Mantashe swyg oor dieseltekorte, sê DA

Argieffoto (Foto: David Roumanet/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê dit is duidelik dat die situasie rondom die beskikbaarheid van diesel in die land vererger, en hy is besorg oor die gebrek aan reaksie van Gwede Mantashe, die minister van minerale hulpbronne, sy departement en die parlement.

Kevin Mileham, die DA se skaduminister oor minerale hulpbronne en energie, het gesê Gauteng word die swaarste hierdeur getref en talle groothandelaars en kleinhandelaars het glo laat weet hulle het nie meer diesel nie en ander het laat weet hulle sukkel om voorraad in die hande te kry.

“Alhoewel vervaardiging by raffinaderye toegeneem het en invoere by Suid-Afrikaanse hawens aangekom het, kan dit dalk minstens ʼn week duur voor dié produkte binnelandse markte haal,” het Mileham gesê.

Die situasie word vererger deur die diefstal van dele van die multiproduk-pyplyn van Durban na Gauteng, wat nou glo weer sy bedrywighede hervat het, aldus Mileham.

“Mantashe en die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie het nie reageer op die DA se versoek vir ʼn dringende vergadering om te bepaal wat gedoen word om die krisis te verlig nie. Suid-Afrika se ekonomie, veral ons mynboubedryf, landbou en vervoerbedryf, wat almal die ‘lewensaar’ van ons ekonomie beskou kan word, word gestrem deur die regering se onbekwaamheid,” het Mileham bygevoeg.

Volgens hom is dit duidelik dat die situasie vererger, ondanks beloftes deur die regering en die bedryf dat normale voorsiening teen die einde van Mei beskikbaar sou wees.

“Mantashe en die hoofde van Suid-Afrika se raffinaderye moet dadelik die land in kennis stel van die ware status en wanneer die land regtig normale voorraadvlakke kan verwag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johan ·

Ons word tans beprek tot 150 liter diesel by die plaaslike diesel depo naby ons. Daar is ‘n groot tekort aan diesel in die land.

marius ·

Dit is nie net doedrl niel maar ook lampolinaf 16 Mei. Sasol het voorraad maar weier om self teen n premie beskikbaar ye stel

Jacobus ·

Het die ANC nog iets ontdek wat hulle nog nie opgeneuk het nie. Dit is tragies.

Stephan ·

Die ding is… oom gwede het eers van die tekort bewus geword toe die DA vrae daaroor vra… so daar is geen manier hoe hy daarop kon antwoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.