Marius Fransman veg terug

Marius Fransman

Marius Fransman

Marius Fransman, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, wil die besluit om hom te skors laat hersien.

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het Fransman se ANC-lidmaatskap vir vyf jaar opgeskort. Die komitee het bevind Fransman het sy posisie in die party misbruik om seksuele gunste van Louisa Wynand te bekom en het openbare stellings gemaak wat die party in oneer gebring het.

Fransman het in ʼn verklaring gesê hy sal versoek dat die besluit op geregtelike hersiening geneem word. Hy meen “faksie-gevegte” in die ANC is die werklike rede vir sy skorsing. “Die proses wat tot my skorsing gelei het, was ongrondwetlik en oor die algemeen onregverdig. Dit is nou duidelik dat selfs my geldige regsremedie aan faksiemisbruik blootgestel word.”

Fransman het hiermee verwys na ʼn mediakonferensie Dinsdag waar Khaya Magaxa, sy voormalige provinsiale adjunk, gesê het Fransman moet ophou om Gwede Manastahe, sekretaris-generaal van die ANC, vir sy probleme te blameer en ophou om stories te versprei dat Mantashe hom uitgewerk het in ʼn poging om volgende jaar tot adjunk-president van die ANC verkies te word.

Fransman is op 10 November geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Die ANC is ‘n uitgediende groepie bendelede wat nie die transformasie na ‘n volwasse verantwoordelike organisasie kon oorbrug nie. Die wêreld het hul jammer gekry en befonds. Nou skielik is hulle in die grootmens wêreld. Wat my die meeste dronkslaan is die ledesamestelling. Lees die organisasie se naam. Die eerste is AFRICAN, dus geen anderskleurige sal ooit in die binnekring van die bende toegelaat word nie. Die sotte wat dink hule sal enigsins daar toegelaat word leef in ‘n droom. Die blankes, Indiërs en sg kleurlinge is as pionne gebruik om hul “demokraties saamgestelde” idee te bemark. Sodra jy die hoofbende kwaad maak skop hulle jou in die tanne in. Een van die voorbeelde is, waar is die Kareltjie Niehaus mannetjie deesdae. Die ander wat ek sien is nou ontnugter. Kry vir julle.

GES ·

Natuurlik sal hy terugveg. Hy kry nie ander werk nie. Dit is swaar om ʼn deugniet te wees.

Lance ·

Hy is mos so connected kan hy nie sy eie besigheid dalk begin hehe ? Chris jy is SO reg

Alida ·

Dit is moeilik om die gans wat die goue eiers lê af te staan.

jaco ·

hy kry nie ander werk nie want nou dag hy uit die ANC is en dus as net n gewone Kleurling werk soek, moet hy aanmekaar ingevolge sy eie ANC se regstellende aksie beleid hoor “sorry you are not black enough”. En voor almal my oor hierdie kommentaar kruisig: daardie storie hoor ek uit baie sogenaamde kleurlinge se monde.

Cherokee ·

Ag jong moet nou nie self-martelaar speel en maak of jy verwag om gekruisig te word oor iets wat jy gesê het nie, ek het gelag daaroor en dink jou kommentaar is skerp. Dink jy mag dalk heel reg wees daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.