Maria Ramos nuwe voorsitter by AngloGold Ashanti

Maria Ramos. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Maria Ramos is Dinsdag aangewys as die nuwe voorsitter van AngloGold Ashanti se raad ná die bedanking van Sipho Pityana uit die pos.

Ramos neem dadelik die tuig op.

Sy is sedert verlede jaar ʼn direkteur van die raad. Die maatskappy sê Ramos het uitsonderlike ervaring in die bestuur van ondernemings in die private en openbare sektor.

“Me. Ramos het uitgebreide kommersiële ondervinding in die bankbedryf en het prominente poste in Suid-Afrika beklee,” lui ʼn verklaring van die maatskappy.

Ramos was 10 jaar lank die uitvoerende hoof van Absa, een van die grootste banke in Afrika, en het in Februarie verlede jaar afgetree. Sy was voor dit die uitvoerende groephoof van Transnet en is ʼn voormalige direkteur-generaal van die nasionale tesourie waar sy ʼn deurslaggewende rol gespeel het in die transformasie van die tesourie in een van die mees doeltreffende staatsdepartemente.

Die raad het Pityana vir sy diens bedank. Hy is sedert 2014 voorsitter van die raad. Die maatskappy sê veiligheid by die maatskappy het in hierdie tyd beduidend verbeter en die maatskappy het sy skuld aansienlik verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

RS ·

Nou gaan sy hulle bankrot werk en maak soos sy met Absa gemaak het.

Jims ·

Nou vertel ons presies wat sy met Absa gemaak het. Jy klink baie seker van jouself.

Henro ·

Sedert sy aan bestuur gekom het in 2009 was Absa se aandele op die JSE die swakste van alle handelsbanke in SA. Onder haar bestuur het dit die bank amper ‘n jaar gevat om die Guptas se Oakbay rekening te vries. Verder het Absa die meest kliënte van alle banke afgestaan in die tydperk. Hulle was gereken as die mees oneffektiefste en bank met die swakste visie en vooruitgaan van alle banke. Hulle huislening en voertuiglenings het die meeste gedaal van alle banke.

Van Transnet het sy nie veel beter gedoen nie, behalwe dat hulle minder skuldlas gehad het toe sy die firma verlaat het. Maar dit was toegeskry aan klomp bates, bv groot dele van tafelbaai hawe wat verkoop is in haar termyn.

Scroobs ·

En sy het haar pos gekoop. Gister ‘n insetsel gekyk wat op die TV was en sy pertinent genoem is as een van die skenkers tot die CR17 fonds. Aspen was ook een vd donateurs. Sunday Independent het die lys name gepubliseer. Die skenkings was ná die konferensie gemaak en dit maak dit uiters verdag.

Aai ·

Toe sy vir transnet gewerk het het sy niks gedoen net hulle eiendom verkoop om dinge beter te laat lyk en Absa praat ons nie eers oor.

JohanR ·

Totsiens Anglo Gold Ashanti. In Engels se mens “what were you thinking!” Jullen kon maar net soewel vir Dudi Myeni aangestel het.

Harry ·

Ongelukkig die bates wat verkoop was onder haar toesig was Transnet se pensioen fonds bates.

Aai ·

Sy het niks vir transnet gedoen behalwe hulle bates verkoop ‘n kind kan dit ook doen om op te bou is die regte ding om te doen nie om te verkoop.

JohanR ·

Ek was maar net altyd ‘n “small fry” in die werkplek en nooit ‘n voorsitter nie. Nou vra ek hoe werk die voorsitter storie? Gaan jy een maal elke drie maande na ‘n lekker gerieflike raadsaal toe met kos en drank, dan sit jy saam met 15 ander om die tafel en “shoot the breeze” en dan gee hulle jou R750000, en jy gaan huis toe vir nog drie maande?

Klaas ·

Jou dag op kantoor is oppad, Ramos! Ek dink nie dit gaan 10 uur tee breek haal nie.

Chris ·

O wee, besef die maatskappy wat is op pad. Kreatiewe boekhouding met die regte maatjies, kul jou hier kul jou daar en siedaar. Die dame het ‘n skitterende rekord van fiaskonale, proporsioneel, onbeskryflike afskuwelike wandade in die korporatiewe wereld. Sy het die gawe om klein fortuine vir maatskappye te maak. Sy vat ‘n groot maatskappy en plunder hom tot dit ‘n klein fortuin oor is.

Hennie ·

Praat van kader ontplooiing… Van “struggle hero” tot multi miljoenêr tjop tjop….

Objektief ·

Transnet in sy dinges in; Absa van grootste no 5 de grootste in die landonder har betuur. Nie sleg vir n bankklerk nie; kort net die regte politieke blootstelling

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou ‘n vrou wat dinge kan regruk! Spoorweë, ABSA, nou AngloGold. Sy mag gemengde sukses hê, maar niemand sal stry dat die besighede baie beter nou daaraan toe is as voordat sy oorgeneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.