Mapisa-Nqakula op pad hof toe

mapisa_nqakula2

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, voormalige speaker. (Argieffoto: GCIS)

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, sal na verwagting vandag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Luidens berigte het Mapisa-Nqakula vroeg Donderdagoggend by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion aangemeld.

Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se onafhanklike ondersoekdirektoraat, het ook aan Maroela Media bevestig Mapisa-Nqakula sal in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Mapisa-Nqakula het Woensdag haar bedankingsbrief by die waarnemende speaker, Lechesa Tsenoli, ingedien.

“Ek het hierdie bewustelike besluit geneem om my tyd en fokus te wy aan die aangekondigde ondersoek teen my deur ons land se wetstoepassingsagentskappe,” sê Mapisa-Nqakula in ʼn verklaring wat Woensdag laatmiddag uitgereik is.

Sy het dit duidelik gestel dat haar bedanking “geensins ʼn aanduiding van skulderkenning” is nie.

“Ek het hierdie besluit geneem om die integriteit van ons parlement te handhaaf, ʼn gerespekteerde instelling van ons regeringstelsel wat die mense van Suid-Afrika as geheel verteenwoordig.”

Haar bedanking volg ʼn dag nadat die hooggeregshof in Pretoria haar dringende aansoek om haar inhegtenisneming te verhoed van die hand gewys het.

Die hof het Dinsdag onder meer bevind Mapisa-Nqakula se aansoek was nie dringend nie.

“As die hof dié aansoek toestaan, sal dit ʼn presedent skep en die howe sal oorval word deur verdagtes wat ook hul inhegtenisneming wil verhoed. Die hof kan nie inmeng by staatsinstellings in die uitvoer van hul pligte nie,” het regter Sulet Potterill bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper ·

My tannie weet jy hoe om integrated te spel want dit en eerlikheid,bettroubaarheid, geloofwaardigheid en trots is lankal nie meer in die A N Cse woordeskat nie anders sou ons land nie nou gewees het waar hy is nie.

Casper ·

Ekskuus,integriteit,ek kan nie eers meer my selfoon vertrou nie.

Patch ·

Aai, want sy weet sy sal nie die binnekant van ‘n tronk sien nie. As ons al die korrupte sogenaamde “leiers” van ons land moet skuldig bevind sal daar geen parlament wees nie. So hulle gaan voort met korrupsie want hulle word nie vervolg nie of miskien vervolg maar betaal nie vir hul dade nie.

Tinus ·

Die parlementsgebou is afgebrand, die land is verwoes, dan noem hulle hulself leiers. Sy verdien geen respek nie.

Lurock ·

Sy gaan verseker borgtog kry, en selfs dit gaan die belastingbetaler betaal. Sy sal nooit ‘n oranje oorpak dra nie, net soos Zuma.

domheks ·

Respek het cANCer al LAAAAANKAL nie meer nie. Klomp terroriste wat ‘n land wil regeer! 30 jaar en NIKS is instand gehou nie. Maar die krippe is leeg.

JN ·

So n swak saak het hul teen haar dat sy sommer bedank.l!
Wil jy nou meer né…
Maar moet nie dink vir een oomblik die korrupte Anc sal een van sy korrupte kaders laat snewel nie, nee nooit!!
Die dossier sal net weer verdwyn met omkoop geld of die speurders het weer nie hul werk reg gedoen nie maar korrupte Anc kaders sien nooit die binne kant van n tronk nie!

Jandup ·

En nou misbruik die kader nog steeds staats hulpbronne om by SAPS te gaan aanmeld. Sy het reeds bedank. As ek uit my werk bedank kan ek nie meer die maatskappy se hulpbronne gebruik (misbruik) om my persoonlike verpligtinge na te kom nie.
SAPS moes haar agter in ‘n vangwa gaan oplaai het by haar huis.
Agter in die vangwa vervoer hof toe.
Stel haar borgtog aansoek uit tot volgende week iewers. Of nog later indien moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.