Marble Hall-ongeluk: ‘Ons hou aan bid’

Diaan, Janine en Dianiël Terblanche. Foto: Facebook

Diaan, Janine en Dianiël Terblanche. Foto: Facebook

Diaan Terblanche (30), die pa van die Marble Hall-gesin wat Sondagaand kritiek beseer is in ʼn botsing op die R573, moes Woensdag ʼn noodoperasie ondergaan nadat hy ʼn terugslag gehad het.

Carla Terblanche, Diaan se suster, het gesê haar broer se gebreekte ribbes het in sy longe gesteek en vog op die longe veroorsaak. Pype is in sy borskas gesit en hy kon vlak asemhaal. Na die operasie is hy glo op ʼn ventilator geplaas om sy longe te ondersteun. Hy is ook vir sy gebreekte bekken geopereer. “Die operasie het baie goed afgeloop,” het sy gesê.

Diaan word saam met sy vrou, Janine (21) en dogtertjie, Dianiël, wat drie weke oud is, in die waakeenheid van die Life Midmed-hospitaal in Middelburg behandel. Maroela Media het vroeër berig die Terblanche-gesin se motor het omstreeks 18:00 reg van voor teen ʼn bakkie gebots nadat hulle glo ʼn vragmotor verbygesteek het. Elf mense is in dié ongeluk dood.

Volgens Carla is Dianiël se toestand steeds kritiek en die familie vrees vir haar lewe. Dianiël se arm en pelvis is gebreek en sy het bloeding op die brein opgedoen. Haar toestand het sedert die ongeluk nog nie verander nie. “Maar ons hou aan bid; die dokter sê sy is ʼn klein vegter,” het Carla gesê.

Janine sal Donderdag geopereer word. Verskeie bene in haar gesig is vergruis, haar arm en een rugwerwel is gebreek en een van haar longe is beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

angelique ·

Mense moet saam bid.. Vrees kom nie van die HERE af nie! Ongeag wat dokters of mense se.. ONS DIEN ‘N GOD WAT GROTER IS EN WAT GENEES! VERTROU NET OP GOD OM DIE ONMOONTLIKE MOONTLIK TE MAAK! ‘N WONDERWERK IN JESUS NAAM SAL HIERDIE GESIN WEES!

Issabelle ·

Aaaai …. dit is so ongelooflik hartseer & tragies !!!! Baie sterkte aan die gesin & familie …. julle is in ons gebede !!

Vicky Botha ·

Stem saam ons dien n Groot God en as ons almal saam bid is dir wat vir die mens onmoontlik is maar vir God moontlik is. Sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.