Mapisa-Nqakula as nuwe speaker ‘ongeskik’ vir pos – DA

Nosiviwe Mapisa-Nqakula is die nuwe speaker van die parlement. (Foto: ZKostile/Parlement)

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oudminister van verdediging wat Donderdag as nuwe speaker van die parlement aangewys is, is ongeskik vir die pos, sê Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA.

Mapisa-Nqakula se verkiesing as speaker was geen verrassing nie en sy is met 199 uit die 298 stemme wat uitgebring is, verkies. Altesame 17 van die stembriewe is bederf.

Die EFF het buite stemming gebly en het in ʼn verklaring gesê enige deelname aan die proses sou ʼn “rubberstempel wees van pres. Cyril Ramaphosa se skending van die skeiding van magte”.

Mapisa-Nqakula neem die leisels oor by Thandi Modise, wat nou die pos as minister van verdediging beklee.

Volgens Mazzone het die ANC se verkiesing van Mapisa-Nqakula as speaker die parlement ontwapen om sy werk te doen om aanspreeklikheid en deursigtigheid te verseker.

“Dit is ʼn aanklag teen die ANC en benadruk sy vasbeslotenheid om die parlement ʼn tandelose instelling te maak.”

Mazzone sê die DA hou voet by stuk dat Mapisa-Nqakula onbevoeg vir die pos is en dat haar verkiesing ʼn “bespotting maak van die parlement, sy beginsels van deursigtigheid, aanspreeklikheid en integriteit”.

Die DA sê wat die situasie selfs erger maak, is dat Mapisa-Nqakula nou ʼn instelling lei wat sy jare lank probeer ondermyn het en waar ernstige aanklagte van wangedrag teen haar gemaak is.

Mazzone sê haar aanstelling is net nog ʼn voorbeeld van hoe die ANC se beleid van kaderontplooiing nog ʼn demokratiese instelling gaan ruïneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Om te dink dat die stotterende hoog geagte die weermag gelei het. Waarom het CR haar vir beide poste aanbeveel? Die sirkus in die parlement gaan al groter word, nou met ‘n paar olifante in die kamer. Die nuwe speaker is reeds beklee en versier vir sulke okasies. Die EFF moet maar proviant saambring want hulle sal gereeld buite op die trappies in die Kaapse sonnetjie moet bak.

minnie muis

tipes kader ontplooing … skelms kyk na mekaar

Samuel

Die nuwe Speaker is ‘n nar. Haar aanstelling dui daarop dat die ANC-geleide regering, géén respek vir die volk of die gerespekteerde instelling van die parlement het nie. CR, die ruggraatlose jellievis, stel die party bo die volk. Kon liewer Naledi Pandor aangestel het as die Speaker dan swart moet wees. Pffffft

Kobus

Ons agbare president mnr Ramaposa het voor die Zondo kommissie getuig en met “trane” in sy oe belowe dat daar ‘n streep in die sand getrek is met korrupte amptenare. En nou mnr? SA is die enigste land waar jy bevordering in die parlement kry as jy korrup en onbevoeg is om jou werk te doen.Sy steur haar nie aan reels nie en ek wonder hoe gaan sy reels toepas? Ek neem die EFF kwalik omdat hulle nie vir eenmaal die regte ding kon doen deur aan die stemmery deel te neem en teen haar te stem nie.Nou gaan die… Lees meer »

Androclus

Sy was nie eers in die weermag nie ,maar was minister van verdediging,net soos Cele nie eers ‘n konstabel was nie,maar minister van polisie,.Soos die ander een wat nie eers ‘, bal kan skop nie ,maar minister van sport…nou ja so gaan dit hier anc land.