Marikana-families eis vergoeding van minister

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die families van die 37 mynwerkers wat in Augustus 2012 by Marikana doodgeskiet is, het siviele eise teen die minister van polisie by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Die families word deur die Instituut vir Sosio-ekonomiese Regte (Seri)‚ die Regshulpbronsentrum (LRC) en Wits se regskliniek verteenwoordig. Die drie instansies het Dinsdag ʼn verklaring uitgereik waarin hulle sê die mynwerkers wat deur die polisie doodgeskiet is, was hoofsaaklik die enigste broodwinners in hul families.

“Hulle moes groot, uitgebreide families met hul karige inkomste onderhou. Altesaam 326 afhanklikes het op die oorledenes se inkomste staatgemaak. Hulle families wat in Noordwes, Gauteng en die Oos-Kaap woon, asook in Lesotho en Swaziland, leef in onuithoudbare armoedige omstandighede. Ten spyte van welwillendheidsondersteuning van liefdadigheidsorganisasies en kerke, bly hulle steeds armlastig sedert [die mynwerkers] se dood.”

Die families eis vergoeding vir die finansiële verlies wat hul gely het nadat hul familielede doodgeskiet is, asook die emosionele skok wat die dood van hul mans, pa’s, broers en versorgers veroorsaak het. Hulle eis ook vir mediese uitgawes vir sielkundige en psigiatriese behandeling en die verlies van hul familielewens en ouerlike sorg.

“Die families eis ook dat die minister van polisie amptelik verskoning vra vir die verlies van hul geliefdes. ʼn Verskoning sal die nodige afsluiting aan die families gee wat voel dat die Suid-Afrikaanse regering hulle versaak het.”

Kathleen Hardy, Seri-prokureur vir die families, het gesê ʼn siviele eis behoort eintlik nie nodig te wees nie, aangesien die media en beeldmateriaal dit duidelik gemaak het dat die polisie verantwoordelik is vir die sterftes daardie dag. “Ons hoop dat die minister die behoefte vir dringende vergoeding aan die families ná hierdie mans se dood sal insien.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ladybug ·

Julle kan hope geld eis van die Minister,, maar die polisielede wat die deur die myners vermoor is se families moet tevrede wees met ‘n skamele R200k, wat hul seker nog oor moet sal baklei om te kry!

Is enigiemand al aangekeer vir die moorde op die polisielede en die sekuriteitswagte? Nee, dit is mos nie ter sake nie!

Ek is al so SIEK vir hierdie storie, wanneer gaan dit einde kry?

pop ·

Ladybug dis nou n goeie vraag. wie moet nou opdok vir elke moord wat gepleeg word. Daar word groot ophef gemaak van die hele gedoente maar ons hoor nooit enigiets van al die baie ander moorde in die land nie. As ek dit nie op maroela lees nie sal ek ook salig onbewus wees.Ek dink die staat moet begin opdok in stede daarvan om ryk te word uit al die misdaad.

Hennie ·

Laat ons nou maar reguit praat vandag: daardie mynwerkers wou nie net met die polisie gesels nie. As die polisie hulle nie geskiet het nie, was elke polisieman doodgemaak. Hulle het mutis gedrink om kamma onsigbaar te wees, en op die film is dit duidelik dat hulle ‘n “gevegs passie” uitgevoer het met hulle kieries en assegaaie, beslis nie om hulle vriendelikheid te bewys nie. As die oorledenes dan so getrou vir hulle afhanklikes omgegee en gesorg het, waarom het hulle nie verantwoordelikheid toegepas nie? Mag mens dit nie vra nie, of is dit taboe om te verwag dat hulle die term verantwoordelikheid ken?

annette duvenhage ·

Hennie ek stem saam met jou. Liewe land die poliesielede wat dood gemaak is moet tevrede wees met wat hulle kry deurdat die barbare hulle voor die voet doodgemaak het….nou wil hulle familie eis…vir wat omdat die poliesie hulleself verdedig het teen die oormag… liewe land waar gaan dit eindig…die goed skree net geld geld geld en die belasting betaler moet maar hoes.

JWK ·

Hennie en kie. Ek onthou die eTV nuus daardie aand. Met 4 verskillende kameras, uit 4 verskillende hoeke op dieselfde tydstip, het ‘n “betoger ” met ‘n revolver op SAPS geskiet. SAPS het hierop met skerp ammunisie geantwoord. Ja, dalk het SAPS foute gemaak gedurende daardie operasie, maar om SAPS van moord te beskuldig is verregaande!!! Was hierdie video vir die kommisie van ondersoek gewys? Ek wonder waar mors ons meer geld, Marikana of Nkandla

Johannes Meintjes ·

Die beginsels van skadevergoeding moet moontlik ook beut word vir die families van plaasmoorde en vir die Volksskatkis n.a.v. die Britse geskroeide aarde en konsentrasiekamp optrede in SA.

anita ·

Gaan elke pa wat n broodwinner is, wat vermoor word in suid afrika, ,, kan sy vrou en kinders ook vergoeding ontvang…want die meeste moorde word gepleeg deur skurke wat uit tronke stap..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.