
Onrus in Marikana, Augustus 2012
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa kan nie aanspreeklik gehou word vir die afsterwe van 34 myners by Marikana nie, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
“Die Kommissie van Ondersoek oor die skietery het bevind dat mnr. Ramaphosa nie die oorsaak van die massamoord was nie en die beskuldigings teen hom het geen gronde nie,” het Zuma gesê terwyl hy die langverwagte verslag in ‘n regstreekse televisie-uitsending voorgelees het.
Zuma het gesê hy het ‘n skrywe aan Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, gerig oor sake wat haar raak.
Meer inligting volg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Het enige iemand op enige plek enigsins gedink die uitslag sou anders wees? Riah Phiyega is nou in die visier. Sy gaan nou skuldig bevind word aan een of ander iets. Sy kry ‘n goue handdruk en dan word sy “herontplooi” en die Marikana sage word as afgehandel gesien.
Net soos jy daar se, ons het dit verwag. So gaan dit bly. Die een na die ander sal hulle hul agter ente beskerm. Maar wag tot die dag wanneer een so diep in die K…K is dat hy nie daar uit kan kom nie dan gaan hulle op mekaar skreeu en uit verkoop soos jy nog nooit in jou lewe gesien het nie.
Hulle is meesters om te lieg en te bedrieg en dink die pubbliek is poepolle. Op die einde weer appartheid en Jan van Riebeeck se skuld. Sjame!!
Let wel, voorgelees, eerder onbereid voorgelees
Daar word so oortuigend gelieg, hul glo hul self.