Mantashe wil vertrouensbreuk met mynboumaatskappye oorkom

Gwede Mantashe. Foto: Verskaf

Die nuwe minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, het toegegee dat ʼn vertrouensbreuk tussen die mynboubedryf en die staat plaasgevind het, en hy het hom daartoe verbind om dié breuk te oorkom.

Mantashe het Dinsdag gesê vir sy departement om enige bestaansreg te hê, moet daar ʼn mynboubedryf wees. Hoe beter die mynboubedryf funksioneer, hoe beter vaar hy in sy taak.

“Wat veral nodig is vir hierdie bedryf om ten beste te funksioneer, is beleidsekerheid. Ons sal dus die mynboumanifes en die wetsontwerp op die ontwikkeling van minerale- en petroleumhulpbronne so gou moontlik finaliseer,” het Mantashe gesê.

Hy het gesê dis onwaar om te beweer dat die regering gebonde voel aan die weergawe van die mynboumanifes wat verlede jaar tot ʼn hofstryd tussen sy voorganger as minister, Mosebenzi Zwane, en die kamer van mynwese gelei het.

“Ons gaan wel daardie weergawe van die mynboumanifes as basis vir onderhandelinge gebruik, want dit is wat ons het. Ons kan tog nie van vooraf begin nie. Maar ons is heeltemal oop vir voorstelle en debat. Mense moet nou vir ons aandui wat die probleme met die mynboumanifes is sodat dit reggestel kan word,” aldus Mantashe.

Hy het egter gewaarsku dat die groei van die mynboubedryf met transformasie gepaard sal moet gaan, en dat die twee aspekte ondersteunend aan mekaar en nie uitsluitend tot mekaar kan wees nie. Daarom is dit nou nodig om die visie te skep vir waar die mynboubedryf oor twintig jaar wil wees, en die pad uit te werk om daar te kom.

Mantashe het gesê die mynboumanifes sal teen die einde van Junie vanjaar afgehandel word, nadat behoorlike raadpleging met rolspelers en mynbougemeenskappe oral in die land – van Namakwaland tot Limpopo en Rustenburg – plaasgevind het.

Hy het ook aangekondig dat die vier myne wat tot onlangs deur die Tegeta-myngroep bestuur is, onder sakeredding geplaas is omdat die opinie is dat daardie vier myne steeds ekonomies lewensvatbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

Snaaks hoe dieselfde kaders nou skielik sonder skille op hul oë sit en begin besef en sien die dinge wat hulle openlik hulself blind sn doof gehou het. Klomp narre.

pbotha ·

Alida.. sy kwakifikasues sal jou laat skaam kry! He studied at the University of South Africa (Unisa) in 1997 and completed a B.Com Honours degree in 2002.[2] He also acquired a Masters degree from the University of Witwatersrand (Wits) in 2008. At the moment, he is currently undergoing his MBA (Masters in Business Administration) studies with MANCOSA

pbotha ·

..en hy was meer as 20jaar betrokke in mynwese…onder andere voorsitter van die mynwerkersunie

Sean ·

Om leier van ‘n werkersvakbond te wees maak iemand baie beslis nie ‘n ekspert op die gebied van mynbou nie.

Reguit ·

Hoe dom kan hulle wees. Besef hulle nie dat as hulle die vertrouensbreuk wil herstel, dat hulle eers die mosie van die onteiening van grond sonder vergoeding, moet terug trek en kanselleer nie? Dink hulle dan dat beleggers of mynmaatskappy in ‘n tweede Zimbabwe gaan belê waar ekstreme en onstabiele karakters soos Malema en Company soos hondsdol plunderaars vryelik rond hardloop? Mense is besig om op strepe te emigreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.