Manuel kap terug oor Ndlozi se ‘rassistiese’ uitsprake

Trevor Manuel. Foto: Karen Sandison/ANA

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies en senior ANC-lid, het Donderdag ʼn EFF-verklaring wat onder Mbuyiseni Ndlozi se naam uitgestuur is as “rassisties en lasterlik” bestempel, nadat Ndlozi aangevoer het daar was nepotisme betrokke by die aanstelling van die nuwe taksbaas.

Manuel het gesê hy sal nie deur “skoolterrein-boelies” mishandel word nie en het daarop aangedring dat drie stellings wat deur Ndlozi gemaak is onvoorwaardelik teruggetrek word. Dit sluit in dat hy familie is van Edward Kieswetter, die nuutaangestelde kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), en dat hulle sakeverbintenisse het.

“Mnr. Ndlozi moet bewyse verskaf vir die drie bewerings wat hy oor my gemaak het,” het Manuel gesê.

“Slegs ʼn verstand wat verdraai is in die verwoesting van apartheid kan ooit aanvoer daar is ʼn bloedverband tussen twee individue wat deur die apartheid-regime as bruin geklassifiseer is, wanneer die enigste ooreenkoms tussen hulle ʼn rasseklassifikasie is. Die onus rus nou op mnr. Ndlozi om te bewys dat hierdie verbintenis wel bestaan,” het Manuel gesê.

Edward Kieswetter is aangestel as die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. (Foto: Facebook)

Ndlozi het Woensdag in ʼn verklaring hom beroep op pres. Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni, minister van finansies, om bekend te maak hoe die onderhoudproses vir die nuwe SAID-kommissaris hanteer is. Ndlozi het die proses as “geheimsinnig” bestempel en het voorgestel dat korrupsie en nepotisme daarby betrokke was.

Manuel het ook Ndlozi se stelling dat hy (Manuel) Kieswetter aangestel het as adjunkkommissaris by die SAID tydens sy termyn as minister van finansies, verwerp.

“[Ndlozi] beweer ek het, as destydse minister van finansies, vir mnr. Kieswetter as die SAID-adjunkkommissaris aangestel. As hy net die SAID-wet of die verslag van die Nugent-kommissie gelees het, sou hy geweet het die minister van finansies het geensins sulke magte nie. Hy moet daarom hierdie stelling terugtrek,” het Manuel gesê.

“Ek dring aan op ʼn terugtrekking van hierdie stellings of daar sal regstappe teen mnr. Ndlozi gedoen word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Deon ·

Waar senior ANC lede betrokke is kan jy maar ongeruimdhede vewag. Korrupsie is deel van hul DNA. Telkens word die geskiedenis herhaal. Die onderhoude was waarskynlik ‘n klug soos gewoonlik en die proses moet ondersoek word want daar is net te veel op die spel.

waarheid ·

Sorry Trevor – jy was ook maar deel van hulle – dis nou te laat vir jou om witvoetjie te soek.
Jy het net te veel skade aan ons blankes aangerig.
So – wat jy saai – sal jy maai.

Mark ·

Wat maak jou nou anders as Ndlozi, toe Manuel in die tronk was was Ndlozi nog nie eers gebore nie. Julle verregses is maar niks anders as die verlinkses nie. Julle almal staan net reg om die land te verdeel, jou rooi EFF onderrok steek uit.

Liza ·

Gun die “verregses” net ‘n streek waar ons in vrede kan woon en onsself regeer.

Net ek ·

Toemaar Manual, Moenie huil nie. Dink maar bietjie terug oor jou en Gordan se loopbane by SAID.
Baie weet en mag nie praat. (Ek het 1 Desember 1975 daar begin werk…)

M ·

HOEKOM gee die media die EFF soveel media bloorstelling as hulle die 3 de grootste party is in die land. Ek verstaan dit nie. Hulle tree op soos 5 jariges en die media soos n onbeholpe moeders

Martin ·

Toe die ANC aan bewind gekom het het hulle met alle mag gepoog om nepitisme uit te roei net om hul eie maatjies in die poste aan te stel. Daardie selfde mense pleeg nepitisme in sy ergste graad toe (familie lede en vriende) alles onder die dekmantel van regstellende aksie en BEE.

Siener van Melbourne ·

Ja Automatic, alweer apartheid se skuld wat n verstand verwring het. Jy moet groot word en pa staan sonder die apartheid kruk. Afgesaag, Trevor. Lyk my dis jou verstand wat verwronge is.

