Marius Fransman koop glo stemme

Marius Fransman

Marius Fransman

Die ANC het Sondag ontken dat Marius Fransman, die party se voorsitter in die Wes-Kaap, vir mense geld beloof het in ruil vir stemme.

“Die valse bewerings is net dit: ongegronde bewerings deur twyfelagtige bronne,” het die ANC in die Wes-Kaap gesê.
“Dit [die bewerings] het ten doel om die ANC by ʼn sogenaamde skandaal te betrek wat nie bestaan nie. Die ANC het nooit vir iemand kontant aangebied in ruil vir stemme nie.”

Die Sunday Times berig dat Fransman glo steun vir die ANC probeer werf het deur groot bedrae geld vir bruin kiesers aan te bied in ʼn poging om die provinsie, wat tans onder beheer van die DA is, terug te wen.

Volgens die berig het dié poging nou erg skeefgeloop en eis die beoogde begunstigdes, naamlik die Kaapse Klopse, dat Fransman sy beloftes moet nakom en bedrae van tot R1 miljoen moet betaal.

Die ANC voer aan dié bewerings is niks nuut nie en dat dit al voorheen gepubliseer is. “Tog word dié gediskrediteerde storie deur mense met donker bymotiewe, weer opgedis as nuut en nuuswaardig as deel van ‘n smeerveldtog teen die ANC en sekere leiers.”

Fransman het ook die bewerings ontken. “Nóg die ANC nóg ek as voorsitter en of individu het enige beloftes en of ooreenkomste aangegaan om enige organisasie of lid van die Kaapse Klopse te betaal in ruil vir ʼn stem vir die ANC,” het Fransman in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anton Smit ·

Ek glo dit want dit is soos fransman nog altyd te werk gaan .

Dave ·

As jy weet dat dit is hoe hy nog altyd te werk gaan, dan beskik jy mos oor inligting wat jy weerhou van die wetstoepassers.

Dave ·

Natuurlik ontken ek dit nie JZ. Ek glo ook dat dit heelwaarskynlik wel so is. Ek vind dit net vreemd wanneer iemand iets onbewese as ‘n feit stel.

Dave ·

Jean, as jy in openbare forums wil kommentaar lewer sal jy eers vir spellesse moet gaan.

Neptunus ·

Hy wil seker hê die Klopse moet na sy pype dans, ha-ha-ha! Wel, in die 1980’s het sommige NP-stemwerwers outehuise besoek en glo aan bejaardes vertel dat as hulle die KP instem hulle dalk hul pensioene kwyt sou wees, is daar ‘n verskil? Deesdae is destydse NP-ondersteuners meer bedreig as renosters…

Marius Viviers ·

Daar is geen twyfel dat die ANC of Fransman onskuldig is nie. Dit sou natuurlik makliker gewees het om hulles glo as die organisasie oorgeloop het van integriteit en ‘n dinamiese leierskorps gehad het. Het ons al ooit enige waarhede van die konings van leuens gehoor?

kdeb ·

Hoe dan anders … Sal enige iemand werklik vir die ANC stem as hulle nie iets daaruit kan kry nie … is my vraag .. het in die verlede ook gebeur met al die huise en huisraad wat belowe is ?

J.Z ·

Maruis Fransman ontken alles,die ANC het nog nooit geld aangebied vir steme nie, nie eens pampoene,stowe,wasmajiene huise nie en nog baie meer,al die beweerings is altyd die selfde verskooning om die lelie skoon siel van die ANC te beswader,Fransman moet jou nie meer self biuf nie en dink almal is verkeert en net jy het n spier wit siel nie!!!!.

Illa ·

Ek weet nou nie van stemme koop met fisiese kontant nie, maar ek het met my eie oë gesien hoe ANC geklede verteenwoordigers “quarts” biere aan die gemeenskap in Calitzdorp (Wes-Kaap) uitdeel kort voor ‘n nasionale verkiesing. Die een spesifieke dame het ‘n baba op die heup gehad toe sy slingerend kom vra vir nog ‘n bier. Ek wens ek kon sê ek was geskok, maar ongelukkig het die ANC al male sonder tel bewys dat hul oor geen morele waardes beskik nie en was ek net met geweldige hartseer vir daardie kindjie se part gevul. Mnr Fransman, ek hoop dit laat jou bors met trots swel om deel te wees van ‘n party / organisasie wat die swakhede van ‘n spesifieke groep uitbyt vir eie gewin. Onthou net, net soos jy leë beloftes maak vir stemme, net so maak die ANC leë beloftes aan jou om jou so laag te laat daal vir hul “doel”. Ry bietjie oor die berg en gaan loer hoe lyk dit aan daardie kant, waar jou geliefde party regeer. Jy gooi al jou waardes oorboord vir die belofte van ‘n land van melk en heuning waar daar geen koeie of bye is nie.

Linda ·

Wie het nou gedink ANC gaan enige iets erken? Net soos Zuma lieg oor sy huis, die miljoene wat daar spandeer is en hy glo nie van geweet het nie.LOL Ek glo beslis hulle probeer stemme koop, net voor die verkiesing sal daar weer kospakkies ook uitgedeel word.Illa het dit pragtig saamgestel. Groot teleurstelling wag weereens op ANC ondersteuners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.