Marga van Rooy oorlede

Marga van Rooy. Foto: kykNET

Marga van Rooy. Foto: kykNET

Die veteraanaktrise Marga van Rooy, veral bekend om haar rol as Ella in Vetkoekpaleis, is Sondagmiddag oorlede.

Van Rooy het kanker gehad en het onlangs van Johannesburg na die Kaap verhuis om by haar kinders te wees. Van Rooy was nog onlangs op die verhoog te sien in die klug Daa gaat die bruid. Die produksie sou weer einde Januarie in die Atterbury-teater aangebied word.

Die karakter waarvoor Van Rooy die bekendste is, is die van Ella in die Willie Esterhuizen-reeks Vetkoekpaleis. Sy het Worsie, wat deur Esterhuizen vertolk is, se ma gespeel. Sy was ook in Egoli, Molly & Wors en Villa Rosa te sien.

Sy het ook in rolprente soos Die Windpomp, Fanie Fourie’s Lobola en Vrou soek boer gespeel. Sy en haar dogter, Henriëtte Boot, het ook onlangs die boek Marga & Henriëtte. In die skadu van skisofrenie die lig laat sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Marike ·

My innige simpatie met die afsterwe van Marga, jul troos is in Jesus.. Ek bid jul sterkte en krag toe in hierdie hartseer tyd

Elizeo Engelbrecht ·

Ons innige meegeviel asn Marga se familie. Julle sal in ons gebede bly. Ons het n groot gees verloor sy was n wonderlike aktriese en mens. Rus in vrede

M ·

Sy was n goeie aktrise. Sy het baie tyd genot aan ons verskaf. RIV

andrea van vuren ·

Sy was ‘n besondere talentvolle vrou! Sterkte aan kinders.

foxi ·

Aggenee…..dit is nou so hartseer. Wat n wonderlike mens en aktrise was Marga nie net nie.
Sal jou regtig mis Marga…..RIV.

Kotie ·

Ek persoonlik gaan haar mis
in stories wat vorentoe sou gewees het, dit was nou 1 aktrise wat n goeie rol vertolk het, sy het n program die moeite werd gemaak om te kyk, . het haar altyd beny met haar rolle wat sy vertolk het. Sterkte aan haar familie

Gys Muller ·

Ons innige simpatie en ons hou julle in ons gebede.
Liefdegroete Gys & Kietie Muller
Stywe drukkie xx

Jaco ·

Toe my ma nog gelewe het was sy absoluut mal oor jou. Miskien lag julle nou saam in die hemel.

Estelle Moorcroft ·

Rus in vrede.
Medelye aan familie & vriende.
Pragtige men’s & wonderlike aktrise, het haar so geniet.

Vanaf Kanada

Alma ·

RiV Ella. Jou plek sal nog baie lank leeg wees.Jy was d oorsaak van Lekkr lag in ons huis. Sterkte vr d familie.

Selfde hier ·

Selfde met ons, sy kon n vervelige dag opkikker, sy kon sommer n lekker kopklap gee en soms het dit regtig gelyk, briljante aktrise! Dankie vir die baie pret veral as jy so onskuldig n lekker stupid vraag vra of comment maak, jy het dit absoluut bemeester, sterkte aan die kinders&familie!

Suzette ·

Baie hartseer nuus. Sy gaan beslis gemis word. Innige simpatie aan die familie.

Kotie ·

So jammer om te hoor, sterkte aan familie en vriende. Weet iemand watse kanker sy gehad het?

Caroline ·

Ons gaan jou pittige segoed mis..Meegevoel aan haar familie..RUS SAG MARGA

Hannetjie ·

Weird nou net besig om vetkoek paleis te kyk…Wat n stunning aktrise. ..Rus in Vrede…

Leon ·

Wat ‘n verlies vir die teaterwêreld! Rus sag, Marga. Jou diep spoor staan duidelik. Sterkte aan die familie.

