Marikana-moord: Agt hoor hul lot

Argieffoto.

Die agt mans wat beskuldig is van die moord op Sabata Petros Chale het Dinsdag hul lot in die Noordwes-hooggeregshof gehoor.

Regter Ronnie Hendricks het in sy uitspraak gesê die staat het sy saak teen Aubrey Seitsang, Sibonile Sobopha, Herbert Baqhesi, William Nyenyane, Samson Gqwetani, Gift Luveli, Luvo Soyizwaphi en Mzolisi Mbulana bo redelike twyfel bewys.

Hendricks het in sy uitspraak die mans se verweer verwerp dat hulle nie deelgeneem het aan Chale (39) se wrede moord op 8 Desember 2016 in Marikana nie.

Chale is met spiese en pangas doodgekap. Hy het ook verskeie steekwonde opgedoen. Die hof het gehoor sy aanvallers het sy bloed gedrink nadat hy vermoor is, vermoedelik oor die toekenning van laekostebehuising in Marikana-Wes.

“Al die beskuldigdes het die vergadering op 8 Desember by die Marikana-polisiestasie bygewoon. Dit is opvallend dat nie een van hulle mekaar gesien het nie en hoe almal beweer hulle is ná die tyd huis toe en dat hulle nie die oorledene geken het nie,” het Hendricks gesê voor hy hulle almal skuldig bevind het op aanklag van moord.

Hendricks het Dinsdag ook sy vonnisoplegging gelewer en al die beskuldigdes tot 20 jaar elk tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

pieter ·

Mnr Hendricks, jy word by n groot aantal sake benodig om soortgelyke uitsprake te lewer. Waar was jy al die jare?

tamboti ·

Nee wag, hoekom is maksimum straf van lewenslank nie uitgespreek nie. Dit was immers uiters wreedaardig en duidelik vooraf beplan en met geen provokasie of ander rede uitgevoer as teregstelling nie!

Tanzie ·

Tamboti, ek stem nogal met jou saam. Hy is wreedaardig vermoor en niks minder as lewenslank is veronderstel om hulle lot te wees. Skandelik!!!

Wolf ·

20 Jaar? Hemel nee. die ou wat vermoor is, het met sy lewe betaal en is verewig gebere. Waar is die geregtigheid hierin?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.