Marikana-konstruksiewerkers vra Mathunjwa se hulp

Joseph Mathunjwa, president van Amcu (Foto: ANA)

Konstruksiewerkers by twee skagte van Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg in Noordwes, wil hê Amcu-president Joseph Mathunjwa moet ingryp in hul loononderhandelinge.

“Ons is lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en werk by East 1 en West 1. Ons wil hê mnr. Mathunjwa moet ons kom help, want ons streek doen nie enigiets om ons te help nie,” het een van die werkers, wat anoniem wou bly, gesê. “Die tak se leierskap het hul bes gedoen om ons te ondersteun, maar alles staan stil nadat dit na die streek verwys is. Ons kry nie enige terugvoer of vordering oor die loonkwessie nie.”

ʼn Groot groep werknemers het in Wonderkop vergader om hul probleme te bespreek. ʼn Salarisverhoging moes al op 1 Julie in werking getree het, maar hulle is al sedert Februarie besig loononderhandelinge. Hulle wil ook dieselfde salaris ontvang as hul eweknieë by Lonmin.

“Ons doen dieselfde werk as Lonmin-werknemers, maar ons kry ʼn ander salaris. Die kleinste salaris is R4 800 per maand en Lonmin kry meer as R10 000 per maand.” Hy het gesê die persoon wat die kleinste salaris ontvang, moet minstens R7 000 huis toe kan vat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

As jy die beginsel van:
om R7000-00 te verdien moet jy R7000-00 se werk verrig begin verstaan, dan sal jou werkgewer dit raaksien en jou daarvolgens vergoed..

Landi ·

Hahaha se ek ook. Daar was niks fout ten tye van aanvaarding vd werk nie. Gaan kry n ander werk waar hulle geld van die bome afpluk. Duidelik is die wergewer se belange nie op die werknemer se hart nie. Verstaan ook nie wat jy insit sal jy uitkry. Geen insig vir struikelende ekonomie en dat jy bloed nie uit n klip kan tap nie. Staak eerder, maak maatskappy seer, maatskappy maak toe, en meer as een ongelukkige, ondankbare luiaard sit sonder werk. En die res volg….bakhand staan, brande en kriminele optredes en aksies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.