Marikana-verslag lê blaam voor Phiyega se deur

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se pos is in die gedrang nadat die Farlam-kommissie beveel het dat ʼn ondersoek gedoen word na haar geskiktheid om haar amp te beklee.

Die kommissie het in sy verslag die skuld vir die tragedie op die polisie se leierskorps gepak. Daar is onder meer gesê dat die polisie die publiek probeer mislei het deur voor te gee dat hulle in selfverdediging opgetree het. Zuma het intussen aan Phiyega geskryf en haar ingelig oor die bevindings teen haar.

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand die verslag van 646 bladsye bekend gemaak. Die verslag onthef regeringshoë gesagsdraers soos adjunkpres. Cyril Ramaphosa en ander ministers van enige blaam.

Pres. Zuma het die Farlam-kommissie aangestel nadat daar op 16 Augustus 2012 altesaam 34 stakende mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is by Lonmin se Marikana-myn. Minstens 10 mense is in die voorafgaande geweld dood.

Die kommissie se verslag het ook ewe verdoemende bevindings teen Zukiswa Mbombo, oudpolisiehoof in Noordwes wat verlede maand uitgetree het. Die kommissie het ook beveel dat ʼn ondersoek gedoen word na haar geskiktheid om haar amp te beklee.

Zuma het tydens sy opsomming van die verslag gesê die polisie het voortydig opgetree. Indien hulle nog ʼn dag gewag het in plaas van om die koppie op 16 Augustus te bestorm, kon dit stakers se lewens red. “Die kommissie het bevind dat dit onmoontlik sou wees om die stakers op 16 Augustus uiteen te jaag en te ontwapen. Die polisie moes tot die volgende dag gewag het, wanneer die oorspronklike omsingelingsplan, wat aansienlik risikovry was, in werking gestel kon word.”

Die kommissie het bevind dat die polisie se optrede ʼn gebrek aan “beheer en bevel” gehad het. Die kommissie het ook bevind dat Lonmin onder meer verkeerd opgetree het deur niestakende werkers te dwing om werk toe te kom terwyl hulle nie hul veiligheid kon verseker nie. Die verslag het ook die vakbonde AMCU en NUM gekritiseer omdat hulle nie voldoende beheer oor hul lede uitgeoefen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

scalla ·

Ondersoek na haar geskiktheid, die taak moes verrig gewees het voor die gat oor kop aanstelling, een groot onbevoegde grap

Gerhard Bezuidenhout ·

Sy gaan seker ook n massiewe goue handdruk kry. Dit sal interessant wees om te sien hoeveel miljoene Rand al aan onbevoegte kaders betaal is . Zuma behoort persoonlik verantwoordelik gehou te word vir die terugbetaling van die geld.

CHRISTA ·

Ek dink haar gou handdruk gaan ook weer ‘undercover’ gedoen word. Ons sal verseker nie van die bedrag in kennis gestel word nie!!

Francois ·

Natuurlik….hulle wil elke sent van ons op hulsef gebruik….die land is klaar bankrot, soos Zimbabwe.

Eddie ·

Ek weet regtig nie meer nie. Hierdie hele land van ons is besig om uitmekaar te val met mense wat in poste gesit word wat nie daar hoort nie. Ek gee julle n brief sy het seker laerskool spoeg en plak en nou is sy in n pos gesit wat jy moet dink. Dieselfde kan van die res van haar klasmaats gese word. Kyk na Zuma. Regtig !!!!!!!!!! het die IK van n 10 jaar oue kind en nou wil die n land regeer. Ek kan aangaan met die lys maar ek dink julle kry die idee. Dit is regtig tragies om te dink ons as Suid Afrika het sulke klomp narre wat in sulke poste geplaas word om die land te regeer. Mag die Here met ons wees.

Debs ·

Gaan sy ook ‘n goue handdruk kry soos Eskom ??? Daar gaan ons belasting betalers se geld al weer…..

Uys ·

Farlim verslag in kort: Staakende myners mag Polisielede wreed vermoor. Polisie mag nie skiet nie.

HENNA ·

SJOE mense – wanneer gaan ons begin ‘saam staan’ en saam optree
dit gaan net weekliks slegter en slegter in die land ?

Christo ·

Soos dit maar gaan in ‘n demokratiese bestel moet iemand ongelukkig die skuld kry. Sy sal maar die blaam moet dra vir ons regering en almal wat betrokke was.

Berhalet Beukes ·

Ramaphosa word vrygespreek van enige verantwoordelikheid en nou gaan die dom patsy wat volgende in lyn staan, les opsê. Laat dit vir haar ‘n les wees! Ai, die politieke blaam verskuiwing! Op die ou end is almal is ewe oneerlik, onbevoeg, onverantwoordelik en onbetroubaar!

Malinda ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie, moet die polisie nou maar net staan en aangeval word. Daardie myners het gesoek daarvoor. Maar in elk geval sal ek sê raak ontslae van almal wat nie hul land se mense se belange op hul hart dra nie maar net daar is om hande te hou ensbv

Eddie ·

Jammer Se Maar Net en al die 10 jaar oue kinders jy het n punt. Eish!!!!!!!!!!!!!

ladybug ·

‘n blinde man met ‘n stok kon aanvoel Phiyega is nie geskik vir haar pos as polisiehoof nie! Net so onbekwaam soos die een wat haar aangestel het en sy trawante in die parlement!

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Stop critizing you negative folks who just want to critize our government but start building our beloved country collectively as a nation. Some of you folks keep on being negative people which I would never like to be around for any amount of money. It is however pretty sad to see and I am assuming that these are supposed to be all well educated people or with the one or other good skill who could have made a worthy contibution for the betterment of South Africa, but wasting precious time, resources and money and who are all acting like “…..” and all they could do are to critize our government. And, on the flipside they are all cowards by doing so in a newspaper or form media which the vast majority of people are for obvious reasons not interested in. “Skaam julle en kom reg. Kom uit die ou verkrampte Suid-Afrika en word eerstens vernuwe in Christus en kom woon dan in my land Suid Afrika”. I cant change your filthy | negative | critizing heart and thoughts only God, can but you dont want to change at all. You all will be dying that way and no spiritual or any changes in your own lifetimes at all in order to inheriting a place in heaven. What I have with all due respect notice from you folks that you guys are very” good”let me put it to you very plainly in colluding against others even when you dont know or have the facts. And, plenty examples could be made in order to corroborate such a point like in all of your negative comments, Stop your racist attitudes and start building South Africa.

CHRISTA ·

Paulus, dis maklik om aan die anderkant van die draad te staan en vir mense wat daagliks aangeval, verkrag, vermoor word te preek!! Kyk na Zuma: hy moes amper R250 miljoen rand spandeer om HOM veilig te hou!!! Wat sê dit vir jou van wet en orde in ons land? Dat wil ek graag weet: Wat het jou die pad laat vat, vriend?

pieta ·

Christa, ek stem saam met jou, ek wonder ook waar het hierdie sogenaamde “Capt” uit die boom geval? Ek persoonlik dink hy is ook maar ‘n politieke / kader aanstelling gewees. Natuurlik is hy met ‘n “handdrukkie“`’ weg, soos al die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.