EWN berig die ANC in die Wes-Kaap het bevestig Fransman het uit die provinsiale wetgewer bedank, maar nie uit die party nie. Die redes vir sy bedanking was nie onmiddellik bekend nie.
Die ANC het in Julie vanjaar met dissiplinêre stappe teen Fransman begin nadat seksuele aanklagte teen hom ingedien is. Fransman is daarvan beskuldig dat hy in Januarie die 21-jarige Louisa Wynand van Stellenbosch seksueel geteister het gedurende die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg.
Die aanklag teen Fransman is later teruggetrek nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het dat hy sal nie vervolg word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
goeie nuus vir die naweek. Hy is net n opstoker en onrusmaker
Waar na toe nou, gehoop vir ‘n pos in een of ander ambesade , sorry ou so is hulle waneer dit goed gaan het jy baie pelle ,waneer dit sleg gaan het jy niks.
So sal hulle een vir een tot ‘n val kom. “Good riddance”
dit gaan oor ander sake en nie net die seks aanklag.Moes voor die provinsiale rekeningkomitee verskyn toe bedabk hy eerder.
Good riddance, opstoker, laat plaaswerkers staak en dan loop die sot weg as die hulle werke verloor