Marble Hall-ontsnapping: Só lyk verdagtes

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het die publiek gevra om hul by te staan in die soektog na twee gevaarlike misdadigers wat die naweek uit die Marble Hall-polisiekantoor ontsnap het.

Twee polisiebeamptes het Saterdagoggend vir Fickson Motsepe (22), Lucky Mokone (20) en Elias Mashishi (29) ontbyt gevat toe hulle oorrompel is. “Die verdagtes kon daarin slaag om ʼn vuurwapen by die beamptes af te neem en het hulle weg uit die polisiestasie geskiet,” het Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mashishi is doodgeskiet en ʼn polisiebeampte is in die been geskiet en gewond. Motsepe en Mokone kon daarin slaag om te ontsnap. Mulaudzi het gesê die voortvlugtiges is baie gevaarlik. “Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van moord, poging tot moord en besigheidsroof. Ons doen alles wat ons kan om hulle te vind,” het Mulaudzi gesê.

Enigiemand wat weet waar Motsepe en Mokone hul bevind, kan kapt. Nkadimeng by 082 318 9861 of 013 261 2171 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.