Marius Fransman kry die trekpas

Marius Fransman

Marius Fransman

Die ANC het Marius Fransman, voorsitter van dié party in die Wes-Kaap, vir vyf jaar uit die party geskors.

Die ANC het Donderdag in ʼn verklaring gesê Fransman het sy posisie in die party misbruik om seksuele gunste van Louisa Wynand te bekom en het openbare stellings gemaak wat die party in oneer gebring het. “Die nasionale dissiplinêre komitee sien albei hierdie aanklagte in ʼn baie ernstige lig en het daarom [Fransman se] ANC-lidmaatskap vir vyf jaar opgeskort,” het die party gesê.

Fransman het in September vanjaar uit die provinsiale wetgewer bedank, maar nie uit die party nie. Hy het in hierdie tyd as rede vir sy bedanking gesê faksies en binnegevegte in die ANC het dit vir hom onmoontlik gemaak om sy pligte in die wetgewer uit te voer.

Die ANC het egter reeds in Julie met dissiplinêre stappe teen Fransman begin nadat seksuele aanklagte teen hom ingedien is. Fransman is daarvan beskuldig dat hy in Januarie die 21-jarige Wynand van Stellenbosch seksueel geteister het gedurende die herdenking van die 104de bestaansjaar van die ANC in Rustenburg.

Die strafregtelike aanklag teen Fransman is later teruggetrek nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het dat hy nie vervolg sal word nie.

Die ANC het Donderdag gesê Fransman het nie sy dissiplinêre verhoor bygewoon of enige berou getoon vir sy dade nie. Volgens die party toon Fransman ook geen politiese begrip “vir die fundamentele doelwitte van die ANC wat die ondersteuning vir en die bevordering van die bevryding van vroue insluit” nie.

“As ʼn provinsiale leier in die ANC moes hy geweet het van die drievoudige onderdrukking waaronder Suid-Afrikaanse vroue gebuk gaan en die vordering wat die ANC maak om vroueregte te ondersteun en hierdie onderdrukking te oorkom,” lui die verklaring.

Die ANC het verder gesê Fransman het met opset die publiek mislei deur te beweer dat hy nie die nodige dokumente ontvang het om vir sy dissiplinêre verhoor voor te berei nie. Die party hou vol alle dokumente is aan Fransman gegee.

“Dissipline is die gom wat die ANC bymekaar hou. Daar is geen ruimte binne die ANC vir leiers of lede, ongeag hul posisie of senioriteit, wat minagting toon teenoor die waardes en doelwitte van die ANC en met opset kies om hulself buite die organisasie en in oortreding van hul lidmaatskapeed, te identifiseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

A3 ·

Goed so … nou wat gaan hulle omtrent Zuma doen? Lewenslank? ;)

pieter ·

HAHAHA lekker kry ek nou my tone krul eindelik van lekkerte kry vir jou boetie gaan seker nou die EFF joined.

Schalk ·

Dissipline in die ANC? I beg your pardon. Verseker word dit nie toegepas nie of daar is uitsluitings wat sekere lede nie insluit nie. Follow the Leader.

lettie ·

Wonderlike nuus. Hy is arrogant, selfgesentreerd en n opstoker en aanhitser. Daarby misbruik hy sy mag en maak hom skuldig aan magsvergrype.

Koos1 ·

Dis nou die selfde man wat deur die ANC onskuldig bevind is net voor die plaaslike verkiesings, en hy het hand om die blaas met Zuma vir die skare gewaai?
Daar was toe al reeds kriminele klagte teen hom, en het Zuma nie geweet daarvan nie.
Ek dink hierdie is nog ‘n bewys dat Zuma geen idee het wat rondom hom aangaan nie!

PJ ·

Ek stem saam jou…se al lankal Zuums is net die pop aan die einde van die tou…geen idee wat aangaan nie…hy is in elk geval te besig om sy bank balans dop te hou.
Tog bly die ou Fransman het gekry wat hom toekom.

Johann ·

Bla bla bla…shame. Die arme ANC moet seker nou bontstaan om al die twang wat hulle krytgeraak het NIE toe te pas op kom ons se maar…..mmmmmmmm. Zumpi!

Martin ·

Ek is baie bly hy kry sy loon. Maar voorheen is Zuma nie net aangekla van verkragting nie, maar verhoor. ‘n Saak wat baie verder verloop het as Fransman se saak. Fransman word geskors, terwyl Zuma regeer. Die regerende party is inkonsekwent en sal net sy eie belange dien…

Lizanda ·

ANC, Dissipline, gaan leer eers om die woord te spel, dan kan julle leer wat dit beteken….

Johanorius ·

Het absoluut geen simpatie met hom nie, Hy dien nie sy mense nie.

Geraldine ·

ALMAL in die ANC gebruik hulle posisies vir gunsies en gawes en om die land te besteel.. Sal great wees as almal die “trekpas” kan kry

nieBAFUnie ·

Verdiende loon. Beaufort-Wes se gebeure moes al lank terug dieselfde norm van optrede neergelê het. Jammer soveel het al met onreg weggekom. Haal my hoed af vir die slagoffer wat met die moed van haar oortuiging die blik wurms oopgemaak het. Sterkte vir haar.

willehond ·

Laat my tog weet van watter gom hulle praat, sodat ek dit nie per ongeluk koop nie!

Lance ·

Uiteindelik nou zuma asb … zuma baie meer skandes as fraans

Buitestander ·

Dit is snaaks dat altyd die klein vissies gevang word en die groot brabudas kom altyd weg.
Seker om te bewys partye disiplienke kan toepas en groot harpune kom niks oor nie.

zoom zoom ·

Ek het gedog dit is korrupsie wat die anc bymekaat hou. Daai anc gom is besig om te krumm

Liz ·

Ai kom nou ANC!!! Practice what you preach.
Dit sal voorwaar ‘n groot partie werd wees

foxi ·

Bye bye………wag nounet vir die ander om te volg……lankal al lus om my Franse sjampanje te drink, wat so lank in die kas lê……

Phillie ·

Hoop erenreich is volgende want hy is nog ‘n groter nikswerd kwaadsteker.

Ja-nee ·

Phillie jy vat wartag die woorde uit my mond, skaam jou ek wou dit dan geplaas het

cor ·

Dit is ook maar ‘n snaakse tipe gom wat die a&c gebruik dit wil nie regtig klou nie ek dink super glue is beter,

Mariette ·

Ek is bly oor Fransman, maar die ANC meet met dubbele standaarde. Fransman het maar net gedink hy kan wegkom met dieselfde gedrag as sy leier.

jaco ·

As hy swart was het niks gebeur nie. Hy is uitgeskop want hy is n kleurling en dus “not black enough”

Johan ·

Mooi Man -Verwaande Fransmans het sy moses teegekom. Sy ANC ego is daarmee heen- hy het seer sekerlik nie geglo sy sogenaamde getrouste comrades in die ANC byt die hardste nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.