Mapungubwe verwelkom die reën

Bo: Die Limpoporivier in Oktober 2016. Onder: die Limpoporivier in Januarie 2017. Foto: Verskaf.

Bo: Die Limpoporivier in Oktober 2016. Onder: die Limpoporivier in Januarie 2017. Foto: Verskaf.

Die Mapungubwe Nasionale Park is vir die eerste keer in maande weer groen en die Limpoporivier vloei ook weer ná die droogte.

Divhani Maremba, woordvoerder vir SANParke, het gesê daar het tussen November en Januarie meer as 400 mm reën geval (157 mm in November, 184 mm in Desember en 68 mm in Januarie).

“Die vooruitsigte vir die park lyk nou baie rooskleuriger as wat dit ʼn paar maande terug gelyk het,” het Maremba gesê.

Volgens Conrad Strauss, parkbestuurder, het hulle geen diere as gevolg van die droogte verloor nie, maar dit was vir seker ʼn moontlikheid indien die droogte sou voortduur. “Ons is baie verlig om die rivier so te sien vloei en die park wat so mooi groen is,” het Strauss gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dirk ·

Ek was daar in my tent op die 26ste November toe daar 70mm geval het!

Sê maar net ·

Dankie vir die reen Here. Kan ons asseblief nog kry? Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.