Marius Fransman bedank uit wetgewer

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman, voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap en lid van die plaaslike wetgewer, het bedank.

EWN berig die ANC in die Wes-Kaap het bevestig Fransman het uit die provinsiale wetgewer bedank, maar nie uit die party nie. Die redes vir sy bedanking was nie onmiddellik bekend nie.

Die ANC het in Julie vanjaar met dissiplinêre stappe teen Fransman begin nadat seksuele aanklagte teen hom ingedien is. Fransman is daarvan beskuldig dat hy in Januarie die 21-jarige Louisa Wynand van Stellenbosch seksueel geteister het gedurende die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg.

Die aanklag teen Fransman is later teruggetrek nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het dat hy sal nie vervolg word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

lettie ·

goeie nuus vir die naweek. Hy is net n opstoker en onrusmaker

SPEEDGUARD ·

Waar na toe nou, gehoop vir ‘n pos in een of ander ambesade , sorry ou so is hulle waneer dit goed gaan het jy baie pelle ,waneer dit sleg gaan het jy niks.

Sê net ·

So sal hulle een vir een tot ‘n val kom. “Good riddance”

louwboepens ·

dit gaan oor ander sake en nie net die seks aanklag.Moes voor die provinsiale rekeningkomitee verskyn toe bedabk hy eerder.

johann ·

Good riddance, opstoker, laat plaaswerkers staak en dan loop die sot weg as die hulle werke verloor

christine ·

Ja hy sal nie gemis worre nie. Wens net die Kaapse Klopse wil hom nie so vertrou met hulle geldsake nie. Een van die dae dis nader as die volgende wind

Hasie ·

Fransman, jy is so irriterend, wil jy nie maar in die see gaan spring nie.

Leon ·

Gelukkig beskik die DA oor die integriteit en intellek om nie sy aansoek om lidmaatskap te oorweeg indien dit ingedien sou word nie.

Lance ·

Omtrent tyd nou moet zuma ook asb bedank …useless en almal weet dit en nie almal kan heeltyd verkeerd wees nie …

Foxi ·

Net jammer hy het nog steeds n pos. Wonder wat hy daar verder gaan aanvang.
Toedels….tata……

rudi ·

Fransie het oor die jare bewys hy het ANC. waardes. So bly hy val saam met hul

Ben Prinsloo ·

Geluk Marius, ek speel die liedjie another one bites the dust vir jou.

Magda ·

Fransman gaan net weg en verdwyn!!! Jy het ons bruin wit en swart mense verhoudinge op die altaar geplaas, Weg..gaan net asseblief, gaan weg!!!!

Shirley ·

So moet al die oneerlikes, luies eder bedank en vinnig padgee en plek maak vir eerlike en hardwerkende mense met iets tussen die ore.

nico ·

Hy lieg man het bedank om nie vervolg te word nie. Mnr Fransman as jy wil he ons moet jou glo betaal die geld als terug wat jy betaal is om niks te doen nie.

Johanna Botha ·

Nie eers een goeie woord vir die man nie ….almal kan tog nie verkeerd wees nie. Netso kry ek die indruk dat daar geen goeie woord meer is vir zuma en sy mense wat so steel is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.