Maqubela-seun: Sy moet 20 jaar sit

Thandi Maqubela. Foto: SAPA

Thandi Maqubela. Foto: SAPA

Thandi Maqubela moet tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word vir die moord op haar man, Patrick Maqubela, het die waarnemende regter se seun in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.

“Ons is van mening dat ʼn daad van dié aard so streng moontlik hanteer moet word,” het Duma Maqubela, Patrick se seun, ter strafverswaring getuig. “Ek sou dink 20 jaar … die familie sal dink daar is ’n skyn van geregtigheid daartoe.”

Staatsaanklaer Bonnie Currie-Gamwo het aan Maqubela jr. gevra hoe hy voel oor Arina Smit, ʼn maatskaplike werker, se voorstel dat Maqubela ’n opgeskorte vonnis of periodieke gevangenisstraf kry. Smit het die voorstel gemaak in ʼn verslag van 50 bladsye wat sy saamgestel het nadat sy die tersaaklike dokumente oorweeg het en gesprekke met Thandi en ander familielede gevoer het.

Maqubela jr. het gesê dit sal hoogs onsensitief wees indien die hof Thandi se persoonlike omstandighede in ag neem en nie dié van die familie of samelewing nie. “Periodieke gevangenisstraf is iets wat die samelewing sal verstom en die verkeerde boodskap sal uitstuur.”

Duma en sy oorlede broer is uit hul pa se huwelik met sy eerste vrou gebore. Hulle is in 1982 geskei nadat Patrick ontrou was. Hy en Thandi is later getroud. Thandi is in November 2013 skuldig bevind aan die moord op haar man in 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad. Sy is ook skuldig bevind op ʼn aanklag dat sy haar man se testament vervals en bedrog gepleeg het.

Vonnisverrigtinge word Maandag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Desire ·

Wat is die idee van die sonbril? Is daar deesdae geen respek meer vir die hof nie?

Ai ·

Sy het verkillendes Desire, met elke hof verskyning het sy ander 1 op

jjobson ·

Buitestraf is toepaslik, want haar gesig toon,sy kan i goeie joppie vir i man gee.

Elize ·

Help my, asb? wat beteken periodieke tronkstraf? In die tronk vir n maand en n maand uit vir 20 jaar?

ladybug ·

Ek stem volkome saam met die jongeling. Sit haar agter tralies – eintlik moes sy gehang gewees het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.