Marikana-mynwerkers stel reuse-eis in

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die families van Marikana-mynwerkers wat in hegtenis geneem en beseer is, het eise van R1 miljard ingestel.

“Ons het eise ingestel rakende die voorval waarin drie mense geskiet en gewond is op 10 Augustus 2012. Ons het ʼn eis ingedien rakende die twee mense wat op 11 Augustus geskiet is. Ons wil hê die National Union of Mineworkers (NUM) moet hulle betaal,” het adv. Dali Mpofu, wat die mynwerkers verteenwoordig wat in hegtenis geneem en beseer is, gesê.

Mpofu het gesê die eise is teen die minister van polisie, die NUM en Lonmin ingedien. “Ons het eise vir 336 mense ingedien. Dit sluit die werkers in wat op 16 Augustus 2012 beseer en in hegtenis geneem is. Ons wil ook hê dat die bevindings van die Farlam Kommissie van Ondersoek hersien moet word.”

Minstens 44 mense is dood tydens ʼn gewelddadige staking by Lonmin se Marikana-myn in Augustus 2012. Nagenoeg 28 000 mynwerkers het gestaak en op ʼn salaris van R12 500 aangedring.

Op 16 Augustus 2012 is 34 mynwerkers deur die polisie doodgeskiet. Tien mense, onder wie twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte van Lonmin, is in die voorafgaande week doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kobus pieterse ·

Indien eise toegestaan word aan geweldadige betogers moet boere se gesinne en alle slagoffers van moorde se eise wat duisende miljarde rande kan ophoop ook toegestaan word

scalla ·

Stel die eise in teen julle unies, hulle is mos die voorbokke wat voorskryf wat om te doen,

neelsie ·

Kan nie verstaan nie……..wat van die veiligheidspersoneel wat vermoor is?
Gaan hulle ook vergoed word?
Die gierigheid van die mense verbaas my!

Leeutjie ·

Ek sukkel om my mond te hou….maar as hul nie gestaak het nie en hulle werk gedoen het, sou hulle vandag nog geleef het! Nou moet die belastingbetaler opdok vir hulle dade!! Ek wil stik so absurd is dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.