ‘n wolf is skaapsklere.

Wakker ·

Duidelik is die ANC doodbang vir Trump. Hulle weet hy kan hulle met een vee uitwis!

Pieter ·

As die foute van die ANC nie op apartheid geblameer word, is dit ‘n ander sondebok, nl Trump. Wees versigtig dat Ramaphosa nie met jul koppe smokkel nie. Dit is sy styl

Cherokee ·

Dit sê weer iets van hul denkwyse – ongelooflik (behoort medies ondersoek te word) dat hulle stoepit genoeg is om te dink ons sal Trumpisme verwerp ten gunste van ANCisme.

Mrs H ·

Trumpisme sal n voorreg wees en is gelukkig vry van stupitisme! Maar jou werklikke probleem is Zumatisme en Sadisme in jul eie regering en volk. Nie om eers te praat van jul eie gemaakte probleem van Malemaisme nie! Los maar vir Trump wie se ekonomie baie beter doen. Julle het n baie groter “isme” probleem in SA wat julle self geskep het op verskeie vlakke.

Stripes ·

Ek het niks met Trump te doen nie! Ek het wel te doen met anc korrupsie en bedrog. Ek hoef nie saam met enigeen te staan om te verstaan dat daar nie veel van die ondersoeke en voorleggings gaan kom nie want daar is te veel “maatjies” wat betrokke is en te veel omkoopgeld wat ontvang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.