Mantashe weer in sop oor sonkrag-waterverhitters

‘n Stoorkamer vol sonkrag-waterverhitters in Mosselbaai. (Foto: Kevin Mileham)

Nog ʼn storm het losgebars om die kop van die minister van energie, Gwede Mantashe, en hierdie keer eis die DA sy bedanking.

Die DA-LP Kevin Mileham het Maandag uitgewys Mantashe is reeds in die sop omdat hy glo joernaliste probeer omkoop het, sekerheidsverbeteringe aan sy huis, asook sy vrou se betrokkenheid by ʼn maatskappy wat ʼn groot tender vir spyseniering by kragsentrales losgeslaan het.

Die jongste bewerings hou verband met die omstrede projek waarvolgens Mantashe se departement sonkrag-waterverhitters aan verbruikers moet verskaf. Die projek sloer al jare lank en Maroela Media verneem daar is pakhuise vol verhitters landwyd wat stof vergaar terwyl die projek bly stol.

Nou het die nuusdiens News24 berig dat die Gwede Mantashe-stigting moontlik by geldwassery betrokke kan wees. Dit volg nadat Voltex, ʼn filiaal van die Bidvest-groep, verskeie verdagte betalings gedoen het aan die maatskappy Ntlokholo Investments.

Cassel Mokoena, hoofbeampte van die Gwede Mantashe-stigting, was ʼn direkteur van Ntlokholo. Een van die kwessies wat die betalings verdag maak, is dat ʼn betaling ter waarde van R935 000 aan die Gwede Mantashe-stigting as skenking gemaak is.

Sonkrag-waterverhitters in Mosselbaai. (Foto: Kevin Mileham)

“Nog ʼn vertroebelende feit is dat RoyalMnandi Duduza, ʼn ander Bidvest-filiaal, ʼn tender van R600 miljoen ontvang het om spyseniering aan konstruksiewerkers by kragsentrales te verskaf. Mantashe se eggenote, Nolwandle, was ʼn direkteur van RoyalMnandi,” aldus Mileham.

Boonop maak Voltex in hofstukke daarop aanspraak dat die betalings aan Mokoena verband hou met die sonkrag-waterverhittersprojek. Maar volgens alle beskikbare bronne is die maatskappy aan wie die betalings gedoen is (Ntlokholo) nie betrokke by die sonkrag-waterverhittingsprojek nie.

“Al hierdie klaarblyklike toevallighede laat ernstige vrae ontstaan oor die man in wie se wentelbaan soveel vreemde dinge gebeur, naamlik min. Mantashe, nasionale voorsitter van die ANC.

“Pres. Ramaphosa behoort hom te verwyder uit die kabinet, en uit enige posisie waar hy ʼn invloed oor belastingbetalersgeld kan uitoefen,” het Mileham gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Deon ·

Eskom sit tenders uit vir spyseniering maar hulle is n energie besigheid? Maak die krag reg dat die land kan begin reg werk!!!

Werner ·

Die deler is net so goed Soos die steler
Voltex en regering moet boet en al die geld moet verhaal word dit kom van met BEE besigheid doen

Hendrik ·

Skandelik Bidvest ek het meer verwag van julle. Kyk wat doen Voltex en moenie se julle weet dit nie!

Sobymykoolkop ·

Kan die DA net een naam noem wat verwyder/ afgedank is waarvoor hulle alewig vra?

Moedeloos ·

Dit is nie so maklik soos dit klink om n minister af te dank nie. Onthou die president het hier die finale sê. En ongelukkig het al die ANC mense vingers in die pie, so hul kan nie hul monde oopmaak en dreigemente gee nie. Dan sink almal en elkeen keer nou vir sy eie wicktes.

Dirk ·

Weet iemand waarvoor staan BIDVEST ?

Ek dink ek weet, maar sal maar sien wat antwoord julle dalk…

Pieter ·

En Cyril Ramphosa wil daadwerklik korrupsie uitroei in 2021. Dit is nog nie 1 April nie Cyril!!! Korrupsie is deel van die ANC en hul oogmerk is die skatte van Egipte (Suid Afrika), nooit Apartheid uitwissing nie, want hulle pas dit self toe om deur korrupsie ryker te word (verskuilde agenda, Apartheid klink beter as korrupsie as doelwit).

JohanR ·

Ons kry darem ons daaglike/weeklike lag met hierdie berugte……..“Pres. Ramaphosa behoort hom te verwyder uit die kabinet, en uit enige posisie waar hy ʼn invloed oor belastingbetalersgeld kan uitoefen,” het Mileham gesê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.