Mantashe wil Zondo-bevindinge betwis

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energiesake. (Foto: Twitter)

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energiesake en voormalige sekretaris-generaal van die ANC, gaan die bevindinge wat in die derde deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, korrupsie en bedrog se verslag uiteengesit is, op geregtelike hersiening plaas.

Dit kom nadat die verslag bevind het dat Mantashe voordeel getrek het uit Bosasa se “korrupte modus operandi” en dus ook vir korrupsie ondersoek moet word.

Mantashe het Woensdag gesê dat sy prokureurs nou die verslag fynkam en binnekort hom sal adviseer oor watter regsroete hy kan volg om die verslag se bevindings te betwis.

Hy het tydens sy getuienis voor die staatskapingskommissie erken dat Bosasa destyds kringtelevisiekameras by sy huise in Boksburg, Gauteng asook in Cala en Elliot in die Oos-Kaap geïnstalleer het.

Mantashe het dit egter ontken dat daar enigiets onheilspellend aan die installasies was, wat glo deur sy sekuriteitsadviseur gereël is.

Hy het ook aangevoer dat dit nie op enige basis gedoen is om gunste van hom te werf nie, aangesien hy net ʼn sekretaris-generaal van die ANC was en nie ʼn minister nie – dus kon hy nie enige tenders toegestaan het nie.

Volgens Mantashe beplan hy nou om die verslag op hersiening te plaas.

“Ons glo dat daar gedeeltes in die verslag is wat hierdie optrede vereis,” het hy gesê.

“Ek sal my egter nie in hierdie stadium oor die besonderhede van die bevindings [in die verslag] uitlaat nie, aangesien dit ʼn saak is wat noukeurige en wettige ondersoeke vereis.”

Luidens die verslag is daar ʼn moontlikheid dat ʼn verdere ondersoek na die saak ʼn prima facie-saak teen Mantashe ten opsigte van die misdryf van korrupsie sal ontbloot.

Mantashe hou egter vol dat die installerings ʼn onskuldige bydrae van ʼn “familievriend”, Papa Leshabane, voormalige direkteur en uitvoerende hoof van Bosasa, was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

Ag tog Mantashe, die verslag beveel net aan dat jy ondersoek work en nie dat jy skuldig is nie. Wat wil jy op hersiening neem? Jy mors ons tyd, julle is almal onskuldig en nou gooi julle woorde rond om belangrik te klink. Hoop jou regspan help jou reg

Witbaard ·

Sy gewete pla hom, want daar is 10 teen 1 wel geraamtes in sy kas

Jack ·

Snaaks hoe die mense werk.Die waarheid en feite met bewyse moet altyd betwis word en hulle erken nooit skuld nie.Dit is soos om nooit skaam te wees vir jou dade nie.Jy gaan hof toe maar aanvaar nooit verantwoordelikheid vir jou dade nie.Jy appeleer so ver moontlik jou onskuld en NOOIT erken jy enige skuld nie.

Jan ·

Stem honderd persent saam Jack. Dit is hoe die (met aksent) mense werk. Jy kan nie ‘n woord glo wat hulle seg nie.

Andries ·

Ongelukkig is hul so geskape sonder verantwoording. Al word hul heterdaad betrap, is dit “Dit is nie ek wat dit gedoen het nie”.

Drico ·

Shame…lyk my sekretaris-generaal poste betaal ook maar sleg. So sleg dat hy nie eers sy eie kringtelevisiekameras kan bekostig nie. Gelukkig het hy n familievriend gehad in Bosasa wat hierdie liefdestakie vir hom kon doen! Kan nie verstaan hoe kan die Zondo-verslag hom nou as korrup uitmaak nie…eish. LOL

Frank ·

Al is hulle skuldig bly hulle steeds lieg. Hy moet met sy gat in die tronk gaan sit. Daar kan hy darem tyd kry om te leer om oordentlik te praat en nie al die tyd te sissss nie.

Frank ·

Onskuldige mense het niks te vrees van ‘n geregtelike ondersoek nie so om teen ‘n blote aanbeveling ter velde te trek bewys letterlik dat hy iets het om weg te steek

Nie Verbaas ·

Hy sal dit natuurlik betwis aangesien hy vas glo dat dit sy “reg” is. Die vraag bly egter eenvoudig, het jy of het jy nie self vir die kringtelevisie toerusting betaal nie? Maak nie saak of dit deur sy sekuriteitsadviseur gereël is of nie. Lafaard probeer verantwoordelikheid ontduik.

SjN ·

Ontken altyd, het hy dit dan as n gekenk verklaar soos wat dit van hul vereis word?

Winnie ·

Dink solank aan ‘n siekte wat jy kan kry as jy moet tronk toe gaan Gwede

Perdeby ·

Hy moes daaraan gedink het toe hy hul gunsies aanvaar het, maar nee ons wil mos net he! Dit help nie om nou te spring nie, jy moes sulke goed verklaar het, dan was hy nie nou in die moeilikheid gewees nie.

Jacobus ·

Shame, die arme man. Nie lekker om met broek om enkels betrap te word!

Pietertjie ·

Hoekom gaan betwis hy dit nie in die howe nie? Of is dit te ingewikkeld om te verstaan?

Jacobus ·

Gunsie van n vriend in BOSASA? Dit se alles. Ondersoek sommer die vriend ook en laat SARS hom ook ondersoek om te sien of hy hierdie gunsies verklaar, AS hy sy opgawe indien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.