Marikana-huise: Inwoners glo verjaag

Een van die huise van die Marikana-behuisingsprojek. Foto: www.dhs.gov.za

Een van die huise van die Marikana-behuisingsprojek. Foto: www.dhs.gov.za

Inwoners van Marikana in Noordwes wat verlede week huise as deel van die ANC se 104de verjaardagviering ontvang het, word glo gedreig en geïntimideer.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het huise aan Dorah Diremela en Piet Tlou oorhandig. Sedert 34 mynwerkers in 2012 deur die polisie doodgeskiet is, heers daar ʼn gespanne toestand in dié gebied wat polities deur die EFF beheer word.

Na wat verneem word, het ʼn groep mense Tlou se huis binnegestorm en hom uitgejaag. “Ons het hom sedert Vrydag nie weer gesien nie,” het ʼn gemeenskapslid gesê.

Diremela het egter gesê sy laat haar nie intimideer nie. “Dit is my huis dié, ek gaan nêrens nie.”

Marikana-mynwerkers is van mening dat hulle die begunstigdes moet wees van huise wat in dié gebied gebou word, as vergoeding vir die gebeure in 2012. Die stakende mynwerkers het destyds aangedring op ʼn minimumloon van R12 500.

Die regering se Marikana-behuisingsprojek het reeds 544 huise aan inwoners beskikbaar gestel. Die doel van dié projek is om “ou myndorpe op te knap en waardigheid aan inwoners te gee”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

StopTheMadness ·

Is die huise gebou deur die regering of die regerende party? Ek glo dit was die regering, dus ons belasting geld. Waarom dan vorm die oorhandiging van die huise deel van die ANC se 104de verjaarsdag? Die lyn tussen party en staat is baie baie dof. StopTheMadness!

Sipho ·

En na die lang staking moes die myn skagte toemaak en werkers verminder so wie is dan eintlik die wenners??

Trolle ·

Toemaar julle het huis elkgeval verniet gekry nie so baie daar om te verloor nie,ons ander mense sit met geweldige stres elke maand om huise te probeer betaal om dak oor ons kop te he anders vat die bank dit terug.Salaris is net genoeg om huis te kan betaal en dan moet jy maar naweke en saans werk om kos op tafel te sit.

Johann Marx ·

Daar is maniere om ‘n ding gedoen te kry, en daar is maniere om ‘n ding gedoen te kry. As dit my projek was om vir mense behuising te verskaf, sou ek dit NIE gedoen het nie. As mens iets verniet kry, heg jy geen waarde daaraan nie. Ek sou vir elkeen wat ‘n huis wou hê ‘n rentevrye lening toestaan….sodat hy of sy ‘n huis kan bou (van dieselfde grootte as wat hulle nou uitdeel). Die ontvanger van die huis kan die rentevrye lening terug betaal soos hy dit kan bekostig….(10% van enige inkomste wat hy of sy genereer). Dit sal tot gevolg hê dat die huis ontvanger sal begin WERK…..as hy ‘n huis wil hê. Dit sal tot gevolg hê dat hy of sy verantwoordeliheid sal neem vir daardie eiendom, dit oppas, en dit sal versorg. Dit sal tot gevolg hê dat daar meer geld beskikbaar sal wees om vir meer mense rente-vrye lengings te gee, sodat hulle huise kan bou. Ek sou misdaad vasgevat het. As ons AL die bakstene wat tans in “sekuriteitsmure” ingemessel word, nie nodig gehad het vir sekuriteitsmure nie, was daar genoeg bakstene om vir baie meer mense huise te bou. Ek sê weer….daar is maniere om ‘n ding te doen, en daar is maniere om ‘n ding te doen. Die manier waarop “gratis” alles net gegee en oorhandig word, het geen standhoudende voordele vir enige iemand nie. Gratis huise word verkoop….en die opbrengs verkwis. Mense word verneuk uit hulle huise uit. Daar is ‘n konstante bakleiery oor wie kry wat waar. Daar is altyd die gevoel van “onregverdigheid”….en niks is werklik ooit verniet nie. As iemand ‘n huis vir “verniet” kry, beteken dit iemand anders het daarvoor betaal. Ek sê maar net….

anita ·

Met die rente koerse wat weer opgaan, en elektrisiteit wat 17%wil opgaan as eskom hul sin kry, die fees must fall..is dit regtig nie te sleg vir n werklose persoon om n huis te kry ..hulle bly verniet, hul gebruik krag verniet, hul gaan universiteit toe verniet..en JA my man moet jaarliks belasting inbetaal!! Wat ry ons werkende mense, ou karre,bly in meenthuise,, kinders in gewone skole!wie gaan oor n paar jaar vir al die goed betaal..my man maak kla volgende jaar werk, so nog een belasting betaler se geld nie beskikbaar nie…my seun imegreer…sterkte anc jul gaan te laat wakker skrik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.