Petro ·

Rus sag liewe tannie Marga…wat ‘n legende en ons was mal oor jou xx

jaco ·

Ha bekendw se ding wat altud by my sal bly. ” ek sal j klap sat j snot sw zrrrrrrrr”. Sit was in vrou soek boer. Haar rol in Keratie Kalie was net so gr8. SA gaan j veseke mis tani

Dalene Potgieter ·

My innige simpatie vir kinders en familie. Gaan haar baie mis. Sys is nou daar waar ons eendag wil wees. Geen pyn meer ni. Dink aan julle. Sterkte.

sarie wheeler ·

Innige simpatie aan familie en vriende. Rus sag in Jesus arms. Marga. Jy gaan baie gemis word.

sonette griesel ·

Dit is baie hartseer. R.I.V en sterkte aan die familie. Sy was voorwaarlik n treat gewees om na te kyk!!!!

Scalla ·

Sterkte aan haar familie, sy was die puik aktrise wat vir baie vermaak en humor gesorg het, gaan u mis

Isabel Venter ·

Dit is baie hartseer. ‘n Groot leemte in die bedryf. RIP Marga en sterkte aan al haar geliefdes

Ronel ·

Wat n groot verlies vir Afrikaans televisie en teater. Rus sag tannie Marga.

Hanlie ·

Baie hartseer! Die teaterwereld het ‘n baie goeie aktrise verloor. My kinders is mal oor haar as Worsie se Ma……

Melanie Delaney ·

Sal jou nooit vergeet nie. Jy sal altyd ‘n spesiale plek in ons harte he. Dankie vir die pragtige herinneringe!

Gerhardt O ·

Gaan haar verseker mis. Die “koue” tee in “Mollie en Wors” was altyd baie snaaks vir my.

Hannelie Horn ·

My hart is seer. Was mal oor haar. Rus in vrede Marga ons sal jou NOOIT vergeet. Innige simpatie aan haar familie.

Lalla ·

Ek dink almal wat haar iewers op tv/verhoog/film gesien het sal n se-ding van haar onthou. Ek het haar by die premier van n Afrikaanse film ontmoet, en sy was so vriendelik met almal wat n foto wou he. Rus in vrede Worsie se ma. Jy het diep spore in ons harte getrap.

Hartseer ·

Rus sag Tannie Marga jyt vir ons net mooi hethinderinge nagelaat en jyself los n ongelooflike leemte id vermaak bedryf! Jy was n lieflike mens ek gaan jou toneekspel baie mis!
Sterkte aan almal wat so lief was vd merkwaardige vrou!
Tot weersiens Tannie Marga van Rooy??

Petra Brummer ·

‘n Groot verlies vir almal wat haar liefgehad het maar ‘n groot wins vir haar

Dessiré ·

Gaan tannie BAIE mis !!! Aii almal het geskaterlag wanneer ons tv gekyk het. RIV

Ekke ·

Jammer om te hoor sy is weg. Maar soos die oom van 80 gese het: vandat die dood in die land is is niemand meer sy lewe seker nie.

Aah nee! ·

Daar was net 1 tannie Stienie, 1 Fiela en 1 Ella. Sy was een van die grootste name in Afrikaans en al het ek haar nie geken nie was sy my gunsteling karakter. Begin smile as ek net sien sy speel ñ rol. Sy was amazing. Ek glo die hele SA gaan haar mis. Mag sy sag rus in Jesus se arms vanaand.

Louis ·

Haar beste rolprent was Papalap. Voorwaar n veteraan vir Afrikaans

NicoS ·

Ek is bly Maroela Media berig nie dat Marga haar stryd tren kanker verloor het, soos ander berigte dit stel nie. Dankie Maroela. Die stryd is nooit verlore nie. Paulus skryf dat die lewe Christus is en die dood ‘n wins.
Mag sy by die Here rus, maar verder lewe.

jaco ·

ouer lesers met ‘n liefde vir Afrikaanse letterkunde mag die volgende interessant vind: sy het in die eerste opvoering van NP Van Wyk Louw se drama “Die Pluimsaad Waai Ver” gespeel. Ek het die voorreg gehad om haar te ken, nie baie goed nie, maar goed genoeg om wonderlike stories oor die teaterwêreld, rolprente en TV te hoor.

E. Prins ·

RIV… uitstekende aktrise en groot verlies vir afrikaanse vermaak…… gaan haar baie mis

Etienne ·

Tannie Ella !! ?
Tannie Marga, een van ons Afrikaanse LEGENDS !! Wat gaan Afrikaans wees sonder haar, En haar goeie kop klap.
Wat se groot eer was dit nie om haar te sien in goeie afrikanse komedie nie.
So verloor Afrikaans een van die Meesters !