B-man ·

Mnr Manuel was sekerlik een van die beste ministers wat nog gedien het in die nuwe Suid-Afrika.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste B-man….jy kan ‘n klomp twak kwytraak? “Beste Minister” op grond van wat? Is jy ook familie van hom? hahahaha……….

JohanL ·

@B-man – terwyl jy sekerlik heeltemal korrek is, s^e dit egter nie veel nie :) :)

Die standaard van ministers in die nuwe SA is nou nie juis om oor opgewonde te raak nie. Baie maklik om beter te wees. :)

JWC ·

B-man…. miskien nie so heel korrek nie… T M het ‘n gunstige posisie in die “beste” tydgleuf na RSA se hertoelating tot die ekenomiese wêreld gehad…. Dit het hom goed laat lyk, maar aan die einde van sy termyn het realiteite ons reeds begin inhaal. Kyk maar weer. Wat wel geê kan word, is dat in sy era daar pogings was om nasiebou en korrupsie hok te slaan…. en dit is waar C R en sy bejammerenswaardige ANC mislik misluk!!

Deon ·

Manuel het die golf gery toe SA nog die “darling” van die wêreld was. Die wêreldekonomie het stewig vertoon en SA kon skep. Met minder druk van buite kon skuldvlakke verminder word, en graderings verbeter. Maar gedurende sy ministerskap het die Manuel/Ramos/Gordhan trio begin om die ekonomiese fondasies van die vorige regering stelselmatig te vernietig. Baie van SA se probleme vandag het by hulle begin.

Mark ·

Ek stem 100% saam met jou B-Man, hy is die beste minister wat ons land nog ooit gehad het. Onthou die apartheids ministers kan nie getel word nie omdat hulle die kleinste groepie van ons bevolking vertenwoordig het. Manuel daarenteen moes die hele land verteenwoordig. Hoe weeg jy die kleuterskool hoof op teen die sekondere skool hoof.

Tilo ·

B-Man, hy was g’n goeie minister. Hy het baie baie goeie raadgewers gehad – almal uit die apartheidsjare.

Jerry ·

Oom Trevor jy mag dalk hierdie keer geglo word omrede daar beslis nie bewyse is nie en omrede dit maar net weer n klip is wat in die bos gegooi word deur die EFF omrede hulle kandidaat toe nou nie aangestel is nie. Maar en dit is n groot MAAR, jou bietjie geloofwaardigheid wat jy gehad het is daarmee heen met die soetsappige storie wat jy voor die Zondo kommissie kom vertel het om jou ou pel, Fikile Mabusa se verweer oor sy betrokkenheid by staatskaping, n mate van geloofwaardigheid te gee, want jy sal mos nou nooit lieg nie, of hoe se ek! Ek weet, jy weet, Fikile weet en Zondo weet, jy het gelieg!

Oupa D ·

Deon, jy’s reg. Tipies ons-was-beter kommentaar van Manuel. Jy sien, dis soos die ANC’s dink. Hulle onderskat almal om hulle se intelligensie – en daarmee bewys hulle hul arrogansie teenoor ander. Nee wat Mnr Manuel, dis maar net kierentjies braai.

Cherokee ·

Terwyl hy apartheid as verwoestend beskryf uit ‘n land wat verwoes is nadat apartheid ophou bestaan het, is daar steeds soveel komplimente uit die geledere van die wat die verwoestende apartheidsisteem onderskryf het, vir ‘n lid van die ANC. Ek sal geen een wat umkhonto we sizwe ondersteun het as ‘n held beskou nie. Doen iets aan jul waardes.

Dries Moolman ·

Ou Ndlozi het nogal ‘n doktorsgraad, hulle is mos so lief daarvoor om hom op sy titel aan te spreek asof sy naam Doctor is. Dit wys jou net, jy hoef glad nie ‘slim’ te wees om ‘n graad te kry nie, want hierdie was nou sowaar ‘n DOM move van ou Ndlozi. Ry hom Trevor, ry hom!

Dries du Toit ·

Trevor sal meer geloofwaardig wees indien hy homself distansieer van die korruptes. Bedank uit die ANC

Koos ·

Maar Trevor, jou mense sit mos op die menseregtekommisie? Hulle het mos weereens die afgelope week, met hulle late oor Julius Malema, sonder woorde maar met hul dade aanvaar dat swart mense nie rasisties kan wees nie.

Tilo ·

B-Man, hy was g’n goeie minister. Hy het baie baie goeie raadgewers gehad – almal uit die apartheidsjare.

Bietjie baie ·

Dis reg, ruk hom in die bek!!
Dis hoogtyd dat hulle dink voordat hulle so vrylik praat. Kan mos net sê wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.