Manuel Escorcio in hospitaal

Manuel Escorcio (Foto: Manuel Escorcio/Facebook)

Die Afrikaanse sanger Manuel Escorcio is Maandag in die hospitaal opgeneem.

Hoewel die stand van sy gesondheid nie in dié stadium bekend is nie, blyk dit uit plasings op sosiale media dat Escorcio tans mediese toetse moet ondergaan.

Manie Jackson, ʼn vriend van Escorcio, het in ʼn Facebook-plasing gesê Escorcio verkeer in erge pyn en het vreeslik baie gewig verloor.

Die Suid-Afrikaanse Legendes-museum het ook die nuus bevestig en gebede vir die 72-jarige sanger versoek.

“Ons vra vir gebed vir die legendariese sanger, Manuel Escorcio, wat tans in die hospitaal is vir toetse. Ons dink aan jou Manny,” lui ʼn Facebook-plasing deur die museum.

Escorcio is in 2018 deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ʼn Prestige-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek vereer, en in 2020 het die Suid-Afrikaanse Legendes-museum hom as ʼn lewende legende ingehuldig. Escorcio was een van slegs 20 legendes van wie daar ook ʼn borsbeeld gemaak is.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Sterkte Manuel Escorcio, spoedige herstel word jou toegebid. Sal nooit vergeet in die vroeg 70’s, in Swakopmund se Standsaal/Gemeenskapsaal het ek jou die eerste keer hoor sing.

Marius

‘n Uistaande sanger en kampvegter vir Afrikaans. Sterkte word jou toegebid.

Shakespeare

Manuel jou sang en verhoog optrede maak jou ‘n legende. Veg terug en word gou gesond.

Papsak

Baie sterkte word gou gesond

Esme

Sterkte aan meer as ‘n sanger – ‘n donateur duisend.
Ons gebede omvou jou, Manuel.