Marikana-mynwerkers dreig om huise onwettig te beset

Argieffoto.

Argieffoto.

Mynwerkers in Marikana dreig om huise onwettig te beset aangesien hulle van mening is die huise is vir hulle gebou.

Die Noordwes-portefeuljekomitee oor plaaslike regering en menslike nedersetting het Vrydag ʼn oorsigbesoek by die Marikana-behuisingsprojek gedoen. Volgens Eric Mondleki, ʼn wykskomiteelid verantwoordelik vir infrastruktuur, is mynwerkers, spesifiek dié van Lonmin, onder die indruk dat die huise vir hulle gebou is.

“Hulle verstaan dat hulle nie die HOP-huise kan bewoon nie, maar sê indien hulle nie kamers in die huise gegee word nie gaan hulle die deure oopskop en die huise onwettig beset,” het Mondleki gesê. “Hulle weet die stuk grond behoort aan Lonmin en dat die myn beloof het om dit te ontwikkel en huise vir hulle te bou. Nou word die huise gebou en hulle dink die huise is vir hulle. Dit is ʼn ernstige probleem wat nou aandag moet kry.”

Die Noordwes-regering het R462 miljoen toegeken vir die oprig van huise. Die regering wil ʼn totaal van 2 658 wonings bou, waaronder 535 HOP-huise, 2 089 gesubsidieerde huurwoonstelle en 34 gefinansierde huise wat gekoppel is aan ʼn individuele subsidieprogram.

Mondleki het aan Motlalepule Rosho, voorsitter van die komitee, voorgestel dat ʼn vergadering gereël moet word waar Lonmin teenwoordig is en dat die myn voorgesê moet word om met sy werknemers te kommunikeer en vir hulle te sê dat hulle nie net huise gaan kry omdat hulle by die myn werk nie.

“Die probleem is dat toe die grond aan die regering geskenk is, die werkers nie amptelik ingelig is oor die nuwe ontwikkeling nie. Lonmin moet dit aan sy werkers kommunikeer.” In die weste van Marikana, ʼn klipgooi van Lonmin se Karee-myn, is daar plakkershutte in byna elke erf.

“Dit is agterplaasbewoners, die meeste is mynwerkers. Hulle huur ‘n eenkamerplakkershut en het geen privaatheid nie. ’n Mens kan die frustrasie wat hierdie werkers ervaar verstaan,” het Mondleki gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die bakhand sindroom is n ernstige geestestoestand.

Pieter van der Grijp ·

Bakhand staan is een ding menere. Maar dis nie die probleem nie. Kultureel het hierdie ouens ‘n wanpersepsie wat geskep is oor meer as een geslag. Hul hét immers gewerk. Al is dit nou voor hul gestaak het en voor Zuma se polisie hul vol gate geskiet het omdat hul te ‘lui’ was om die status quo te handhaaf. Mynsinsiens is dit ‘n oordrewe verwagting in verhouding tot die inspanning wat in die eerste plek geoffer is. Maar die arme goed, nes die deursnee Afrikaner van die 70’s en 80’s, is geneig om te glo dis hulle beurt. Sonder om werklik die arbeid te verstaan wat nodig is om bo ‘myner wees’ uit te styg. Maar ook uiters vatbaar vir n verwagting wat geskep is deur lewenslank vas te kyk in wat die anderkant kon regkry met skynbaar dieselfde effort. Let’s face it, as my regering my ‘n huis belowe al vir 20 jaar lank, en ek myself in die ouderdomsgroep bevind wat hulself vatbaar maak vir daardie propaganda, dan sou ek ook die eerste beste huis vir myself toe-eien indien die geleentheid hom sou opdoen. Ek sou ‘n stap verder gaan en dit nasionalisme noem. Ek weet egter van beter en wonder of iemand ooit iewers hul stem van rede gaan wees. Of hul gaan bystaan sonder om hul uit te buit vir politieke redes.

Hansie ·

Pieter, jy het ‘n punt! Ek wonder net wanneer gaan hulle besef die regering se beloftes is leeg en soek net stemme by die stembus…..

MARTIN ·

Man ons regering het nou ‘n groot probleem. Hulle moet nou besluit wanneer skiet hulle en wanneer gee hulle.

Seookmanet ·

Ek sien ‘n wildsplaas van 13000 hektaar in die Kalahari, en ek glo dis vi MY gebou…Ek soek dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.