G.Bowers ·

Rus in vrede Marga. Dankie vir dit wat jy vir die kunste in ons land gebied het. Jy was ‘n fees van ‘n mens.Baie sterkte aan jou gesin, familie en vriende in die breë in hierdie tyd van rou.

Rina ·

My innige simpatie aan Marga v Rooy se familie en vriende. Haar dood is ń groot verlies vir Afrikaans en vir teater. Sal haar mis. Mag sy in vrede rus.

Jhanes ·

Waarlik n legende gewees mense sal seker tot in 2050 van haar praat as Ella maar ek onthou haar vir haar rol as Maaitjie in Matewis en Merraai

Charles ·

RIP tannie marga van rooy ons gaan tannie se goeie role mis tannie het ons almal altyd maak lag met worsie sy kop klape uit gedeel

Pieter B ·

Ai RIP tannie het altyd gese ek is bly ek het nie ‘n ma soos arme Worsie nie al daardie kop klape en die se goed wat sy gehad het veral die een “die familie gaan hiervan hoor” gaan jou mis :-(

Van ·

ag siestog, ek het haar gelief, sy was ‘n briljante aktrise, rus in vrede tannie :-(

Liza ·

Dis baie hartseer, wat ‘n fantastiese aktrise sal haar altyd onthou en sal jou mis Marga…Sterkte aan die familie en vriende en rus in vrede Marga……

Jane ·

RIV …groot gees in die dramawereld al die jare gewees. So ‘n natuurlike aktrise. Het altyd geniet om na haar te kyk. Dit is ‘n groot verlies vir ons. Sterkte aan haar familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

Schoeman ·

Syt haar lewe voluit gelewe… Dis die belangrikste. Dis wat tog tel op die einde van die dag. Mag meer van ons, ons drome leef… En nie net wens nie. Sterkte vir die Familie, sys verseker baie gelukkig.

BOLANDER ·

Ai dit is so hartseer. Wat ‘n wonderlike aktriese was sy nie!!!! Rus in vrede.

Ursula ·

Innige simpatie aan haar familie en vriende. S.A. het ‘n briljante aktrise verloor, maar sy het ‘n skat van herinneringe nagelaat. Ons sal haar mis.

Uvonka ·

Wat ‘n groot verlies!!!!!. Sy was by verre een van SA se beste aktrises. Ek sal haar altyd onthou vir haar puik spel in die Flooze se musiekvideo, Hoezit my Tjomma, dit was skreeusnaaks. My inning simpatie aan familielede. RIV

Nita ·

Die Vrou het ons , as vroue , baie ondersteun met haar “spel” en ek sal haar verseker baie mis op TV ens. RIP Marga. Jy sal verseker nie vergeet word nie….

Stephanus Roux ·

Groot verlies vir ons. Die byl val in die bos. Min groot bome oor.

Magda ·

Innige simpatie aan die familie, sy sal in ons huis gemis word. Het al haar tv reekse en flieks baie geniet. RIV

KOOS ·

Onthou haar van die plaas Matjiesvlei, Burgersdorp. Medelye aan familie . Groot LEGENDE gewees.

Chris ·

Oeee! Die pyyyyn! Weet jy wat is pyyyn? Sy het ons laat skaterlag! Formidabele aktrise. RIV

Eric ·

Een van die bestes is nou weg. RIV. Sal Tannie vir altyd onthou.

Andre en Rachelle ·

Ons was in die 80’s bure van tannie Marga hulle in Hermanus. Hulle het n vakansie huis in Hermanus. My seuns is gek oor vetkoekpaleis. Hy kyk dit nou nog op DVD. Sy gaan gemis word. ‘n Pragtige mens gewees. Rus salig tannie Marga.

JoJo ·

Dis hartseer?
Ek was gek oor haar,sal steeds bly!Sy sal altyd een van die beste aktrises bly!Suid Afrika het groot veloor.Rus sag,Ons sal jou mis.Dankie vir die lekker lag op tv wat U agter gelaat het.➕

Emmy du plessis ·

Jammer om van tannie Marga Se afsterwe te Hoor. Ons innige simpatie en sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.