Mapisa-Nqakula moet rekenskap gee voor komitee

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Argieffoto: GCIS)

Die parlementêre komitee vir verdediging en militêre veterane het op versoek van die DA ingestem dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, voor die komitee moet rekenskap gee oor hoe die ANC-afvaardiging saam met haar na Harare in ʼn lugmagvliegtuig gevlieg het.

Die DA verwelkom Cyril Xaba, voorsitter van dié parlementêre komitee, se besluit.

“Die DA voel sterk daaroor dat die parlement sy rol in hierdie aangeleentheid moet vervul ten einde aanspreeklikheid en deursigtigheid aan die dag te lê,” sê Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging.

“Ons sal egter nie toelaat dat die minister voor die komitee verskyn as ʼn verskoning om haar vry te skeld nie,” sê Marais.

Die DA eis dat Mapisa-Nqakula moet rekenskap gee oor waarom sy die ANC-afvaardiging toegelaat het om ʼn lugmagstraler te misbruik om na Zimbabwe te reis vir partypolitieke besprekings met Zanu-PF en op grond daarvan die beginsel van magskeiding te ignoreer.

Sy moet ook verduidelik of die afvaardiging toestemming van die minister van vervoer, Fikile Mbalula, ontvang het om na die buiteland te reis in die lig van die vlak-2-afsonderingsregulasies. Die DA vereis dat ondersteunende dokumente as bewyse moet verskaf word.

Verder versoek die DA die minister om ook haar verslag oor “Jetgate” beskikbaar te stel en vordering in terme van die terugbetaling van die ANC, insluitend berekeninge van onafhanklike lugvaartkenners, te verskaf.

“Sy het doelbewus toegelaat dat die ANC staatsgeld misbruik om onwettig na Zimbabwe en terug te reis aan boord van die lugmag se Falcon-900-straler. Dit kan nie ignoreer word nie. Veral omdat dit nie die eerste keer was dat die minister militêre hulpbronne misbruik vir persoonlike en politieke doeleindes nie.”

Sy word ook daarvan beskuldig dat sy haar oorlede seun, Chumani Nqakula, se meisie van Burundi op ʼn BBP-vliegtuig van die lugmag gesmokkel het.

Marais sê hoewel haar verskyning voor die komitee ʼn tree in die regte rigting is, eis die DA verder dat pres. Cyril Ramaphosa haar nog voor die einde van die week afdank. “Dit is omdat sy, volgens sy eie woorde, ‘versuim het om wettige voorskrifte te volg wat sorg vir die gebruik van [staatshulpbronne] en opgetree het op ʼn manier wat strydig is met [haar] posisie’.”

Ramaphosa het die afgelope naweek ʼn formele teregwysing aan Mapisa-Nqakula uitgereik. Haar salaris word ook vir drie maande, van 1 November 2020, opgeskort. Haar salaris sal in die regering se Solidarity Fund inbetaal word. Dié fonds is opgerig om steun te bied aan slagoffers van die Covid-19-pandemie.

Die DA het ook verlede week geëis dat die ANC R260 000 moet opdok vir die vlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Hulle almal moet betaal, ge-fire word en gaan sit klaar! Boonop klink sy soos ‘n gewoonte misdaderig… So hoeveel is die minister se salaris? Waarom word almal nie gestraf nie en wat van die lockdown reëls wat hulle oor tree het?

Maak asb seker dat sy nie dokumente vervals nie!

#Tsek ANC tsek man en ons soek bewyse, want ons glo niks wat julle sê nie!!!

Wondermaarnet ·

Daar sal ook niks hiervan kom nie. Die hele ANC spul is mos verhewe bo die wet.

Fedup ·

Most probably a slap on the wrist and a 2 month time out with full pay.
The da just do not learn i see.
Never ever trust anyone in that circus.

Johann ·

Hoor haar al: cant rememba…cant recall…i dont know… I diddint know…ill neva know…i was reading when someone nokket at the windouw so i see its comrade Ace…he asket for a lift…then i c all da other comrades so i openet the fly mashine doors….thy just came in…

Thy brouwt theor own pap ant shiba ant magou so thy werent served. Thy were abuntuing by sharing maaskes…my comrades wahanted to get anodda leeft back to RSA…thy juhst got eento da fligh masjeen

Vlooi ·

Ek dink persoonlik dat dit tyd geword het om die totale Weermag onder nuwe bevel te kry. Wat die status is rakende die nuwe Sekretaris van Verdediging hoop ek dat sy daarin sal slaag om die Weermag rigting te gee. Die huidige Minister slaag nie daarin om standpunt in te neem rondom die Weermag se verslegtende situasie nie, daar is geen manier dat die Weermag enigsens die mag het wat nodig is om die land veilig te hou nie. Laastens moet ek noem dat die tyd is vir ‘n nuwe Weermags Hoof. Iemand met “guts” en aansien, iemand wat ‘n voorbeeld is in statuur. Ek ry baie deur Pretoria, dit is vir my sleg dat geen soldaat 25 jaar terug sou lyk soos nou nie, oorgewig, onnet, geen respek, noem maar op. Gee nuwe leiers en dan sal ons sien. Ek het ‘n ene Genl Mgwebe (dink dis sy van) gevolg toe hy bevelvoerder van die magte in Afrika was, ‘n man wat respek afdwing, netjies, fiks die was ‘n man na wie opgesien kon word, jammer dat hy afgetree is. Glo hy sou die Weermag kon verander.

Hennie J ·

Waarom word sy nie strafregtelik aangekla nie. Hier is sekerlik n geleentheid vir adv. Nel om sy staal te bewys.

Scalla ·

Sy vermaak seker haar kleinkinders deur n nar te speel met die uitrustings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.