Manuel Escorcio sterk tuis aan

Manuel Escorcio (Foto: Manuel Escorcio/Facebook)

Manuel Escorcio, die sanger wat Maandagaand in die hospitaal opgeneem is, is ontslaan en sterk nou tuis aan.

Maroela Media het vroeër berig dat Escorcio volgens die sanger Manie Jackson in erge pyn verkeer en vreeslik baie gewig verloor het. Hy is Maandag opgeneem en moes ʼn paar mediese toetse ondergaan.

Volgens ʼn Facebook-plasing deur die Suid-Afrikaanse Legendes-museum is dié 72-jarige sanger weer terug by sy huis en wag hy nog op uitslae.

“Manuel is terug by die huis en het vanmiddag selfs ietsie geëet. Hy sê hy voel baie beter vandag.”

“Hy het nie sy foon saam met hom in die hospitaal gehad nie en stuur sy boodskap van dankbaarheid aan elkeen van julle wat hom probeer bel het of ʼn boodskap gestuur het,” lui die plasing.

Escorcio is in 2018 deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ʼn Prestige-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek vereer, en in 2020 het die Suid-Afrikaanse Legendes-museum hom as ʼn lewende legende gehuldig. Escorcio was een van slegs 20 legendes van wie daar ook ʼn borsbeeld gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dr Pieter ·

Baie sterkte vir ‘n man met ‘n groot hart en groot stem. Ons hoop op spoedige beterskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.