
Mark Boucher. Foto: Alexander Joe/AFP.
Mark Boucher, die Proteas se hoofafrigter, se pos is in gedrang aangesien hy nou formeel aangekla word. Die klagte spruit uit bewerings dat hy tussen 1995 en 2004 een van die bruin spelers in die span glo “brown sh*t” tydens vergaderings genoem het.
Die aantygings is deur Paul Adams, voormalige Protea‑draaibouler, tydens Krieket Suid-Afrika se transformasie-sittings gemaak. In ʼn gevolglike verslag van meer as 200 bladsye word Boucher saam met groot krieketname soos AB de Villiers en Graeme Smith van rassisme beskuldig. Die verslag is deur adv. Dumisa Ntsebeza, wat as onafhanklike ombudsman opgetree het, saamgestel.
Luidens ʼn verklaring wat Maandag deur KSA uitgereik is, sal Boucher nou dissiplinêr verhoor word, ten einde die klagtes van wangedrag te ondersoek. Dit is omdat die ombudsman geen definitiewe bevindings teen Boucher kon maak nie. Die komende verhoor moet die aantygings dus nou in detail ondersoek.
ʼn Klagstaat met die klagtes, sowel as Boucher se regte, is Maandag aan hom oorhandig.
“Die raad bly daartoe verbind om aantygings van rassisme en diskriminasie met die uiterste erns te bejeën en regverdig te hanteer. Die komende verhoor moet bepaal tot watter mate die aantygings teen Boucher waar is en of verdere stappe gedoen moet word,” het Lawson Naidoo, voorsitter van die KSA-raad, gesê.
Sou Boucher skuldig bevind word, kan dit hom sy pos as hoofafrigter kos.
Boucher se onlangse sukses as hoofafrigter, ondanks die knie-buig-debakel, is noemenswaardig. Die span het tydens die T20-Wêreldbeker net een wedstryd (teen Australië) verloor en het die afgelope toetsreeks teen Indië, die wêreld se voorste toetskrieketspan, 2 – 1 gewen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
78 Kommentare
Ja so draai die wiel ne.Wonder of dit waar is
Trek die penne uit en stap weg van hierdie klomp rassiste.
Wat die nuttelose klomp nie nog alles sal doen om tog net hulle onbevoegde en korrupte gekleurde maters in te kry nie. Party is en bly maar net pateties.
Heksejag?
En as hy onskuldig bevind word, wat word van Paul Adams se aantuigings?