Mapisa-Nqakula hoor vandag oor inhegtenisneming

mapisa_nqakula, speaker, hof, ondersoek, nasionale vergadering

Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (AFP).

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, sal na verwagting Dinsdag hoor of haar aansoek om ’n tussentydse bevel teen haar inhegtenisneming te bekom, suksesvol was.

Regter Sulet Potterill sal in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak lewer in die speaker se aansoek.

Mapisa-Nqakula het haar aansoek verlede Maandag op ʼn dringende grondslag by die hof ingedien. Sy vra onder meer dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat verhoed word om haar in hegtenis te neem totdat sy op 9 April nog ʼn dringende aansoek kan indien om ʼn permanente interdik teen haar inhegtenisneming te bekom.

ʼn Storm het om die speaker se kop los gebars weens bewerings dat sy in haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane omkoopgeld van etlike miljoene rand ontvang het.

Mapisa-Nqakula ontken egter dié bewerings en het verlede week in haar aansoek gesê die staat het ʼn swak saak teen haar.

Sy het verlede week ook met onmiddellike inwerkingtreding op spesiale verlof gegaan te midde van die bewerings teen haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Sal nou graag wil sien of sy ook bo die reg verhewe is! Kaders is mos ALTYD ONSKULDIG!

Marous ·

As daar voldoende getuienis in die dossier vervat is , moet sy in hegtenis geneem word . Straf teen korrupte staatsamtenare moet tien keer swaarder wees as vir die gewone man op straat . Dis deur hulle optrede dat die mense krepeer .

SjN ·

Ontken altyd alles, hoekom dan so dringend n interdik kry, hoop geregtigheid geskied.

Delia ·

So sou Markus en Kie en al die ander ook kon hof toe hardloop. Kan iemand met regsagtergrond dit dalk kan verduidelik?

Tinus ·

Hou op tyd- en geld mors met die regstelsel wat jare vat om tot n besluit te kom. Indien die beskuldigde lieg, gee hom dubbel die straf wat hy sou gekry het. Indien hy die waarheid praat, verminder sy straf.

Wondermaarnet ·

Hoekom kan kaders kies? Die gewone landsburger moet vat wat sy/haar kant toe kom en die agbare kan kies of sy in hegtenis geneem moet word.

Casper ·

Dit is belaglik.Volgens die grondwet is niemand bo die wet verhewe nie.Die hooggeregshof mag nie hierdie versoek toestaan nie.Dit gaan ‘n president skep en groot probleme vir Ramaphosa veroorsaak.

etienne ·

Haar saak is van die rol geskrap met koste. sal wil sien of sy nou gearresteer gaan word, of gaan sy na apelhof hardloop.

Aai ·

Sy sal nie toegesluit word hulle word gewaarsku voor die tyd dan hardloop hulle na hof en dan gebeur niks.

Porseleintjie ·

So vir sekere mense is daar ‘n ander regstelsel? ‘n Verhewe stelsel met voorkeur behandeling vir ‘n misdaad.

Jandup ·

Sy kon maar Paasnaweek op staats onkoste gerus het. Gratis losies en kos. Vanoggend by die hof aansoek gedoen het vir borgtog en dan uitstel vir ‘n week of twee om addisionele inligting te bekom.

Surfer ·

Sy kan doen met n paar weke agter tralies om al daai vet rolle af te skud wat sy met “geleende” geld bekom het.

kragaap ·

Hopelik laat die tyd agter tralies ‘n paar kilogramme verdwyn. Paar braaihoender kitskos winkels gaan nou minder profeit maak …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.