Marble Hall-ongeluk: Hof sal oor aanspreeklikheid besluit

Diaan, Janine en klein Dianiël. Foto: Facebook

Diaan, Janine en klein Dianiël. Foto: Facebook

Die gru-ongeluk buite Marble Hall waarin elf mense dood is en die Terblanche-gesin kritiek beseer is, word steeds ondersoek om te bepaal of iemand aanspreeklik gehou sal word.

Diaan Terblanche, sy vrou Janine en hul babadogtertjie Dianiël is ernstig beseer nadat hul Toyota Fortuner op 17 Mei omstreeks 18:00 op die R573 reg van voor teen ʼn bakkie gebots het nadat hulle glo ʼn vragmotor verbygesteek het. Elf van 13 plaaswerkers wat agter op die bakkie vervoer was, is op die toneel oorlede.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die ondersoek na die ongeluk is nog nie afgehandel nie. “Ons sal met ooggetuies praat en alle aspekte van die ongeluk ondersoek, waarna die bevindinge in ʼn dossier vervat sal word wat by die hof ingedien sal word. Die hof sal dan besluit of iemand vir die ongeluk aanspreeklik gehou moet word.”

Bewerings dat die bakkie se hoofligte nie gewerk het nie en dat die Fortuner die vragmotor by ʼn sperstreep verbygesteek het, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie en vorm deel van die ondersoek, het Otto gesê.

Intussen word Diaan, Janine en Dianiël steeds in die Life Midmed-hospitaal in Middelburg behandel. Carla Terblanche, Diaan se suster, het gesê Janine sal Maandag van die waakeenheid na ʼn gewone saal oorgeplaas word. “Sy wag net vir haar rugstut voor sy oorgeskuif sal word. Sy sal ook dan vir Dianiël kan sien [vir die eerste keer sedert die ongeluk],” het sy gesê.

Diaan, wat Woensdag ʼn noodoperasie ondergaan het, is van die ventilator af gehaal en haal nou op eie sy asem, het Carla gesê. Hy sal ook binnekort na ʼn gewone saal geskuif word.

Intussen is die vier weke oue Dianiël steeds in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid nadat haar arm en pelvis gebreek is en sy bloeding op die brein opgedoen het. “Haar toestand is nog dieselfde, maar sy lyk elke dag ʼn bietjie beter,” het Carla gesê. “Dit is maar moeilik om regtig te weet wat met haar aangaan omdat sy nog so klein is. Maar haar reaksies is net ongelooflik. Ons hou nie op bid nie en ons vat die positiewe uit elke bietjie inligting, want ons weet God kan ʼn wonderwerk verrig. Mens moet dit net glo en op Hom vertrou.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die ongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tammy ·

Het die bestuurder van die bakkie n permit gehad om mense te vervoer? My man het vandag 3 mense agter op sy bakkie gehad en het n boete van R500 gekry omdat hy nie n publieke lisensie het nie. Sal die betrokkenes op hierdie saak ingaan asseblief want dis onwettig om mense sonder so n permit te vervoer.

Peet Schabort ·

Tammy, gaan kyk by “Transportation of Passengers Arrive Alive” vir meer inligting. Ek hoop jy kry dit want dit lyk asof Maroela die ‘spoeg-en-plak’-funksie verhoed wat dit moeilik maak om daarna te verwys.
Dit kom daarop neer dat onder sekere vereistes dit wettig is maar teen betaling totaal onwettig om passasiers te vervoer agter op ‘n vragvoertuig.
Daar word nêrens melding gemaak van ‘n publieke lisensie. Dit laat mens wonder wat die spietkop se bedoeling was met die kaartjie of voordat hy begin skryf het aan die kaartjie.

Charlotte ·

Dank U Vader dat hulle almal beterskap toon ek bly biddend vir julle gesin.

Audrey ·

Louise…
Wil jy nie maar net eers jou feite reg kry voor jy die man beskuldig nie, Dink jy vir een oomblik hy sou aspris sy gesin in die omstandighede plaas. Jy het geen reg om te sê hy is stupid nie. Jy ken hom nie eers nie. Ek weet nie wat is fout met jou nie. Inplaas daarvan om saam te staan beskuldig ons van link na regs alles en almal wat voorkom.

Al een wat stupid is, is jy. Om so stupid komentaar te lewer. Om so stupid te wees om te sê hy moet aangekla word vir moord.

Mag jy nooit in so sutuasie geplaas word nie. Niemand verdien die pyn en hartseer waardeer daai familie gaan nie,

Word dit dan nie vernuut ‘n ONGELUK genoem nie.

Ek neem aan jy is perfek.

Nadia ·

EK stem honderd persent saam jou Audrey – Dit is niemand se plek of tyd om te oordeel nie. Mense dink nie wat hulle se nie en soveel seer en pyn gaan gepaard met dinge wat mense kwyt raak. Dit was ‘n ongeluk wat met enige van ons kon gebeur het. In plaas daarvan om mense te beskuldig gaan op jou kniee en se dankie dit is nie jy in daardie situasie is nie. Veral as jy die mense ken .. dit maak ons almal so seer om hierdie tipe van kommentaar te sien.

Los die oordeel. Ons bid vir die beste en glo dat alles goed sal verloop – hierdie mense is deur so baie – ‘n prag paar waarna die hele samelewing opkyk. “n gesin so na aan mekaar. – met soveel liefde en respek nie net vir mekaar nie maar vir almal om hulle. –

Louise – dink asb voor jy sulke goed se.. Jy weet nie tot jy in daardie situasie geplaas word nie.. elke dag as ons opstaan is daar ‘n kans vir ons almal vir gevaar ongeag die omstandighede.. Mens se nie sulke goed as mens nie die mense persoonlik ken nie.

scalla ·

dit is menslik om foute te maak, dit was n ongeluk en hou op bespiegel, die gereg sal besluit, sterkte aan al die betrokke families.

Elize Schutte ·

Ons was een keer 02:00 die oggend oppad PE toe ook gedwing om so ‘n besluit te maak. Ek is nou nog dankbaar dat daar nie daardie oggend ‘n ongeluk gemaak is nie. Daar was twee voertuie wat ons prober hi-jack het en ons moet op ‘n berg-pas in mis verby ‘n trok gaan om van hulle weg te kom. Ons was vreesbevange. Mens kan nie ander veroordeel as jy nie weet wat die omstandighede was nie!

michelle cousins ·

I have been following this tragic story out of concern for the families of the Farmworkers who have lost their breadwinner and also to be a part of the intercessory prayer for the Terblanche family (as well as the families of lost loved ones and the injured that were taken to hospital with apparent head injuries). I have to say though that I am saddened how, some comments here are very quick to lay blame at the door of the driver of the bakkie who “allegedly” did not have his lights on yet the initial report also “alleges” that the Fortuner overtook on a solid white line, but this has not been mentioned again in any comments. This would lay blame at both parties doors would’nt it? Lets rather leave the blame game out of this, after all, the driver is dead, the Terblanche family are fighting to heal and try to pick up the pieces and a lot of lives have been changed forever! We cannot be praying on one hand yet judging on the other.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.