Adjunkpresident Cyril Ramaphosa kan nie aanspreeklik gehou word vir die afsterwe van 34 myners by Marikana nie, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
“Die Kommissie van Ondersoek oor die skietery het bevind dat mnr. Ramaphosa nie die oorsaak van die massamoord was nie en die beskuldigings teen hom het geen gronde nie,” het Zuma gesê terwyl hy die langverwagte verslag in ‘n regstreekse televisie-uitsending voorgelees het.
Zuma het gesê hy het ‘n skrywe aan Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, gerig oor sake wat haar raak.
Meer inligting volg.
Het enige iemand op enige plek enigsins gedink die uitslag sou anders wees? Riah Phiyega is nou in die visier. Sy gaan nou skuldig bevind word aan een of ander iets. Sy kry ‘n goue handdruk en dan word sy “herontplooi” en die Marikana sage word as afgehandel gesien.
Net soos jy daar se, ons het dit verwag. So gaan dit bly. Die een na die ander sal hulle hul agter ente beskerm. Maar wag tot die dag wanneer een so diep in die K…K is dat hy nie daar uit kan kom nie dan gaan hulle op mekaar skreeu en uit verkoop soos jy nog nooit in jou lewe gesien het nie.
@Swanna. Ek stem saam met jou. Ek kan nie WAG vir daai dag nie.
Hulle is meesters om te lieg en te bedrieg en dink die pubbliek is poepolle. Op die einde weer appartheid en Jan van Riebeeck se skuld. Sjame!!
Let wel, voorgelees, eerder onbereid voorgelees
Daar word so oortuigend gelieg, hul glo hul self.
Ja. Wanneer sal die regering en sy lakeie ooit verantwoordboor wees vir hierdie soort gemors. Blameer nou vir Phiyega wat geen benul het van wat aangaan nie. Was nooit n polisie beampte nie en toe die volgende Kommissaris? Zuma is verantwoordelik vir hierdie gemors en niemand anders nie!!
Maak vrede daarmee: Zuma die zombie regeer – hy weet nie eers wat op sy EIE PRIVAAT EIENDOM aangaan nie. Dink julle hy gee om wat in ons land aangaan? Solank hy net elke maand sy vet tjek kry en ‘n paleis vir hmself kan bou met ons belastingbetalers se geld!!! (All the Nations Criminals!!!)
Dit sal nogal interessant wees om die paralelle en verskille tussen Sharpeville en Marikana te trek. My vermoede is dat in die een geval het die “mense” opgetrek na die polisiestasie om heel kalm en rustig die polisie aan te val en so ‘n paar vure te maak. In die ander geval wou die polisie die “mense” in ‘n drukgang druk. Toe skiet die polisie. Nou het ons “human” rights dag?? Wat van Marikana dag – ons het tog alreeds so baie onsinnige vakansie dae nog enetjie sal seker goed te pas kom want dan kan daar mos wettig “gestaak” word.