ʼn Dispuut oor die kontrak tussen Robert Marawa en die SAUK is opgelos en dié omroeper sal weer van volgende maand af ʼn sportprogram op die radio aanbied.
“Alle kwessies tussen die organisasie en mnr. Marawa is vriendskaplik opgelos en die SAUK sien uit daarna om hom weer aan boord te hê vir nog uitmuntende sportprogramme,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, gesê.
Die partye was in ʼn geskil gewikkel toe die SAUK Marawa se kontrak teruggetrek het as gevolg van ʼn ondersoek oor sy aanstelling deur die voormalige uitvoerende hoof van die SAUK, Nomsa Philiso. Sy het na bewering die ondersoek ingestel om te bepaal of behoorlike prosedures gevolg is vir sy miljoen-rand-per-jaar-kontrak nadat personeellede die geldigheid van die aanstelling bevraagteken het. Chris Maroleng, uitvoerende bedryfshoof, het glo die omstrede aanstelling gereël en die kontrak is uiteindelik gekanselleer.
Marawa het egter besluit om op te tree en sy prokureurs het miljoene van die SAUK geëis nadat sy kontrak gekanselleer is.
“Ek beskou dit as ʼn voortsetting van my reis met die SAUK,” het Marawa in ʼn gesamentlike verklaring met die uitsaaier gese. “Dit wys ʼn verbintenis van die leierskap van die openbare uitsaaier om sy mandaat te vervul. Hierdie hoëvlak ondersteuning is belangrik vir my om die gehalte program te lewer wat die luisteraars verdien.”
Die sportprogram sal weeksdae tussen 18:00 en 20:00 gelyktydig op Metro FM en Radio 2000 uitgesaai word.
Weinig van ons, indien enige, kyk SAUK.
SAUK…. Wie’s DIT? Klink soos n wit olifant.
En so wor alle staats entiteite gemelk.
Miljoen rand per jaar??? Die man moet geleerd wees!
Dan se hulle daar is ongelykheid!!! ghmf
Baie goeie duur akteur, maak of hy alles weet… Sepie- velle grade
Holywood-style… Is dit die tipe geld wat die selfbehepte ou nooiens en hul baba-boytjies by RSG ook verdien? Ure van twak en resepte en die belastingbetalers befonds hulle. Ons kan doen met ‘n bietjie klassieke werke sonder slim aankondigings…. Fire almal en spaar ons uit. Asb!
John……..Ai my tone wrimel nou van lekker.. daai
SÉ !!!!!….was nou uit die boonste gestoeltes ?%reg!