Mapisa-Nqakula se kop geëis

Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Junie 2022) (Foto: GCIS)

Die DA het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, versoek om te bedank ná berigte dat die NVG ʼn klopjag op haar huis in Bruma, Johannesburg, uitgevoer het.

Maroela Media het vroeër berig lede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat het Dinsdag die klopjag uitgevoer. Verdoemende bewerings van korrupsie is onlangs teen Mapisa-Nqakula geopper.

Die speaker word daarvan beskuldig dat sy gedurende haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane R2,3 miljoen se omkoopgeld in die vorm van sogenaamde geskenkpakkies van ’n diensverskaffer van die weermag aanvaar het. Die bewerings word tans deur die parlement se etiekkomitee ondersoek.

Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA, sê as die hoof van die wetgewer in Suid-Afrika het Mapisa-Nqakula se amp groot verantwoordelikheid. “Die reëls van die parlement beskou die speaker as iemand wat die waardigheid en goeie naam van die huis verteenwoordig.”

Gwarube sê die klopjag hou verband met korrupsiebewerings van ʼn baie ernstige aard en dit is teenstrydig met die reëls van die parlement.

“Om die publiek se vertroue in die instansie te behou, moet Mapisa-Nqakula bedank. Sy kan nie in dié hoë amp vertrou word nie. Dit is belangrik dat diegene wat só pos beklee, die hoogste standaard van integriteit en aanspreeklikheid handhaaf. Daar word van die speaker verwag om deur haar voorbeeld te lei en seker te maak dat lede van die uitvoerende raad en die parlement voldoen aan hul ampseed.”

Die DA maan die parlement en die etiekkomitee om hul ondersoek te versnel.

‘Speaker moet opsystaan’

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sal ook wil sien dat die Valke sy ondersoek vinnig en deeglik afhandel.

“Suid-Afrika se publiek het die reg om die waarheid oor die aangeleentheid te weet. As speaker behoort Mapisa-Nqakula dadelik opsy te staan, aangesien die klagtes verband hou met haar integriteit.”

Groenewald sê deur in die pos aan te bly terwyl die ondersoek aan die gang is, sal die integriteit van die parlement ook aangetas word.

“ʼn Speaker dien as simbool van integriteit, eerlikheid, respek en verantwoordbaarheid van die parlement. Dit is juis al hierdie aspekte wat nou in die gedrang kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aai ·

Kop eis as sy skuldig is moet sy na tronk almal word golden handshake gegee dan vergeet ons van alles.

Sobymykoolkop ·

Ek het al talle kere gevra. Sal die DA asb net 1 kader norm wat bedank het nadat die DA daarop aangedring/ gevra het.

Casper ·

Is hierdie verdoemende bewerings gebaseer op feite?Is daar prima facie bewyse wat die bewerings staaf,?Daar was toe sy minister van verdediging was sulke bewerings en skielik vervang Rampie haar en maak haar speaker.Dit wek by my agterdog.

Shakespeare ·

Sit somaar die hele ANC/EFF se koppe onder die valbyl soos in die Rennaisance tydperk. Ek gaan verseker een vd skare wees wat daar sal wees om te juig.

ES ·

Sy is in die eerste plek nie bekwaam om die speaker te wees nie. Sy het nie die nodige kennis, vaardighede of kwalifikasies nie. Sy is net in daardie posisie geplaas omdat sy ‘n kader is. Of daar enigiets daarvan gaan kom sal ‘n wonderwerk wees.

Yvonne ·

Sjo……daar gaan niks va kom nie…die hele spul is korrup

Casper ·

Natuurlik sal daar niks van kom nie,Ramaphosa sal daarvoor sorg.Zuma ,Magashule,Mkhize en Mabuza moes opsy staan ingevolge a n c beleid.Wat van Mashatile en ander wat van kriminele dade verdink word en betrokke was by staatskaping,korrupsie en tender bedrog.

Bolandse Nooi ·

Mense, as julle dink die ANC-regering is die eerste en laaste wat korrupsie pleeg en daarmee wegkom, is julle baie onkundig. Daar was NET SOVEEL (indien nie meer) korrupsie, wandade en skelmstreke onder die ou NP-regering!

Shakespeare ·

Bolandse Nooi. Ja daar was korrupsie soos Pietie Du Plessis en Pietie du Plessis en Pietie du Plessis en veral Pietie du Plessis.
Korrupsie het gedy onder die NP. ???????? ??

Martie ·

Bolandse nooi ek weet nie hoe oud jy is nie maar ek dink jy maak nou sommer bewerings. Daar is oral korrupsie maar jy moet nog altyd jou plig ook nakom en jou straf vat daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.